11/08/2026
π Dit was βn besondere voorreg om op Vrydag 8 Augustus twee van La Rochelle se voormalige leiers, Dr Alette van der Merwe (Hoofmeisie 2016) en Willow-Ruby van der Berg (Onder-Hoofmeisie 2016), te verwelkom.
Hulle het βn pragtige en inspirerende boodskap met ons huidige Larries gedeel ter viering van ons Stigtingsdag. π
Baie dankie, Alette en Willow-Ruby, dat julle steeds deel is van die La Rochelle-familie en dat julle julle tyd en wysheid met ons jong Larries kom deel het. Julle is βn ware inspirasie! πΈπ
10/08/2026
β¨ βn Naweek vol herinneringe, vriendskap en trots! β¨
Saterdag, 8 Augustus, was die En Avant-sentrum gevul met lag, stories en baie kosbare herinneringe toe oudleerders van verskillende jaargroepe bymekaargekom het vir βn spesiale reΓΌnie. β€οΈ
Wat βn voorreg om saam met ou skoolmaats herinneringe van ons skooldae te herleef, te hoor hoe almal se paaie geloop het en natuurlik weer daardie bekende gesigte te sien!
Hierdie spesiale geleentheid het ook saamgeval met die viering van ons skool se 166ste bestaansjaar β βn ongelooflike mylpaal wat ons almal met trots kan vier. ππ
Van die jonger jaargroepe tot diegene wat al baie jare gelede hul skoolloopbaan voltooi het β elke groep is deel van die geskiedenis en nalatenskap van ons geliefde skool.
πΈ Hier is βn paar fotoβs van die verskillende jaargroepe wat Saterdag saamgekuier het.
07/08/2026
https://www.facebook.com/share/1817imuuHY/
166 Years of Her Story
Since 1860, generations of young women have walked through the gates of La Rochelle β each leaving her mark and becoming part of our remarkable story.
Vandag vier ons 166 jaar van tradisie, uitnemendheid en vriendskap, asook die waardes wat ons steeds lei: Liefde, Aanvaarding en Respek.
We honour those who came before us, celebrate the Larries of today and look forward with pride to the women who will shape our future.
Happy Foundersβ Day, La Rochelle!
05/08/2026
π La Rochelle se oudleerders skitter op die netbalbaan! ππ
Baie geluk aan ons oudleerders wat gekies is om aan die SPAR Nasionale Netbalkampioenskappe deel te neem!
π Wynland Senior A-span β’ Hannah Kriel (Matriek 2023) β’ Zahrah Noah (Matriek 2024) β’ Mandy Hermanus (Matriek 2012)
π CTNF Seniors β’ Sigi Burger (Matriek 2014) β’ Kelly du Toit (Matriek 2021)
Julle harde werk, toewyding en talent maak ons ongelooflik trots. Ons wens elkeen van julle alle sterkte toe vir die kampioenskappe. Speel met passie en geniet elke oomblik!
Baie geluk, dames β ons staan trots agter julle! πππ
05/08/2026
Baie geluk aan ons oudleerder, Ilse Oppelt (mx 1994)! π
Ons is ongelooflik trots op Ilse se benoeming vir 'n Silwerskermtoekenning in die kategorie Beste Byspeler in 'n Komedie vir haar rol in Die Kantoor.
Ons wens haar alle sterkte toe vir die toekenningsgeleentheid op 23 Augustus. Mag hierdie welverdiende erkenning die begin van nog vele hoogtepunte wees!
π¬ Baie geluk, Ilse β jou La Rochelle-familie staan trots agter jou! ππ
02/08/2026
πΌ HMS La Rochelle vier 166 jaar! πΌ
Dit is met groot opgewondenheid dat HoΓ«r Meisieskool La Rochelle u uitnooi om saam met ons 166 jaar van trots, tradisie en uitnemendheid te vier.
π
Datum: 7 Augustus 2026
π Plek: En Avant-sentrum
π Tyd: 09:40 - 12:00
Ons sien daarna uit om oud-hoofde, oud-leerders, beheerliggaamlede, ouers, vriende van die skool en die La Rochelle-familie te verwelkom vir hierdie besondere geleentheid.
Boekmerk gerus die datum β ons sien uit daarna om saam met u te vier! ππ
02/08/2026
πΌ La Rochelle Girls High School celebrates 166 years! πΌ
Join us as we celebrate 166 years of pride, tradition and excellence at La Rochelle Girls High.
π
Date: 7 August 2026
π Venue: En Avant Centre
π Time: 09:40 - 12:00
We look forward to welcoming former principals, alumni, governing body members, parents, friends of the school, and the entire La Rochelle family for this special celebration.
Save the date β we can't wait to celebrate with you! ππ