Afrikaanse Alumni

Afrikaanse Alumni

Share

'n Terugblik op ons studentelewe.

Photos from Afrikaanse Alumni's post 04/09/2022

☘️🌸☘️🌸☘️🌸☘️🌸☘️🌸☘️🌸☘️🌸☘️🌸
EIKENHOF:
Eerstejaarsontheffing 1981
My derdejaar (HK -Kultuur).
☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️
Toe het treine nog gewerk, toe was Potch se stasie nog mooi, toe was dit nog veilig, toe kon mens nog sulke pret aanvang.
☘️Die eerstejaars van 1981 groet die koshuis - hulle moet ‘gaan’… huistoe gaan…! Vandag sou HK-lede moeilikheid by all owerhede gekry het as ń eerstejaar of enige iemand dit moet doen).
☘️Met hulle tassies gepak wag ons by Potch stasie vir die trein om hulle ‘huistoe’ te vat.
(Vandag staan Potch stasie se geboue, verwaarloos, verniel, afgebrand, dakloos, oorgroei verlate en vergete…)
☘️Wanneer kom die trein dan…?
☘️Hier is die trein!
☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️☘️
Tye het baie verander! Ek is dankbaar
vir goeie herinneringe aan POTE
Goeie dae… goeie tye!

04/09/2022

🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸
WIE ONTHOU NOG?
Eerstejaarsbelofte wat onderteken was, en die Bros-eksamen wat ons as eerstejaars moes aflê en slaag om onthef te word.
ń Koshuis-Bros en Kampus-Bros….
Hierdie is my Eerstejaarsbelofte van 5 September 1979, onderteken deur
Piet Dreyer ons SR-Voorsitter.
Ek en Piet het later jare saam skoolgehou by Laerskool Stilfontein en by Laerskool Mooirivier tot en met sy aftrede as adjunkhoof by Mooirivier!
🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸🖤💛▪️🔸
Piet Dreyer…. ń Kwaliteitmens

21/02/2022

Ek deel graag as deel van , 'n terugblik van in die jare 1960's-1970's op die Potchefstroomkampus. Deel met ons jou mooi herinneringe en praat saam in jou moedertaal deur 'n staaltjie te vertel van jou dae op die PUK!

Photos from Afrikaanse Alumni's post 11/02/2022

Lukrake fotos van studentelewe in Potchefstroom.

Photos from Afrikaanse Alumni's post 01/02/2022

D 4 klas en Barnardhuis 1969-1972

18/01/2022

MY AFRIKAANS
Hoe lyk hierdie Afrikaans van jou waaraan jy so vasklou? vra jy my.
Miskien moet ek my ou Shell-padkaart loop haal en jou só probeer verduidelik.
Kyk, hier tussen Saldanha en Vredenburg aan die Weskus, is Jacobsbaai, my tuisdorp. Hier is my huis, my vier Afrikaanse honde en my dor Weskus-tuintjie vol Afrikaanse plante: bontrokkies en bloupypies en skoonma-se-tong.
Daar op my bedkassie lȇ my Afrikaanse Bybel - die ’53-vertaling, die een wat ek verkies om te lees omdat, juig al wat leef, die werkinge van God se hande nog soos dié van ’n digter daarin klink.
Sal ons hiervandaan noord gaan in Velddrif se koers waar die woorde so skuur-skuur by die mense se monde uitkom: “Velleggruf…” Verby Elandsbaai en Garies, Namakwaland toe, daar waar selfs die klippe Afrikaans praat.
Of dalk moet ons eers suid gaan waar alles begin het. Kaap toe. Hier, in Tafelberg se omtes, het die Nederlands en die Duits, die Frans, die Maleis, die Portugees en die Khoi op amptenare, seemanne, slawe se tonge vermeng en Afrikaans begin word. Koejawel. Kierie. Kers.
My Afrikaans ken van die begin af nie grense nie, al was daar dié wat die taal met hul leliewit planne probeer begrens en beborstrok het.
Sal ons ’n draai op die Kaapse vlakte maak? Hȇ, my lanie?
Dan moet ons, o, koud is die windjie, seker Stellenbosch toe gaan. A very Afrikaans town with a very Afrikaans university before they decided to rob students from their mother tongue and souls to become world class technocrats.
Kyk, doer op Paarlberg is die Taalmonument waar daar deesdae geriel word.
Nou kan ons deur die Heksvallei mik, die binneland in, verby Touwsrivier; en die middag sal room word. Sal ons afdraai Sutherland toe? - die plek van hom wat geskryf het:“Ons weet nie, ons weet nie, hoe ver die liefde lȇ nie…”
My Afrikaans kan sing, kan sing. Deur Beaufort-Wes, en aan en aan in die nagtrein na De Aar; en oral praat die veld dieselfde taal: Potfontein, Poupan, Kraankuil. Kriedoring.
In die verte blink Johannesburg se dakke in die son. Die grysland. O, die rekenmeester kom. Soweto, 1976. Skole wat brand. To hell with Afrikaans.
My Afrikaans dra swaar aan skuld, maar my Afrikaans is ook 2 Februarie 1990. Madiba wat Ingrid Jonker se ‘Die Kind’ in die parlement voorlees.
My Afrikaans is Johhanes Bogosi van Ventersdorp wat sȇ: “Die Here kap jou sonde af as jy vra, Ouboet.”
Maak maar jou oë toe en druk jou vinger enige plek op hierdie kaart, daar sal jy my Afrikaans vind. Vryburg: Oom Ghoor van Ghoor Furnishers het in die laaste sensusopname Afrikaans as sy huistaal aangedui.
Pretoria: “My pô-hulle sȇ ek gaan by Akademia swot.”
Mooketsi: Die Van Zyls gee omtrent vir die helfte van die land Afrikaanse tamaties.
Brakpan: “Lag vir jou g*t en bid vir jou siel, my china.”
My Afrikaans laat drome en sakeplanne waar word en floreer oor die televisie en die radio en op die internet. My Afrikaans is weerloos, maar nie lou nie.
Sien jy nou? Verstaan jy ’n bietjie beter?
- Dana Snyman Skrywer

18/12/2021

"Dit is 'n kwessie van tyd voordat , een lesingsaal ná die ander, nie meer redelikerwyse uitvoerbaar gaan wees nie en dat die feitlik volslae hegemonie van Engels dreig."

Want your school to be the top-listed School/college in Potchefstroom?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Website

Address

Potchefstroom