Waterbergskool vir CVO

Waterbergskool vir CVO Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Waterbergskool vir CVO, School, 69 Steve Tswete Street, Modimolle.

Waterbergskool vir CVO
Tel: 063 331 8379

๐ŸŒŸ Welkom by ons nuwe amptelike blad! ๐ŸŒŸ

Hierdie blad vervang die ou Facebookblad
https://www.facebook.com/waterbergskool.vircvo

28/08/2026
๐ŸŒฟ Graad 6 Leierskamp 2026 ๐ŸŒฟ Graag deel ons โ€™n paar mooi oomblikke van die Graad 6 Leierskamp 2026.Die doel van die kamp ...
28/08/2026

๐ŸŒฟ Graad 6 Leierskamp 2026 ๐ŸŒฟ

Graag deel ons โ€™n paar mooi oomblikke van die Graad 6 Leierskamp 2026.

Die doel van die kamp was om leierseienskappe te ontdek en te ontwikkel, terwyl elke leerling ook die geleentheid gekry het om nader aan die Here te groei. ๐Ÿ‘๐Ÿป

Die leerlinge het deelgeneem aan โ€™n verskeidenheid spanbou- en uitdagingsaktiwiteite wat hulle uit hul gemaksones geneem het en hulle geleer het dat โ€™n goeie leier nie altyd voor loop nie, maar ook weet hoe om saam te werk, te luister, te help en ander aan te moedig.

๐Ÿ’ฆ Daar was waterpret en swem,
๐ŸŽจ kreatiewe en prettige aktiwiteite waar daar sommer hande vuil gemaak is,
โญ• spanuitdagings wat kommunikasie en samewerking getoets het,
๐ŸŒณ โ€™n verskeidenheid buitelewe- en hindernisaktiwiteite, insluitend uitdagings met bande en โ€™n modderbaan,
๐Ÿค asook aktiwiteite waar leerlinge moes saamwerk om โ€™n gemeenskaplike doel te bereik.

Daar was baie lag, modder, water en vuil hande, maar tussen al die pret deur was daar ook waardevolle lesse oor vertroue, deursettingsvermoรซ, verantwoordelikheid, spanwerk en ware leierskap.

Want soms ontdek โ€™n mens die meeste van jouself wanneer jy buite jou gemaksones tree, jou hand uitsteek om iemand anders te help, en besef dat โ€™n span verder kan gaan wanneer almal saamwerk.

Graad 6, julle het gewys dat leierskap nie net โ€™n posisie is nie, maar โ€™n manier waarop ons teenoor ander optree. Ons is trots op elkeen van julle!

๐Ÿ† INTERNASIONALE GESKIEDENISOLIMPIADE ๐Ÿ†Die FAK se Internasionale Geskiedenisolimpiade word jaarliks aangebied en ons is ...
26/08/2026

๐Ÿ† INTERNASIONALE GESKIEDENISOLIMPIADE ๐Ÿ†

Die FAK se Internasionale Geskiedenisolimpiade word jaarliks aangebied en ons is ongelooflik trots op ons leerlinge wat hul kennis en liefde vir geskiedenis op die proef gestel het!

Ses van ons Waterbergskool vir CVO-leerlinge het deurgedring na die finaal die 29ste Augustus.

Baie sterkte aan:

๐ŸŒŸ Amia Kruger | Gr. 9
๐ŸŒŸ Lehanรฉ Cordier | Gr. 4
๐ŸŒŸ Marley Scheepers | Gr. 9
๐ŸŒŸ Anesia Jordaan | Gr. 8
๐ŸŒŸ Chรฉlani Oosthuizen | Gr. 6
๐ŸŒŸ Phillip Marx | Gr. 9

Baie dankie aan Juffrou Bianca en Juffrou Mentha vir julle bystand, aansporing en die kennis wat julle met soveel toewyding aan ons leerlinge oordra. ๐Ÿ“šโœจ

Ouers, kom ons spog bietjie met ons kinders! ๐ŸŒŸOns weet daar is soveel van ons kinders wat ongelooflike dinge buite die s...
26/08/2026

Ouers, kom ons spog bietjie met ons kinders! ๐ŸŒŸ

Ons weet daar is soveel van ons kinders wat ongelooflike dinge buite die skool doen, en ons wil graag daarvan hoor! Hulle werk hard, oefen, leer deursettingsvermoรซ en behaal mooi prestasies. Dit verdien beslis om gevier te word.

Stuur gerus vir ons โ€™n foto en die besonderhede van jou kind se prestasie, sodat ons ook saam met julle โ€™n groot bohaai daaroor kan maak! ๐Ÿ†๐Ÿ‘

Ons wil graag teen volgende week 'n mooi groot plasing maak van al hierdie prestasies.

Stuur alle informasie aan:
โ˜Ž๏ธ Ilze (082) 339-6215 โ˜Ž๏ธ

(Ouers se naam en van is ook belangrik.)

26/08/2026

Christelike aard en karakter โ€“ wat primรชre opvoedingsgesag en verantwoordelikheid van verbondsouers erken.

Vestig โ€™n stewige fondasie vir jou kind se toekoms!

Ter wille van ons Kinders โ€“ tot eer van God!

www.bcvo.co.za

26/08/2026

๐ŸŽ“ Matrics, the big adventure is calling! ๐Ÿš—โœจ

University? ๐ŸŽ’ Gap year? ๐ŸŒ Road trip? Whatever comes next, you need a set of wheels that gets the โ€œApproved by Mom & Dadโ€ stamp! ๐Ÿ˜‰

At Gys Pitzer Motoring, weโ€™ve got vehicles ready for your next chapter โ€” because your first car should be about more than getting from A to B. Itโ€™s about freedom, adventures and making memories! ๐Ÿ›ฃ๏ธ๐Ÿ”ฅ

Come find the one that makes your parents say โ€œYES!โ€๐Ÿ™Œ

Dankie aan Orania CVO-skool se pragtige fotos van al ons sportpresteerders tydens BCVO se Nasional Krieket toernooi in V...
25/08/2026

Dankie aan Orania CVO-skool se pragtige fotos van al ons sportpresteerders tydens BCVO se Nasional Krieket toernooi in Vryburg!

๐Ÿ WATERBERG CVO SEUNS MAAK ONS TROTS! ๐ŸBaie geluk aan Heino Schmidt en Rassie Vorster wat aan die BCVO O/13-Liga 2026 in...
25/08/2026

๐Ÿ WATERBERG CVO SEUNS MAAK ONS TROTS! ๐Ÿ

Baie geluk aan Heino Schmidt en Rassie Vorster wat aan die BCVO O/13-Liga 2026 in Vryburg deelneem!

Heino is ook aangewys as Beste Veelsydige Speler in die Seuns O/13-afdeling en is boonop vir die Nasionale Span gekies!

Nog โ€™n besondere prestasie kom van Wian Booyse, wat aangewys is as Beste Kolwer by die Nasionale O/19-kriekettoernooi!

Ons is ongelooflik trots op hierdie seuns se harde werk, toewyding en prestasies. Baie geluk! ๐Ÿ’›๐Ÿ’™

Dit is so lekker wanneer ons en ons CVO-bure bymekaar kan kuier en โ€™n bietjie lekker Bosveld-hokkie kan speel! ๐Ÿ‘๐ŸŒฟBaie da...
25/08/2026

Dit is so lekker wanneer ons en ons CVO-bure bymekaar kan kuier en โ€™n bietjie lekker Bosveld-hokkie kan speel! ๐Ÿ‘๐ŸŒฟ

Baie dankie aan Hardekool Akademie en CVO Potgietersrus vir die afgelope twee weke se hokkie en lekker saamkuier. Dit is altyd besonders om vriendskappe te bou, goeie sportmanskap te beleef en sommer net die spel saam te geniet! ๐Ÿ’›๐Ÿ’™

Ons sien uit na die volgende keer! ๐Ÿ‘

Address

69 Steve Tswete Street
Modimolle
0510

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Waterbergskool vir CVO posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Waterbergskool vir CVO:

Shortcuts

Share

Category