Kabouters en Feetjies Leersentrum

Kabouters en Feetjies Leersentrum Groepie avontuurlustige Graad R maatjies wat gereed maak vir grootskool

22/09/2020

Baie dankie aan Pikkie Pret wat my gehelp het met die skryf van die skoolgereedheids toetse. Baie dankie aan elke pappa en mamma vir al die opoffering wat julle gedurende die grendeltyd moes bring met die voorbereiding van die toetse en die gereedmaak vir graad 1. Baie geluk aan al ons maatjies wat geslaag het Juffrou is baie trots op elkeen van julle. Julle is nou groot en is reg vir die grootskool. Juffrou gaan julle baie mis, maar weet dit is nou die tyd dat julle julle vlerke moet sprei. Voorspoed aan al die Ouers vir die nuwe fase wat nou gaan aanvang neem met ons maatjies. Liefde Juffrou Ronell

Die volgende tuisgemaakte items is beskikbaar:Glyplank, Swaaie, Wipplank, Motorfietsie x6, Stoeltjies x 18, Twee lang Tu...
19/09/2020

Die volgende tuisgemaakte items is beskikbaar:
Glyplank, Swaaie, Wipplank, Motorfietsie x6, Stoeltjies x 18, Twee lang Tuisgemaakte tafels, Poolnoodles, trap en vang met boontjiesakkies, tuisgemaakte rak vir tassies, ens Mense onthou asseblief dit is Tuisgemaak. Ek laat nie een -een artikel gaan nie maar alles saam

11/09/2020

More aan al ons facebook vriende. Daar is nog net 5 skooldae oor vir ons maatjies dan gaan hulle vir die eerste groot assessering in hulle jong lewens. Wees asseblief met elkeen van die graad R maatjies wat nou besig is met die afle van die toetse en die wat nog besig is daarmee. Dit is vir hierdie kinders 'n vreeslike jaar want hulle is nog so onseker. D**k aan die ouers wat hierdie kinders moet bystaan en aan elke onderwyser wat on 'n baie kort jaar hierdie akademies moes voorberei vir hiedie groot mylpaal in die kinders se lewens. Aan elke mamma en pappa so getrou hierdie kinders gehelp het wil die personeel van Kabouters en Feetjies Leersentrum se baie dankie en sterkte vir die laaste stukkie wat oorbly van hierdie jaar 2020

En Dis lente en ons gaan vier dit met 'n melkskommel en 'n pizza. Dankie vir Kataxes vir die lekker speel en drink. Dit ...
01/09/2020

En Dis lente en ons gaan vier dit met 'n melkskommel en 'n pizza. Dankie vir Kataxes vir die lekker speel en drink. Dit was regtig heerlik en ons sien nou weer kans om more verder te leer.

Ons is besig om gereed te maak vir ons skoolgereedheidstoetse en sjoe is dit vir jou harde werk. Ons oefen vorms op lekk...
01/09/2020

Ons is besig om gereed te maak vir ons skoolgereedheidstoetse en sjoe is dit vir jou harde werk. Ons oefen vorms op lekker inkleur maniere en sommer ook ons kleure

06/08/2020

Aan al ons Ouers baie dankie vir al die hulp gedurende die grendeltyd. Ons besef dit is vir julle 'n moeilike tyd veral waar jy moet Mamma, Juffrou en moontlik nog self ook werk. Ons skooltjie mag nog nie oopmaak nie en ons moet eers wag dat ons weer gedeepclean word daar ons 'n positiewe geval by die skool gehad het en die persoon was nie daarvan bewus.

03/08/2020

Met ' n hartseer hart en met geloof in die Hemelse Vader, kniel ek vandag in gebed. Liewe Heer, ek vra U om vrede te plaas in die harte van diegene wat gevul is met haat vir hierdie land, vir die herstel van die pasiënte met Covid 19 en vir beskerming vir diegene wat nog nie die infeksie gely het nie. Ek vra u God om hulp om te vind wat Covid19 sal eindig. Ek vra die Heilige Gees om alle mense na vrede te lei. En vir die wat U nie ken nie Here, ek bid dat hulle hul harte sal oopmaak en U in hul harte sal laat kom. Thank vir al die seëninge wat u my en my gesin gegee het. Hou ons veilig teen skade en bewaar ons goed. Here ek bid steeds dat ons almal weer een word; dat ons ander meer van U hou en leer. Seën ons gesondheidswerkers, drs en verpleegkundiges en almal in voorlynposisies!

Ek vra dat u hierdie boodskap in u status plaas. Kom ons doen ' n gebedsketting. Laat ons in eenheid wees. Mag God ons seën! God seën Suid-Afrika. Amen!!!!!!
Kopieer en plak en sit dit op u bladsy! 

03/07/2020

Geagte Ouers daar sal Dinsdagaand 07 Julie 2020 om 18:00 'n ouervergadering by die skool gehou word rondom die heropening van die skool op 13 Julie om 08;00. Alle prosedures sal aan U verduidelik word asook hoe die skool in die toekoms sal funsioneer. Ons vra dat alle Ouers ons asseblief inkennis moet stel of U hierdie vergadering gaan bywoon al dan nie. Daar is 'n paar belangrike punte wat rondom die registrasie van graad 1 asook die afle van die skoolgereedheidstoetse bespreek moet word. Dankie Juffrou Ronell

21/06/2020

Goeie more aan al ons Ouers graag wil ons 'n klein reeling maak in verband met die her- opening van die skool. Ons heropen op 13 Julie 2020 pm 08:00. Daar is 'n beleid wat na gekom word oor die heropening asook hoe die skool gaan funksioneer. Ek raai almal aan om eers die beleid na te gaan en U self te vereenselwig met die beleid. Die skooltjie is reeds ge"deepclean"en gaan weer die naweek voor die skool begin weer oordentlik skoon gemaak word asook die speelgronde is reeds voorberei en sal weer skoon gemaak en sanitize word. Dankie Juffrou Ronell

10/06/2020

Gemiddag aan al ons Mamma's met al die onsekerheid waarin ons nou is wil ons U graag nooi om ons te kontak vir Skoolgereedheids oefening sodra die Graad R maatjies weer mag begin en U onseker is wat U te doen staan, ons gaan materiaal verskaf saam met aanlyn klasse. Ons kontak nommer is 084 229 7875 of U kan ons epos

05/06/2020

Skoolgereedheids boekie te koop alles wat die maatjies moet weet om skoolgereed te wees. Epos my by [email protected].. Hierdie boekie bestaan uit 100 plus bladsye en is R100.00 per boekie. Fondse word aangewend vir skooltjie./School readiness book for sale everything the buddies need to know to be school ready. Email me at [email protected] .. This booklet consists of 100 plus pages and is R100.00 per booklet. Funds are used for school.

Address

Mopanilaan 68
Kathu
8446

Telephone

+27842297875

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kabouters en Feetjies Leersentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Kabouters en Feetjies Leersentrum:

Shortcuts

Share

Category