Hoërskool Môrester

Hoërskool Môrester Skool

🎉🌸 Veels geluk met u verjaarsdag, Me. Bernadette Prins!🌸🎉Ons wens u ’n wonderlike verjaarsdag toe, gevul met liefde, vre...
12/09/2026

🎉🌸 Veels geluk met u verjaarsdag, Me. Bernadette Prins!🌸🎉

Ons wens u ’n wonderlike verjaarsdag toe, gevul met liefde, vreugde en baie mooi oomblikke. Mag die Here u ryklik seën en u nuwe lewensjaar vul met geluk, gesondheid en talle redes om te glimlag. 💐✨

Geniet u spesiale dag! 🥳🎂 💙💛

📢 VAKANTE POS BY HOËRSKOOL MÔRESTER!💙💛Is jy passievol oor Wiskunde en Wetenskap en gereed om ’n verskil in die lewens va...
03/09/2026

📢 VAKANTE POS BY HOËRSKOOL MÔRESTER!💙💛

Is jy passievol oor Wiskunde en Wetenskap en gereed om ’n verskil in die lewens van jongmense te maak? 👩‍🏫👨‍🏫

Hoërskool Môrester het ’n pos beskikbaar vir ’n dinamiese en toegewyde opvoeder in:

🔬 Tegniese Wetenskap
⚛️ Fisiese Wetenskappe
📐 Wiskunde

📅 Sluitingsdatum: 30 September 2026

📩 Aansoeke en verdere inligting: Kontak Hoërskool Môrester vir besonderhede.

🏆 HOËRSKOOL MÔRESTER BEHAAL 3DE PLEK BY DIE SKILLS COMPETITION 2026! 🥉Op 29 Augustus 2026 het ons Graad 11 Verbruikerstu...
02/09/2026

🏆 HOËRSKOOL MÔRESTER BEHAAL 3DE PLEK BY DIE SKILLS COMPETITION 2026! 🥉

Op 29 Augustus 2026 het ons Graad 11 Verbruikerstudies-leerders, Dadrey-Ann Snell en Adriadne Smith, Hoërskool Môrester met trots verteenwoordig tydens die Skills Competition by Bellville Tegniese Hoërskool in Kaapstad.

Hulle het saam met leerders van nege ander skole in Verbruikerstudies en Gasvryheidstudies deelgeneem aan ’n uitdagende kulinêre kompetisie. Juffrou S. Jacobs, hul Verbruikerstudies-opvoeder, het die leerders na die kompetisie vergesel, waar hulle hul talent, kreatiwiteit en uitstekende kookvaardighede onafhanklik ten toon gestel het.

Die tema van vanjaar se kompetisie was “THE HERITAGE REMIX”, waar deelnemers ’n unieke hoofgereg met bygeregte moes skep wat hul erfenis op ’n moderne en kreatiewe wyse uitbeeld.

⏱️ Die volledige gereg moes binne slegs 3 ure beplan, voorberei en voltooi word — ’n ware toets van tydsbestuur, tegniese vaardighede en spanwerk.

🥉 Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat Dadrey-Ann en Adriadne ’n welverdiende 3de plek behaal het!

“We might be small, but we are mighty.”

Hierdie prestasie bewys dat toewyding, harde werk en deursettingsvermoë buitengewone resultate lewer.

Baie geluk, Dadrey-Ann, Adriadne en Juffrou S. Jacobs! Julle het Hoërskool Môrester met trots verteenwoordig en ons hele skoolgemeenskap vier hierdie besonderse prestasie saam met julle. 💙💛🩵

🌸 HAPPY SECRETARY’S DAY! 🌸Today we celebrate the incredible women who keep everything running smoothly behind the scenes...
02/09/2026

🌸 HAPPY SECRETARY’S DAY! 🌸

Today we celebrate the incredible women who keep everything running smoothly behind the scenes! 💐

Thank you for your dedication, patience, kindness and all the little things you do that often go unnoticed. Your organisation, hard work and willingness to always lend a helping hand make a world of difference.

You are truly the heart of the office and an invaluable part of our team. ❤️

May you always know how much you are appreciated and valued.

Happy Secretary’s Day! 🌷
Thank you for everything you do! 🌸✨

🌟 Ons leerders is reg om hul SKILLS te wys in Kaapstad! 🏆🔥Baie sterkte aan ons talentvolle leerders wat aan die Skills-k...
28/08/2026

🌟 Ons leerders is reg om hul SKILLS te wys in Kaapstad! 🏆🔥

Baie sterkte aan ons talentvolle leerders wat aan die Skills-kompetisie gaan deelneem! 💪✨

Ons is ongelooflik trots op julle. Gaan wys wat julle kan doen, geniet elke oomblik en gee dit julle alles! 🙌
Môrester, ons glo in julle! 🌟💙

🌱 'N GROOT DANKIE! 🌱Baie dankie aan Mnr Colyn Ewerts (oud-Moritaan) en die span by Seeds Quality Services wat met sade w...
25/08/2026

🌱 'N GROOT DANKIE! 🌱

Baie dankie aan Mnr Colyn Ewerts (oud-Moritaan) en die span by Seeds Quality Services wat met sade werk!

Dankie dat julle ons Morester-leerders so hartlik ontvang het tydens ons loopbaanblootstelling. Julle het vir ons leerders gewys waar wetenskap werklik begin - by 'n klein saadjie - en hoe 'n loopbaan in landbou en laboratorium-werk lyk.

Julle tyd, kennis en passie het ons leerders geïnspireer. Wat julle doen is van onskatbare waarde vir ons toekoms!

Juf. Herold het vanoggend ons Graad 12-leerders kom bemoedig en hulle geestelik gereed gekry vir hul rekordeksamen. 🙏🏻 B...
25/08/2026

Juf. Herold het vanoggend ons Graad 12-leerders kom bemoedig en hulle geestelik gereed gekry vir hul rekordeksamen. 🙏🏻 Baie dankie vir die mooi boodskap en bemoediging!

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” – Filippense 4:13 🤍

23/08/2026

🌟 ’n Boodskap van die hart aan ons Graad 12’s 🌟

Voor die aanbreek van julle Voorbereidende Eksamens wil ons as skool net ’n oomblik neem om vir elke Graad 12-leerder te sê: Ons glo in julle! ❤️

Hierdie video is met liefde gemaak vanaf ons medeleerders, opvoeders en skoolhoof– woorde van bemoediging, ondersteuning en geloof in elkeen van julle.

Mag julle onthou dat julle nie alleen hierdie pad stap nie. Julle harde werk, deursettingsvermoë en opofferinge het julle tot hier gebring. Gee nou julle beste, glo in julleself en vertrou die proses.

Graad 12, die eindstreep is in sig. Hou aan druk, hou aan glo en maak julleself trots! 💙💛

Address

Blackwood Street
Oudtshoorn
6625

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+272724471

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Môrester posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category