Volkies Potch

Volkies Potch Welkom by die

Die amptelike Facebook bladsy van Hoër Volkskool Potchefstroom.

Twee Volkies‑spanne stap weg met silwer én ’n plek by SA’s! 🏐🥈Ons O/17 Fast 5 meisies wys vasbyt en talent: sterk oorwin...
05/09/2026

Twee Volkies‑spanne stap weg met silwer én ’n plek by SA’s! 🏐🥈

Ons O/17 Fast 5 meisies wys vasbyt en talent: sterk oorwinnings teen Leborne, Schoonspruit en Bergsig, en eindig 2de in NW ná ’n finaal teen RHS.

Ons O/15 span skitter ook met oorwinnings teen Grenville, KHS, Brits, Lichtenburg en Gimmies, en eindig ook 2de in NW ná ’n finaal teen RHS.

Beide spanne dring deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat op 25–26 September by EG Jansen plaasvind! 🏆🇿🇦

Ons VR-inhuldiging was ’n aand wat die hart van Volkies laat klop het met trots, vreugde en verwagting. Elke oomblik het...
05/09/2026

Ons VR-inhuldiging was ’n aand wat die hart van Volkies laat klop het met trots, vreugde en verwagting. Elke oomblik het herinner aan die krag van leierskap en die waarde van gemeenskap.

Aan elke leier en hul ouers: baie geluk! Hierdie jaar is ’n geleentheid om karakter te bou, waardes uit te leef en saam met Volkies nuwe hoogtes te bereik. 🦅

Ons is hartseer om ons Hokkie Direkteur te groet. Jaryd Hammond, sedert 2023 het jy jou passie en harde werk gewy om tal...
04/09/2026

Ons is hartseer om ons Hokkie Direkteur te groet. Jaryd Hammond, sedert 2023 het jy jou passie en harde werk gewy om talent te kweek en Volkie-hokkie sterker te maak. Dankie vir elke oomblik – ons wens jou en jou gesin net die beste toe op julle nuwe seisoen! 🏑

Ons gedagtes en innige simpatie is by sy familie, vriende, onderwysers van Hoërskool.Ferdinand Postma.High School. Mag j...
04/09/2026

Ons gedagtes en innige simpatie is by sy familie, vriende, onderwysers van Hoërskool.Ferdinand Postma.High School. Mag julle in hierdie moeilike tyd vertroos word en die krag en vrede vind wat julle nodig het.

Ons sê baie geluk aan ons twee seuns wat Noordwes‑klere verwerf het in MTB‑fietsry! 🚵‍♂️ Die 2de Oktober gaan hulle ons ...
04/09/2026

Ons sê baie geluk aan ons twee seuns wat Noordwes‑klere verwerf het in MTB‑fietsry! 🚵‍♂️

Die 2de Oktober gaan hulle ons skool met trots verteenwoordig, en op 3de Oktober dra hulle die NW‑provinsie se naam by die Interprovincial finale (SCSA) in Stellenbosch.

Ons is ongelooflik trots!

Baie geluk aan ons drie Landloop-sterre wat gekies is vir die Noordwes-span en hierdie naweek ons provinsie verteenwoord...
04/09/2026

Baie geluk aan ons drie Landloop-sterre wat gekies is vir die Noordwes-span en hierdie naweek ons provinsie verteenwoordig by die SA’s! 🦅 Volkies staan bankvas agter julle – gaan wys wat deursettingsvermoë en trots beteken!

Toekomstige Gr. 8 Volkies – 2027! 🦅Ons sien uit om vir julle ’n voorsmakie te gee van hoe dit in die klasse voel as deel...
04/09/2026

Toekomstige Gr. 8 Volkies – 2027! 🦅
Ons sien uit om vir julle ’n voorsmakie te gee van hoe dit in die klasse voel as deel van die Volkie-familie.

21 September | 18:00
’n Spasie waar ouers ook meer inligting gaan ontvang en vrae kan vra.

👉 Kom kuier saam en beleef die Volkie-familie!

Leierskap in Aksie! Vandag het ons voorsitter van die dissiplinêre komitee, Hein Papenfus, opleiding gebied aan ons nuut...
03/09/2026

Leierskap in Aksie!
Vandag het ons voorsitter van die dissiplinêre komitee, Hein Papenfus, opleiding gebied aan ons nuutverkose VR. 🙌

Hy het hulle toegerus met praktiese riglyne oor die hantering van dissipline en die implementering van ons gedragskode. 💡
Saam bou ons ’n kultuur waar leiers sterker en slimmer raak – en Volkies se waardes helder skyn.

Baie geluk, Juffrou Ciska! 🎉Ons waardeer jou hart vir die leerders en die feit dat jy altyd die ekstra myl loop. Jou toe...
03/09/2026

Baie geluk, Juffrou Ciska! 🎉
Ons waardeer jou hart vir die leerders en die feit dat jy altyd die ekstra myl loop. Jou toewyding en liefde maak ’n groot verskil en inspireer almal om jou.

Ons Admin-helde! 💼Vandag het ons die voorreg gehad om ons Admin/sekretaresses te vier en te bederf met lekker Sweef koff...
02/09/2026

Ons Admin-helde! 💼
Vandag het ons die voorreg gehad om ons Admin/sekretaresses te vier en te bederf met lekker Sweef koffie en eetgoed – die hande en voete wat Volkies elke dag na nuwe hoogtes dra. 🙌

Julle werk dikwels agter die skerms, sonder dat daar altyd erkenning kom… maar ons weet: elke e-pos, elke dokument, elke glimlag en elke plan wat julle stil-stil regkry.

Dankie dat julle die onverwagte uitdagings hanteer, die klein detail onthou, en die groot prentjie dra – julle maak die verskil wat nie altyd gesien word nie, maar altyd gevoel word.

Address

Potchefstroom Town

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 13:45

Telephone

0182945287/8

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volkies Potch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Volkies Potch:

Shortcuts

Share

Category