Hoërskool Lichtenburg

Hoërskool Lichtenburg Hoërskool Lichtenburg
1 Scholtzstraat
Lichtenburg
Tel: 018 632 6202

ASA-LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE | SA’S 2026 4 September 2026 | Curro Hazeldean, PretoriaOp 4 September het ons atlete deelgen...
09/09/2026

ASA-LANDLOOPKAMPIOENSKAPPE | SA’S 2026

4 September 2026 | Curro Hazeldean, Pretoria

Op 4 September het ons atlete deelgeneem aan die ASA-Landloopkampioenskappe by Curro Hazeldean in Pretoria.

Met provinsies van regoor die land wat slegs hul beste landloopatlete gestuur het, was die kompetisie uiters sterk. ’n Indrukwekkende 4 500 atlete het aan hierdie nasionale byeenkoms deelgeneem. Hier by Liggies het ons ook ons grootste groep altete gestuur.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van ons atlete wat hul beste gegee het en hul plek tussen die land se topatlete ingeneem het!

DOGTERS O/16 (113 atlete)
64ste – Abigail Haynes
104de – Nicola Jansen van Vuuren

DOGTERS O/15 (125 atlete)
96ste – Mianke Liebenberg
109de – Mia Lourens
118de – Karlie Breytenbach

DOGTERS O/14 (126 atlete)
97ste – Eliana Lourens
121ste – Joanerie Scholtz
124ste – Miané Botha
125ste – Duné van Aswegen
126ste – Kayla Taljaard

SEUNS O/14 (129 atlete)
13de – Wihanru Aspeling
107de – Stef van Dyk

SEUNS O/15 (139 atlete)
94ste – Armand Botha

MANS O/23 (192 atlete)
92ste – Henrico Kruger

Baie geluk aan al ons atlete!

Om op nasionale vlak mee te ding tussen duisende van die land se beste atlete, is reeds ’n besondere prestasie. Julle harde werk, deursettingsvermoë en vasberadenheid maak ons trots.

Hou aan hardloop, hou aan droom en hou aan om julle grense te verskuif!

NETBALPRYSUITDELING | 7 SEPTEMBER 2026 Maandag, 7 September, het ons netbalspelers, afrigters en ondersteuners bymekaarg...
09/09/2026

NETBALPRYSUITDELING | 7 SEPTEMBER 2026

Maandag, 7 September, het ons netbalspelers, afrigters en ondersteuners bymekaargekom vir ’n besonderse aand van erkenning, prestasie en trots tydens ons Netbalprysuitdeling.

Die tema van die aand was “Around the World” en elke ouderdomsgroep het ’n verskillende land verteenwoordig. Die tafels is pragtig volgens die verskillende lande gedek, wat vir ’n feestelike en kleurvolle atmosfeer gesorg het.

Die prysuitdeling is in goeie gees gevier, met baie opwindende toekennings wat spelers se harde werk, toewyding en besondere prestasies deur die seisoen erken het.

Van beste aanvallers en verdedigers tot middelbaanspelers, doelspelers, ambassadeurs en algehele spelers van die jaar – elke toekenning vertel ’n storie van hardwerk, deursettingsvermoë en liefde vir die spel.

Baie geluk aan elke speler, afrigter en span wat van hierdie netbalseisoen iets besonders gemaak het!

Ons is ongelooflik trots op julle.

Hier volg die TOEKENINGS:

Senior Toekennings
Botselo Kokoeng – Fast 5 Beste Senior Verdediger; Liga Beste Senior Verdediger
Herezan Goliath – Fast 5 Beste Senior Aanvaller
Karlienke Coetzee – Beste Senior Middelbaan-speler
Emari Conradie – Senior Ambassadeur
Chené Pieterse – Liga Beste Senior Doel; Algeheel Beste Senior Netbalspeler

Junior Toekennings
Hanlea Kraft – Fast 5 Beste Junior Verdediger; Liga Beste Junior Verdediger
Kaone Kalebe – Fast 5 Beste Junior Aanvaller; Liga Beste Junior Middelbaan-speler; Algeheel Beste Junior Netbalspeler
Mia Terre Blanche – Liga Beste Junior Doel

ANDER TOEKENNINGS
Fast 5
Span van die Jaar – 17A
Beste Fast 5 Afrigter – Zané Meyer

Liga
1ste Span Kaptein – Lydia Wessels
Beste Junior Vordering – Elbené Liebenberg
Junior Ambassadeur – Miané Wessels
Beste Algehele Afrigter – Anneri Stoop
Liga Span van die Jaar – 14A

ARTISTATUE-UITSLАE!Ons is ongelooflik trots op ons talentvolle Liggie-leerders wat hul merk gemaak het by die Nasionale ...
09/09/2026

ARTISTATUE-UITSLАE!

Ons is ongelooflik trots op ons talentvolle Liggie-leerders wat hul merk gemaak het by die Nasionale finale!

GRAAD 12
Voorbereid
🥈 2de – Miko Ferreira
🥉 3de – Nika Meyer
🏅 6de – Zandri Wolfaardt
Onvoorbereid
🥇 1ste – Nika Meyer

🏆 GRAAD 10
🥇 1ste – Suné Roelofsz (Onvoorbereid)

🏆 GRAAD 8
🏅 7de – Eliana Lourens (Voorbereid)

Baie geluk aan elkeen van julle! Julle harde werk, selfvertroue en talent is ’n inspirasie.
Ons is trots om julle Liggies te noem!

STERKTE MET DIE EKSAMEN! Die eksamen is hier- ’n tyd om dit waarvoor jy gewerk het, te wys. Onthou: elke uur se leer, el...
08/09/2026

STERKTE MET DIE EKSAMEN!

Die eksamen is hier- ’n tyd om dit waarvoor jy gewerk het, te wys.
Onthou: elke uur se leer, elke ekstra poging en elke uitdaging wat jy aangepak het, bring jou ’n tree nader aan jou doel.

“Sukses is die som van klein pogings, dag na dag herhaal.”

Mag elke Liggie die eksamen met selfvertroue aanpak en weet: jy is beter voorbereid as wat jy dink!

Sterkte, Liggies! Ons glo in julle...

JU-JITSU | SA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE Baie geluk aan Maunique Miller (Graad 9) van Hoërskool Lichtenburg!Maunique het a...
08/09/2026

JU-JITSU | SA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE

Baie geluk aan Maunique Miller (Graad 9) van Hoërskool Lichtenburg!

Maunique het aan die SA Nasionale Ju-Jitsu Kampioenskappe deelgeneem en behaal ’n 1ste en 2de plek in haar kategorie.

Ons is ongelooflik trots op jou harde werk, toewyding en deursettingsvermoë, Maunique! Baie geluk met hierdie besonderse prestasie!

DANSUITSLAE | MIANE WESSELS Baie geluk aan Miane Wessels met haar uitstekende prestasies tydens die Allegretto IPE Inter...
08/09/2026

DANSUITSLAE | MIANE WESSELS

Baie geluk aan Miane Wessels met haar uitstekende prestasies tydens die Allegretto IPE Interprovinsiale Eisteddfod!

🏅 Kwalifiseer vir Nationals (7 dans-items)
🥇 Trofeewenner – Musical Character
🏅 Medaljes – Solo Bhangra & Solo Contemporary

Ons is ongelooflik trots op jou talent, harde werk en toewyding!

Ons is trots om aan te kondig dat ons Liggies verskeie toekennings in die nasionale rondte van Con Spirito, naamlik Fort...
08/09/2026

Ons is trots om aan te kondig dat ons Liggies verskeie toekennings in die nasionale rondte van Con Spirito, naamlik Forté, behaal het.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en die talent, harde werk en toewyding wat julle aan die dag lê.

Baie geluk met hierdie besondere prestasies!

https://lichtenburg.henwilshop.co.za/Henwil Lichtenburg KOOP AANLYN & ONDERSTEUN HOËRSKOOL LICHTENBURG! Jou alledaagse i...
08/09/2026

https://lichtenburg.henwilshop.co.za/Henwil
Lichtenburg KOOP AANLYN & ONDERSTEUN HOËRSKOOL LICHTENBURG!

Jou alledaagse inkopies kan nou help om jou ondersteuning vir Hoërskool Lichtenburg te wys!

Koop eenvoudig aanlyn by Henwil Retail Lichtenburg, registreer jou rekening en kies “Yes” wanneer jy gevra word of jy ’n ondersteuner van HS Lichtenburg is.

Dit is so maklik soos 1, 2, 3! 👇

1️⃣ Besoek ons aanlynwinkel en maak die kieslys oop.
2️⃣ Kies “Support HS Lichtenburg” en registreer.
3️⃣ Voltooi jou besonderhede en kies “Yes” om HS Lichtenburg te ondersteun.

Koop jou Henwil-gunstelinge aanlyn terwyl jy terselfdertyd jou plaaslike skool ondersteun!

📣 Merk ’n HS Lichtenburg-ouer, ondersteuner of oudleerling en help ons om die boodskap te versprei!

Elke aankoop maak ’n verskil!

Lekker verjaar, Mnr. Tebogo!🤩
08/09/2026

Lekker verjaar, Mnr. Tebogo!🤩

Was jy dalk deel van die Hoërskool Lichtenburg se Matriekklas van 2021?Dan is hierdie groep vir jou! Ons wil graag weer ...
07/09/2026

Was jy dalk deel van die Hoërskool Lichtenburg se Matriekklas van 2021?
Dan is hierdie groep vir jou! Ons wil graag weer kontak maak, herinneringe deel en die Matriekklas van 2021 bymekaarbring.

📱 Scan gerus die QR-kode of kliek op die WhatsApp-skakel om deel te word van die groep.
https://chat.whatsapp.com/KDUIHwd7C8l2FrBtntZJaE

Kom ons bring die klas weer bymekaar!

Address

1 Scholtz Street
Lichtenburg
2740

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Lichtenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Lichtenburg:

Share

Category