Rockies Ondersteunersklub

Rockies Ondersteunersklub Oud-Studentebond vir Hoërskool Swartland

OUDLEERDERPRESTASIE 🍇Baie geluk aan Jolandie Fouché (matriek 2005) van Wolf & Woman Wines, wat deur die wêreldbekende wy...
04/09/2026

OUDLEERDERPRESTASIE 🍇

Baie geluk aan Jolandie Fouché (matriek 2005) van Wolf & Woman Wines, wat deur die wêreldbekende wynkritikus en Master of Wine, Tim Atkin, aangewys is as “Jong Wynmaker van die Jaar 2026”!

Tim Atkin se South Africa Special Report is vanjaar in sy 14de jaar en is gebaseer op die beoordeling van 1 831 wyne van 351 produsente, dus een van die mees invloedryke oorsigte van die Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Elke jaar word slegs ’n handjievol uitsonderlike presteerders op sy Podium vereer. In 2026 is een van daardie uitblinkers niemand anders nie as ons eie Jolandie!

Ons by Hoërskool Swartland is ongelooflik trots op jou, Jolandie! Jy wys vir ons leerders wat moontlik is wanneer passie, talent en harde werk bymekaar kom.

Baie geluk met hierdie besondere en welverdiende prestasie!

REÜNIE 💙💛Op Saterdag, 15 Augustus het die matriekgroep van 1996 hul 30-jaar-reünie by die FSS gehou.Dit was ’n besondere...
02/09/2026

REÜNIE 💙💛

Op Saterdag, 15 Augustus het die matriekgroep van 1996 hul 30-jaar-reünie by die FSS gehou.

Dit was ’n besondere geleentheid waartydens oud-Rockies die kans gekry het om weer saam te kuier, herinneringe te deel en lekker te gesels.

Baie dankie aan hierdie groep vir julle volgehoue betrokkenheid en bydrae tot die skool en ons leerders se toekoms. Dit was heerlik om julle weer terug by julle ou skool te kon verwelkom!

26/08/2026

OUDLEERDERPRESTASIE 🎬

Ons is ongelooflik trots op ons oudleerder, Cleveland Hopp (matriek 2018), wat vanjaar betrokke was by die Silwerskermfees sowel as die Silwerskermfees-toekennings.

As dramaleerder aan Hoërskool Swartland, het ons reeds geweet dat jy groot hoogtes sou bereik. Jou talent op en van die verhoog af, passie vir die kunste en toewyding is ’n bewys daarvan.

Ons is baie trots op jou, Cleveland! Mag hierdie slegs die begin wees van ’n besonderse loopbaan vol sukses en nog meer geleenthede.

Eenmaal ’n Rockie, altyd ’n Rockie!

ROCKART KUNSTEFEES 2026 🎭Jy wil dit nie mis nie! Twee dae gevul met kultuur, talent en eersteklas vermaak in Hoërskool S...
23/08/2026

ROCKART KUNSTEFEES 2026 🎭

Jy wil dit nie mis nie! Twee dae gevul met kultuur, talent en eersteklas vermaak in Hoërskool Swartland se skoolsaal.

VRYDAG, 28 AUGUSTUS

- Feesproduksie: Eerste vir alles
- 18:30 vir 19:00
- Geen o/13's nie
- Toegang: R200 per persoon
- Deure open om 18:30

Eersteklas vermaak deur Frank Opperman en Margit Meyer-Rodenbeck!

SATERDAG, 29 AUGUSTUS

Toegang vir leerders: R50; toegang vir volwassenes: R90 (sluit al vier produksies in).

OF

Toegang vir leerders: R90; toegang vir volwassenes: R140 (sluit koffie en lekkerny by Rockie Café in, sowel as al vier produksies).

Deelnemers wat net optree en vertrek: GRATIS toegang!

Deelnemers wat ander produksies bywoon: R30

PRODUKSIES 🎭

11:00 - BABAS EN BALKE (personeeltoneel)
- Ondeunde komedie deur die HSS-personeel. As jy hierdie een mis, is jy so uit soos ou brood!

13:00 - DIE MUSEUM VAN SKOONHEID, KUNS EN KULTUUR
- Rockie-kultuur en -talent word uitgestal!

14:50 - LAND VAN DIE BLINDES

15:40 - DIE UITSONDERING VAN ADRIAN MEYER

- Twee HORN-produksies deur ons dramaleerders. Van hoogstaande gehalte!

Besoek ook gerus ons Rockie Café in die personeelkamer vanaf 12:00 tot 14:00.

- Koffie en tee
- Soet: Kolwyntjies en wortelkoek
- Sout: Hoenderpasteitjies en quiche

Ontspan met heerlike eetgoed en kom besigtig ons foto-, kunswerk- en boekuitstalling!

Sien jou by die fees!

21/08/2026

'N EERSTE VIR ALLES BY HOËRSKOOL SWARTLAND! 🎭

'n Teaterervaring wat jy nie wil mis nie!

Die legendariese Frank Opperman en Margit Meyer-Rödenbeck is op pad Malmesbury toe! As deel van die RockArt Kunstefees, bring Hoërskool Swartland hierdie skreeusnaakse, hartroerende komedie oor die liefde en die huwelik regstreeks na ons skoolsaal.

Datum: Vrydag, 28 Augustus 2026
Tyd: 19:00
Plek: Hoërskool Swartland Skoolsaal
Kaartjies: R200 per persoon
Ouderdomsbeperking: Geen o.13

Hoe koop ek kaartjies?

1️⃣ By die skool
Besoek die finansieskantoor en koop jou kaartjie daar.

2️⃣ Per bankbetaling
Bank: Nedbank
Takkode: 154605
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 103 982 7438

Belangrik: Gebruik RF + jou naam en van as verwysing.

Moenie hierdie uitsonderlike teaterervaring op eie bodem mis nie! Bring jou familie, vriende en bure saam vir 'n aand vol lag, uitstekende toneelspel en onvergeetlike vermaak.

Trots soos ‘n ROTS! 💛 💙
18/08/2026

Trots soos ‘n ROTS! 💛 💙

NET 2 DAE VOOR INTERSKOLE! 💙💛Ons is só opgewonde Interskole 2026 is net 2 dae weg!Die wagtyd is amper verby, die gees is...
13/08/2026

NET 2 DAE VOOR INTERSKOLE! 💙💛

Ons is só opgewonde Interskole 2026 is net 2 dae weg!

Die wagtyd is amper verby, die gees is aan die brand en ons kan nie wag om ons Rockies met trots te sien uitdraf, sing, skree en ondersteun nie!

Kom ons maak hierdie Interskole een om te onthou; vol gees, trots, sportmangees en Rockie-harte!

💛 15 Augustus 2026
💙 By Hugenote Hoërskool, Wellington

Sien gerus die Interskole-boekie en volledige verrigtinge hieronder aangeheg om seker te maak jy mis niks van die groot dag nie!

https://issuu.com/novusmedianewspapers/docs/hhs_vs_hss_interschools_2026_hugenote_vs_swartlan?fr=sZGU0Zjg5MTQ2NDM

OLD BOYS & OLD GIRLS SPANBEKENDSTELLINGS 💛 💙 Is jy reg vir ‘n ongelooflike Rockies-ervaring? R.O.K nooi alle oudskoliere...
12/08/2026

OLD BOYS & OLD GIRLS SPANBEKENDSTELLINGS 💛 💙

Is jy reg vir ‘n ongelooflike Rockies-ervaring?

R.O.K nooi alle oudskoliere en ondersteuners uit om Vrydagaand die Old Boys en Old Girls wedstryde te kom kyk.

R.O.K se deure open reeds om 16:00.

Jy wil nie hierdie een misloop nie.

Loer gerus na die oudskoliere in die onderstaande spanbekendstellings.

Daar sal iets te drinke wees asook kosstalletjies vir aandete.

Ons is reg. Jy ook. Kom maak ‘n draai!

Address

Malmesbury

Telephone

+27828391910

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rockies Ondersteunersklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Rockies Ondersteunersklub:

Shortcuts

Share