BabyGym with Monjé, Krugersdorp.

BabyGym with Monjé, Krugersdorp.

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from BabyGym with Monjé, Krugersdorp., Child Development, 227 Bell Street, Noordheuwel, Krugersdorp.

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 20/08/2026

En skielik besef ’n mens net weer hoe vinnig hulle grootword…🎓

Ons BabaGim-gradeplegtigheid gaan oor soveel meer as net ’n sertifikaat. Dit gaan oor groei, ontdek, probeer, vertroue bou en elke klein oorwinning langs die pad.

Aan ons klein graduant-sterretjies:mag julle altyd met dieselfde nuuskierigheid die wêreld ontdek. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Baie geluk liewe
🩷 Leja
💙 Ivan
💙 Ivandré

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 07/08/2026

Die mooiste deel van Baba se ontwikkeling? Om dit veilig in Mamma se liefde te ontdek. 🤍

Kom geniet hierdie kosbare tyd saam met jou baba en maak mooi herinneringe terwyl ons ontwikkeling deur liefdevolle speeltyd stimuleer.

📅 Volgende klassies:
10 Augustus 10:00
14 September 10:00

https://babygym.co.za/instructor-profile?id=562

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 04/06/2026

Klein voetjies, groot prestasies! 🎓

Ons vier die wonderlike ontwikkeling van ons kleintjies en die mylpale wat hulle bereik het gedurende hul BabaGim-reis.

Julle mag klein wees, maar julle prestasies is GROOT!
Baie geluk, liewe Arlu en Melienke! 💙🩷

📷 LANCO Creations

28/05/2026

SPEEL JOU BABA SLIM!

In die eerste lewensjaar verdriedubbel die baba se brein in gewig.

Dit is ’n fenomenaal sensitiewe tyd om jou baba se brein deur liefdevolle interaksie tuis te vorm.

Breinontwikkeling vind plaas wanneer ‘n babatjie se sintuie en spiere sagkens en in ‘n spesifieke volgorde ontwaak word. Wawyd wakker sintuie en sterk spiere laat die brein oor gaan tot aksie - dit maak van enige brein, ‘n briljante brein!

Sluit by BabaGim aan en speel jou baba slim!

https://babygym.co.za/babygym-classes/

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 25/05/2026

Sommige oomblikke kan mens nie in woorde vasvang nie — net in gevoel. Die band tussen ’n mamma en haar baba sal altyd een van die mooiste dinge wees wat ek mag aanskou. Dis in hierdie sagte, eerlike oomblikke waar ek weer onthou hoekom ek hierdie werk met soveel liefde doen. 🤍

25/05/2026

Ons BabaGim klassies begin weer die week!! 💙

Eerste klassie: Môre – 26 Mei om 10:00.

En omdat ons weet party mamma’s het dalk al terug werk toe gegaan, het ons spesiaal nog ’n Mei-klassie oopgemaak!

Tweede klassie: 29 Mei om 16:30.

Moenie hierdie spesiale tyd saam met jou baba misloop nie; kom speel, leer en groei saam!

Bespreek jou plekkie vandag!
071 531 3549
https://babygym.co.za/instructor-profile?id=562

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 14/05/2026

Dis ‘n dogtertjie-fees hier by BabaGim!! 🩷🎀

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 12/05/2026

Klein handjies, groot liefde! 🤍

BabaGim is meer as net ’n klassie, dis kwaliteit tyd saam met jou kleine lyfie, nuwe mylpale, glimlaggies en spesiale herinneringe wat julle saam bou.

Ons volgende klassies skop 26 Mei af!
Kom geniet die mooiste mamma-en-baba tyd saam met ons!

https://babygym.co.za/instructor-profile?id=562

Photos from BabyGym with Monjé, Krugersdorp.'s post 06/05/2026

By BabaGim vier ons elke klein mylpaal… want dit is eintlik die grootste oorwinnings! 💙

Ons pragtige babas wat hul BabaGim graduasie bereik het; wat ‘n voorreg om deel van julle reis te wees. Van eerste bewegings en ontdekkings, tot groei in selfvertroue en ontwikkeling, elke oomblik is kosbaar.

Dankie aan elke mamma en pappa wat ons vertrou met julle kosbaarste geskenk. Dit beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.

Ons is só trots op elke klein graduant! 🎓
Baie geluk liefste Isabella, Reandré en Danrich!
🩷💙💙

📷 LANCO Creations

Want your school to be the top-listed School/college in Krugersdorp?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address

227 Bell Street, Noordheuwel
Krugersdorp
1739