Tandfontein Primêre Skool

Tandfontein Primêre Skool Tandfontein Primêre Skool is 'n Afrikaans-medium staatskool geleë in die Koue Bokkeveld.

🎉 ENTREPRENEURSDAG BY TANDONTEIN PRIMÊR! 🎉Ons Graad 7’s is gereed om hul entrepreneursgees te wys! 💼✨ Kom ondersteun ons...
07/09/2026

🎉 ENTREPRENEURSDAG BY TANDONTEIN PRIMÊR! 🎉

Ons Graad 7’s is gereed om hul entrepreneursgees te wys! 💼✨ Kom ondersteun ons Seniors tydens ’n lekker dag vol ondernemings, kreatiwiteit en pret! 🛍️🍿🥤

📅 11 September
📍 Tandfontein Primêr
🕘 Tydens pousetyd

Daar gaan koek, koeldrank en vele meer wees! 😋

Kom maak seker jy ondersteun ons jong entrepreneurs en help hulle om hul besigheidsdrome ’n werklikheid te maak! 💙💛
Kom koop, kom geniet en kom ondersteun ons Graad 7’s! 🌟

🌟 WAARDE VAN DIE MAAND:V E R A N T W O O R D E L I K H E I D 💪🏽💙💛“Verantwoordelikheid beteken om te doen wat reg is, sel...
02/09/2026

🌟 WAARDE VAN DIE MAAND:

V E R A N T W O O R D E L I K H E I D 💪🏽💙💛

“Verantwoordelikheid beteken om te doen wat reg is, selfs wanneer niemand kyk nie.” 🌱

Ons waarde vir Augustus was verantwoordelikheid, en vandag gee ons graag erkenning aan die leerders wat hierdie waarde elke dag met trots uitgeleef het. 👏🏼⭐

Deur verantwoordelikheid te neem, hul beste te probeer en ander positief te beïnvloed, wys hierdie leerders vir ons dat klein dade ’n groot verskil kan maak! 💙💛

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! 🥳👏🏼

Hou aan om ’n voorbeeld te stel en bou so voort! 🌟

Hou ons blad dop vir hierdie maand se sterretjies! 🌸

💙💛

🌸💐 GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG 💐🌸Vandag vier ons ’n baie spesiale lid van ons Tandfontein Primêr-familie – ons wonderlike ...
02/09/2026

🌸💐 GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG 💐🌸

Vandag vier ons ’n baie spesiale lid van ons Tandfontein Primêr-familie – ons wonderlike sekretaresse, Sharlene! ❤️

Dankie vir alles wat jy elke dag vir ons skool, personeel, leerders en ouers doen. Jy is altyd bereid om te help, altyd daar met ’n glimlag en speel ’n ongelooflik belangrike rol om ons skool se wiele aan die rol te hou. 📚📝✨

Jou harde werk, vriendelikheid, geduld en toewyding word opreg waardeer. Ons is baie dankbaar om jou as deel van ons span te hê! 🌷

Mag jy vandag weet hoe spesiaal en waardevol jy vir ons is. Jy maak ’n verskil, elke liewe dag! 💛💙

🌸 Gelukkige Sekretaressesdag, Sharlene! 🌸

Met liefde en waardering van die hele Tandfontein Primêr-familie. ❤️

❤️ 🌷

📢 BELANGRIKE KENNISGEWING 📢Neem asseblief kennis dat alle skole in Kring 5 op Maandag, 11 Mei 2026 gesluit sal wees as g...
10/05/2026

📢 BELANGRIKE KENNISGEWING 📢

Neem asseblief kennis dat alle skole in Kring 5 op Maandag, 11 Mei 2026 gesluit sal wees as gevolg van die swak weerstoestande.

Tandfontein Primêr sal dus ook op hierdie dag gesluit wees.

Die veiligheid van ons leerders en personeel bly ons prioriteit. Ons vra dat alle ouers en leerders hiervan kennis neem en veilig bly.

Baie dankie vir u samewerking.

💙 Outismebewustheid by Tandfontein NGK Primêr💙Vandag het ons personeel saamgestaan om ondersteuning vir Outismebewusthei...
24/04/2026

💙 Outismebewustheid by Tandfontein NGK Primêr💙

Vandag het ons personeel saamgestaan om ondersteuning vir Outismebewustheid te wys. Deur blou te dra en eensgesind te wees, bevorder ons begrip, aanvaarding en inklusiwiteit vir alle leerders.
Elke kind is uniek en verdien om raakgesien, ondersteun en waardeer te word. Kom ons skep saam ’n omgee-omgewing waar elkeen kan leer en floreer.

Ouers en Voogde,Aansoeke vir Graad R, 1 & 8 is nou oop vanaf📅 10 Maart 2026 tot 14 April 2026Moenie wag tot die laaste o...
04/03/2026

Ouers en Voogde,

Aansoeke vir Graad R, 1 & 8 is nou oop vanaf
📅 10 Maart 2026 tot 14 April 2026

Moenie wag tot die laaste oomblik nie! Doen betyds aansoek om jou kind se plek vir die 2027 skooljaar te verseker.

👉 Dien jou aansoek aanlyn in by:
🌐 www.westerncape.gov.za/education

Ons sien uit daarna om nuwe leerders by die Tandfontein Primêr-familie te verwelkom. 💙💛

Ons is ongelooflik trots om ons prefekte vir 2026 bekend te stel 🎉Hierdie leerders het hulself bewys as rolmodelle van l...
23/01/2026

Ons is ongelooflik trots om ons prefekte vir 2026 bekend te stel 🎉
Hierdie leerders het hulself bewys as rolmodelle van leierskap, verantwoordelikheid en integriteit.
Mag julle met trots lei, met respek dien en altyd die beste voorbeeld stel.
Baie geluk – ons glo in julle! 👏✨

𝐁𝐚𝐜𝐤 𝐓𝐨 𝐒𝐜𝐡𝐨𝐨𝐥 𝐊𝐞𝐫𝐤 𝐃𝐢𝐞𝐧𝐬 𝐕𝐆𝐊 𝐊𝐨𝐮𝐞 𝐁𝐨𝐤𝐤𝐞𝐯𝐞𝐥𝐝 | 𝟐𝟓 𝐉𝐚𝐧𝐮𝐚𝐫𝐢𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟔 ⛪️ Daar sal Sondag, 25 Januarie ‘n Back to School diens ...
22/01/2026

𝐁𝐚𝐜𝐤 𝐓𝐨 𝐒𝐜𝐡𝐨𝐨𝐥 𝐊𝐞𝐫𝐤 𝐃𝐢𝐞𝐧𝐬 𝐕𝐆𝐊 𝐊𝐨𝐮𝐞 𝐁𝐨𝐤𝐤𝐞𝐯𝐞𝐥𝐝 | 𝟐𝟓 𝐉𝐚𝐧𝐮𝐚𝐫𝐢𝐞 𝟐𝟎𝟐𝟔 ⛪️

Daar sal Sondag, 25 Januarie ‘n Back to School diens plaasvind in die VGK Koue Bokkeveld. Alle skole in die area word uitgenooi.

𝐀𝐊𝐀𝐃𝐄𝐌𝐈𝐄 | 𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐒𝐤𝐨𝐨𝐥𝐣𝐚𝐚𝐫 📚✏️ 🎒 🖍️Welkom terug aan al ons leerders! Ons wens elkeen baie sterkte en sukses toe vir die 2...
14/01/2026

𝐀𝐊𝐀𝐃𝐄𝐌𝐈𝐄 | 𝟐𝟎𝟐𝟔 𝐒𝐤𝐨𝐨𝐥𝐣𝐚𝐚𝐫 📚✏️ 🎒 🖍️

Welkom terug aan al ons leerders!

Ons wens elkeen baie sterkte en sukses toe vir die 2026 skooljaar.

Mag dit ’n jaar van groei, leer en mooi prestasies wees! 🌟

𝐏𝐞𝐫𝐬𝐨𝐧𝐞𝐞𝐥 👩🏻‍🏫📚Vandag neem ons afskeid van Juffrou Melandri Persens , wat ons personeelspan met groot warmte en professi...
21/11/2025

𝐏𝐞𝐫𝐬𝐨𝐧𝐞𝐞𝐥 👩🏻‍🏫📚

Vandag neem ons afskeid van Juffrou Melandri Persens , wat ons personeelspan met groot warmte en professionaliteit versterk het gedurende kwartaal 3 en 4. Sy het in juffrou W. Mars se plek waargeneem tydens haar kraamverlof en het ’n merkbare bydrae tot ons skoolgemeenskap gemaak.

Dankie, Juffrou Persens, vir jou harde werk, jou positiewe gesindheid en die liefde wat jy aan ons leerders bewys het.

Ons wens jou alle voorspoed en sukses toe vir die toekoms, mag elke nuwe geleentheid jou net hoër laat vlieg. 🌟

Address

Tandfontein
Op-Die-Berg
6836

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Telephone

+27230040441

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Tandfontein Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Tandfontein Primêre Skool:

Shortcuts

Share

Category