Jan Celliers - Laerskool en Preprimêr

Jan Celliers - Laerskool en Preprimêr JAN CELLIERS is ‘n onafhanklike skool wat holistiese waardegedrewe onderrig bied. https://bit.ly/JC_Prospektus

09/09/2026

HOOFgedagte: episode 20.

08/09/2026

Groot pret en ongelooflike gees tydens ons heerlike uitstappie na FNB stadion.
Dankie BOKKE!

Van 𝐤𝐚𝐬𝐤𝐚𝐫𝐝𝐚𝐠, 𝐤𝐮𝐧𝐬𝐮𝐢𝐭𝐬𝐭𝐚𝐥𝐥𝐢𝐧𝐠𝐬 𝐞𝐧 𝐤𝐫𝐢𝐞𝐤𝐞𝐭 𝐭𝐨𝐭 𝐉𝐚𝐧 𝐕𝐚𝐬𝐯𝐫𝐚, 𝐚𝐤𝐚𝐝𝐞𝐦𝐢𝐞 𝐞𝐧 𝐚𝐟𝐬𝐤𝐞𝐢𝐝𝐞… termyn 3 lê voor! Dit gaan jolig en waa...
08/09/2026

Van 𝐤𝐚𝐬𝐤𝐚𝐫𝐝𝐚𝐠, 𝐤𝐮𝐧𝐬𝐮𝐢𝐭𝐬𝐭𝐚𝐥𝐥𝐢𝐧𝐠𝐬 𝐞𝐧 𝐤𝐫𝐢𝐞𝐤𝐞𝐭 𝐭𝐨𝐭 𝐉𝐚𝐧 𝐕𝐚𝐬𝐯𝐫𝐚, 𝐚𝐤𝐚𝐝𝐞𝐦𝐢𝐞 𝐞𝐧 𝐚𝐟𝐬𝐤𝐞𝐢𝐝𝐞… termyn 3 lê voor!
Dit gaan jolig en waardevol wees. Ons kan nie wag om saam met ons leerders te groei nie.
𝐖𝐞𝐥𝐤𝐨𝐦 𝐭𝐞𝐫𝐮𝐠! Kom ons maak die derde termyn onvergeetlik.

Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Ilze Stapelberg. Vandag vier ons die besonderse bydrae wat jy daagliks tot ons s...
08/09/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag, Juffrou Ilze Stapelberg. Vandag vier ons die besonderse bydrae wat jy daagliks tot ons skool lewer. Dankie vir jou onbaatsugtige toewyding, harde werk en liefde vir ons leerders. Jou passie en betrokkenheid maak ons skool ’n beter plek.

Geluk met jou verjaarsdag, Bridgette Ntuli. Baie dankie dat jy ons leerders anker deur spel en roetine. Dankie dat jy jo...
07/09/2026

Geluk met jou verjaarsdag, Bridgette Ntuli. Baie dankie dat jy ons leerders anker deur spel en roetine. Dankie dat jy jou tyd, energie en hart gee om ons babas te vorm. Ons hoop jy het ’n heerlike dag!

Veels geluk met jou verjaarsdag, Tannie Elsie Metswamere. Baie dankie vir al jou hulp by Jangroentjie. Die leerders smul...
07/09/2026

Veels geluk met jou verjaarsdag, Tannie Elsie Metswamere. Baie dankie vir al jou hulp by Jangroentjie. Die leerders smul smiddae aan jou heerlike kos. Agter die skerms is jy stil-stil ‘n anker vir die onderwysers én leerders.

Baie geluk aan Joshua Joubert wat as die provinsiale wenner in graad 5 by die FAK se geskiedenisolimpiade bekroon is. Ad...
02/09/2026

Baie geluk aan Joshua Joubert wat as die provinsiale wenner in graad 5 by die FAK se geskiedenisolimpiade bekroon is. Ada van der Nest en Phillip van der Walt het gesamentlik tweede in die graad 6-afdeling geëindig. Ons is trots op hierdie leerders, wat eers ’n aanlyn toets en opstel moes skryf, asook ’n video moes maak om na die finale ronde deur te dring. Die FAK

31/08/2026

Jan Celliers se senior tennisspanne het onlangs hul talent en sportmanskap by die Independent Primary Schools’ Tournament by Sun City ten toon gestel. Ons seunspan het dapper meegeding en ons dogterspan het met trots die silwermedalje huis toe gebring. Geluk aan al ons spelers. Dankie vir jul harde werk, toewyding en spangees!

31/08/2026

Jan Celliers het weereens gewys ons wéét hoe om slim skuiwe in skaak te maak. Ons o. 9-span het hul afdeling tydens die Gauteng-skaaktoernooi gewen en ons o. 11-span het ‘n tweede plek behaal. Dertig topskole het aan dié toernooi deelgeneem.

Ons is trots op ons leerders se deursettingsvermoë en spanwerk. Dankie aan ons ouers en afrigters vir hul ondersteuning tydens hierdie marathondag.

Jan Celliers se gees skitter helder!

Address

Onderparkrylaan, Parkview, Johannesburg, Gauteng, Jan Celliers Laerskool En Pre-Primêr
Parkview
2122

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Jan Celliers - Laerskool en Preprimêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category