Hoërskool Porterville Offisieel

Hoërskool Porterville Offisieel OP DIE VOORPUNT
Trots | Respek | Dissipline | BULLE
Gestig in 1870
Instagram: hsp_bulle

📚 NASIONALE BOEKWEEK📚Ons Graad 1’s het vandag tydens Nasionale Boekweek hul eerste happie van die wonderlike wêreld van ...
08/09/2026

📚 NASIONALE BOEKWEEK📚

Ons Graad 1’s het vandag tydens Nasionale Boekweek hul eerste happie van die wonderlike wêreld van stories en boeke geneem!

’n Groot dankie aan Porterville Biblioteek vir ’n heerlike en inspirerende BOEK PROE wat ons jong lesertjies laat ontdek, droom en verbeel! 🌈

🇦🇲 40 JAAR REÜNIE 🇦🇲Ons oudleerders het die afgelope Saterdag hul 40 jaar-reünie gevier! Die klas het die dag afgeskop m...
08/09/2026

🇦🇲 40 JAAR REÜNIE 🇦🇲

Ons oudleerders het die afgelope Saterdag hul 40 jaar-reünie gevier! Die klas het die dag afgeskop met ’n ontbyt op WG Treurnicht se plaas, Nuhoop, waarna hulle die aand saam met hul gades op Excelsior Gasteplaas verder gekuier het.

’n Besonderse stukkie nostalgie was die 1968 Anglia – presies dieselfde ouderdom as dié groep! Dit is vir ons kosbaar om te sien hoe oudleerders, selfs dekades later, steeds terugkeer na die plek waar soveel herinneringe, vriendskappe en lewensverhale begin het.

Agter v.l.n.r.: Thea Theron (née Kriel); Jan-Hendrik Visser; Kevin van Heerden; Chris Volgraaff; WG Treurnicht; Henriëtte Terblanché (née van Dyk); Laurentius Human; Jack Basson; Elsabé Truter (née Immelman); Charleen Engelbrecht (née Lambrechts); Beyers du Bois

Voor v.l.n.r.: Marlene Geldenhuys (née Perold); Anina van Heerden; Lorraine Lourens (née Engelke); Henry Hall; Carisa Bothma (née van der Westhuizen); Madelein de Villiers (née Kriel)

🇦🇲 VAKANTE POSISIES 🇦🇲Wiskundige Geletterdheid Gr. 10-12 & NW GR. 7-9BeheerliggaamposSien advertensie vir alle inligting...
08/09/2026

🇦🇲 VAKANTE POSISIES 🇦🇲

Wiskundige Geletterdheid Gr. 10-12 & NW GR. 7-9
Beheerliggaampos
Sien advertensie vir alle inligting

Musiek Opvoeder
Privaat
Sien advertensie vir alle inligting

🎾 WILSON MEESTERSTOERNOOI 🎾Na afloop van sewe tennistoernooie deur die jaar is die TOP 8 spelers van elke ouderdomsgroep...
07/09/2026

🎾 WILSON MEESTERSTOERNOOI 🎾

Na afloop van sewe tennistoernooie deur die jaar is die TOP 8 spelers van elke ouderdomsgroep gekies om aan die Cape Wilson Meesterstoernooi deel te neem en uit te speel vir die finale ranglys. Ons is baie trots op Leah-Beth Kriel (Gr. 3) en Helene Lambrechts (Gr. 4) wat deel was van hul onderskeie ouderdomsgroepe se TOP 8 spelers.

Leah-Beth het al sewe toernooie gespeel en is Sondag aangewys as die Cape Wilson Meesterskampioen nadat sy 1ste geëindig het 🏆🥇

Helene het vyf van die sewe toernooie gespeel en ‘n algehele 7de plek behaal 👏

Baie geluk, dogters! Julle hou ons naam Op Die Voorpunt! 🇦🇲

👨‍🏫 SAOU HOOFDESIMPOSIUM 2026 👩‍🏫Mnr. Cobus Louw en Juf. Trieneke Theron het vanaf 30 Augustus tot 2 September 2026 die ...
07/09/2026

👨‍🏫 SAOU HOOFDESIMPOSIUM 2026 👩‍🏫

Mnr. Cobus Louw en Juf. Trieneke Theron het vanaf 30 Augustus tot 2 September 2026 die 30ste SAOU Hoofdesimposium saam met 900 ander hoofde by die Boardwalk Hotel en Konferensiesentrum in Gqeberha bygewoon.

Met die tema ‘Bult jou spiere’, het die simposium gefokus op effektiewe leierskap en skoolbestuur, asook die strategieë en volharding wat nodig is om skole doelgerig en suksesvol vorentoe te lei.

‘n Paar hoogtepunte vir Mnr. Louw & Juf. Theron:

Uitstekende sprekers:
- Kapisiteit bepaal my waagmoed: Cassie Carstens
- Hoë prestasie omgewings. Lesse uit die wêreld van elite sport: Pieter Kruger
- Omdraai-strategie. n Steil bult maar vol beloning: Leon Schreiber
- Hoe om behoorlik uit te brand: Minette Dempsey
- Good things guy: Brent Lindeque
- Vir die kinders: Rian Truter

Daar is ook klem gelê op kunsmatige intelligensie (KI) en die pad vorentoe. Dit was ’n baie goed georganiseerde en verrykende simposium. Ons keer verfris en met nuwe krag terug. Die geleentheid om met skoolhoofde van regoor die land te netwerk, was ook van groot waarde.

🏉 DANKIE BERGRIVIER MUNISIPALITEIT & PORTERVILLE RUGBYKLUB 🏉’n Groot dankie aan Bergrivier Munisipaliteit vir die water ...
07/09/2026

🏉 DANKIE BERGRIVIER MUNISIPALITEIT & PORTERVILLE RUGBYKLUB 🏉

’n Groot dankie aan Bergrivier Munisipaliteit vir die water en Porterville Rugbyklub (Happy Hearts) vir die eet- en drinkgoed wat ons spelers gehelp het om energie te behou vir al die wedstryde by die Marius Schoeman Sewestoernooi te Paarl Gimnasium die afgelope naweek.

Julle ondersteuning word opreg waardeer! Ons is dankbaar vir ’n gemeenskap soos Porterville wat saamstaan om ons spelers te ondersteun 🇦🇲

🐑 STOCKMAN KURSUS 🐑Vyf van ons Graad 10 Landboubestuurspraktykleerders het op Vrydag, 21 Augustus 2026 aan ‘n Stockman k...
05/09/2026

🐑 STOCKMAN KURSUS 🐑

Vyf van ons Graad 10 Landboubestuurspraktykleerders het op Vrydag, 21 Augustus 2026 aan ‘n Stockman kursus te Malmesbury (Swartlandskou) deelgeneem.

Die kursus bestaan uit drie afdelings:
1. Vleisklassifikasie
2. Wolklassifikasie
3. Dieregesondheid

Die leerders moes drie lesings bywoon, ‘n toets skryf en ‘n veehantering prakties voltooi. ‘n Totaal van 73 leerders het deelgeneem. Die deelnemende skole was Hoërskool Porterville, Hoër Landbouskool Boland, Hoërskool Stellenbosch en Augsburg Landbougimnasium.

Ons is baie trots op die volgende leerders wat uitstekend presteer het:

Tweede plek: Stefan Naude
Vyfde plek: Christi Kotzé

Baie geluk! Julle maak ons trots! 🐑

📷: dié courant

⭐ ROLBAL ⭐Ons is baie trots op Johan en Willem du Toit wat verkies is om Weskus Rolbal te verteenwoordig tydens die vaka...
04/09/2026

⭐ ROLBAL ⭐

Ons is baie trots op Johan en Willem du Toit wat verkies is om Weskus Rolbal te verteenwoordig tydens die vakansie. Hulle gaan aan die Envar Buys kampioenskappe deelneem waar hulle teen die ander Distrikte in die Westelike Provinsie gaan meeding.

Voorspoed met die toernooi! 👏

💬 MUSEUM SPEECH CONTEST 💬Drie van ons leerders het gister die Jan Danckaert Museum by die streekskompetisie van die nasi...
04/09/2026

💬 MUSEUM SPEECH CONTEST 💬

Drie van ons leerders het gister die Jan Danckaert Museum by die streekskompetisie van die nasionale Speech Contest verteenwoordig in Stellenbosch.

16 leerders het hul toesprake gelewer tydens die kompetisie. Ons leerders het hul staal gewys en pragtig presteer! Mischa Baadjies (Graad 11) was as ALGEHELE WENNER bekroon en Zeetah Afrika (Graad 11) het derde geëindig! 🏆 Néca Damon (Graad 10) het ‘n vierde plek behaal.

Baie geluk, dames! 👏 Dankie aan die personeel van ons plaaslike museum asook Juf. Demi van Zyl vir jul insette. Voorspoed met die provinsiale rondte wat voorlê!

⭐ MATRIEKAFSKEID AANKOMS ⭐Vrydag, 2 Oktober 2026HSP A-veldEerste Matrieks arriveer om 16:30TOEGANG:VIP - R30Volwassenes ...
04/09/2026

⭐ MATRIEKAFSKEID AANKOMS ⭐

Vrydag, 2 Oktober 2026
HSP A-veld
Eerste Matrieks arriveer om 16:30

TOEGANG:
VIP - R30
Volwassenes - R20
Leerders - R10

Snoepie beskikbaar

Address

8 BASSON Street
Porterville
6810

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27728012062

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Porterville Offisieel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Porterville Offisieel:

Shortcuts

Share

Category