04/09/2026
Woensdag was dit Sekretaressedag en vandag wil ons graag ’n groot dankie sê aan ons wonderlike Tannie Linda! ❤️
Baie dankie vir al Tannie se harde werk, hulpvaardigheid, vriendelikheid en die liefde waarmee tannie elke dag soveel dinge agter die skerms laat vlot verloop. Ons waardeer tannie en alles wat tannie vir ons doen baie meer as wat woorde kan sê! 🌷
Ons is baie dankbaar om tannie deel van ons span te hê! 💕✨