Slim Seeperdjies Kleuterskool

Slim Seeperdjies Kleuterskool Waar ons vriendelike en intelligente kleuters kweek

🌸 Liewe Slim Seeperdjies-ouers 🌸Ons is baie opgewonde oor more -  ’n lekker dag vol lente, pret en piekniek-kuier! 🌷☀️🧺🌼...
31/08/2026

🌸 Liewe Slim Seeperdjies-ouers 🌸

Ons is baie opgewonde oor more - ’n lekker dag vol lente, pret en piekniek-kuier! 🌷☀️🧺

🌼 ONTHOU ASB: MÔRE IS ONS LENTE-PIEKNIEK! 🌼

🧺 Bring asseblief:
• Jou eie piekniekmandjie met eetgoedjies 🍎🥪
• ’n Kombers om op te sit 🧺
• ’n Lente-kroon wat elke maatjie self gemaak het 👑🌸

Kom ons maak dit ’n vrolike, kleurvolle dag en vier die begin van die lente saam! 🌷💜

Ons sien uit om almal môre te sien! ❤️

🌸 Gelukkige Vrouedag aan elke besondere vrou! 🌸Mag jy vandag onthou hoe kosbaar, sterk en spesiaal jy is. ❤️ Dankie vir ...
09/08/2026

🌸 Gelukkige Vrouedag aan elke besondere vrou! 🌸

Mag jy vandag onthou hoe kosbaar, sterk en spesiaal jy is. ❤️ Dankie vir die liefde wat jy gee, die verskil wat jy elke dag maak en die mooi mens wat jy is.

Mag jy vandag bederf word, waardeer word en sommer net ’n oomblik neem om trots te wees op jouself. 🌷

Jy is genoeg.
Jy is waardevol.
Jy is besonders. 💜✨

Gelukkige Vrouedag aan al die wonderlike vroue/mammas! 🌸💕

ONS IS SO GESEËNDBaie dankie aan elke ouer en juffrou wat vir ons gestem het. Ons is bederf met n cocomelon geskenk.Dank...
24/07/2026

ONS IS SO GESEËND
Baie dankie aan elke ouer en juffrou wat vir ons gestem het. Ons is bederf met n cocomelon geskenk.
Dankie MJL Kids store vir ons groot bederf😃🌈🩷💙

🌿🐞 Welkom terug by 'n splinternuwe kwartaal! 🦋🐝Ons is so opgewonde om weer saam met ons maatjies op n ontdekkingsreis te...
22/07/2026

🌿🐞 Welkom terug by 'n splinternuwe kwartaal! 🦋🐝

Ons is so opgewonde om weer saam met ons maatjies op n ontdekkingsreis te gaan! Ons eerste tema vir die kwartaal is Tuinbesoekers, en die klasse geniet dit ongelooflik baie om alles te leer oor die wonderlike wêreld van goggas – die diertjies wat kriewel, kruip en vlieg.

Elke dag ontdek ons iets nuuts terwyl ons kyk, vrae vra, speel en leer. Dit is heerlik om die maatjies se nuuskierigheid en opgewondenheid te sien groei soos hulle meer leer oor die klein diertjies wat ons tuine so spesiaal maak.

Ons sien uit na 'n kwartaal propvol pret, ontdekking en baie nuwe avonture! 🐛🕷️🦋

Onthou asb Vrydag, 24 Julie 2026, het ons n instappie

Slimmie se feite oor n leeu en olifant:🦁Leeu:"’n Leeu se gebrul is so hard dat dit baie ver gehoor kan word. Hy gebruik ...
23/06/2026

Slimmie se feite oor n leeu en olifant:

🦁Leeu:
"’n Leeu se gebrul is so hard dat dit baie ver gehoor kan word. Hy gebruik sy brul om vir ander leeus te sê: ‘Hier is ek!’"

🐘 Olifant:
"Olifante groet mekaar deur hul slurpe aan mekaar te raak, net soos ons vir mekaar hallo sê!"

💙 Gelukkige Vadersdag! 💙Aan al ons wonderlike pappas, baie dankie vir die liefde, leiding en ondersteuning wat julle elk...
21/06/2026

💙 Gelukkige Vadersdag! 💙

Aan al ons wonderlike pappas, baie dankie vir die liefde, leiding en ondersteuning wat julle elke dag aan julle kinders gee.

Julle speel 'n onskatbare rol in hul lewens en help om sterk fondasies vir hul toekoms te bou.

Mag julle 'n baie geseënde en spesiale vadersdag saam met julle geliefdes geniet.

Baie liefde
Slim Seeperdjies Kleuterskool span

Wat vertel Slimmie ons oor die week se tema, Allerhande voëls......👀😁Het jy geweet? Party voëls kan met een oog oop slaa...
17/06/2026

Wat vertel Slimmie ons oor die week se tema, Allerhande voëls......👀😁

Het jy geweet? Party voëls kan met een oog oop slaap sodat hulle steeds kan kyk vir gevaar

Wil jy graag vir jou kleuter die heel beste begin bied? 'n Voorsprong met 'n goeie fondasie?Kontak ons vandag nog om mee...
15/06/2026

Wil jy graag vir jou kleuter die heel beste begin bied? 'n Voorsprong met 'n goeie fondasie?

Kontak ons vandag nog om meer uit te vind oor ons pragtige, Afrikaanse kleuterskool, in die hartjie van Hartenbos.

𝐊𝐨𝐧𝐭𝐚𝐤 𝐨𝐧𝐬 𝐯𝐚𝐧𝐝𝐚𝐠!
084 645 6415

🌊✨Liewe Slim Seeperdjies-familieMet groot opgewondenheid wil ons aankondig dat ons kleuterskool binnekort na ’n nuwe per...
23/05/2026

🌊✨
Liewe Slim Seeperdjies-familie
Met groot opgewondenheid wil ons aankondig dat ons kleuterskool binnekort na ’n nuwe perseel verhuis! 🏡💙

Dieselfde liefdevolle sorg, warm atmosfeer en pret leerervarings — net in ’n nuwe en opwindende ruimte vir ons kleintjies om te groei en blom. 🌈🐠

Ons kan nie wag om hierdie nuwe avontuur saam met julle aan te pak nie!🫶✨

Liewe ouers 🌸Ons wil vir elkeen van julle ’n baie geseënde en vreugdevolle Paasnaweek toewens. Mag hierdie tyd gevul wee...
02/04/2026

Liewe ouers 🌸
Ons wil vir elkeen van julle ’n baie geseënde en vreugdevolle Paasnaweek toewens. Mag hierdie tyd gevul wees met liefde, rus en kosbare oomblikke saam met julle gesinne.

Geniet die langnaweek, bly asseblief veilig op die paaie en sorg goed vir mekaar. Ons sien daarna uit om die kleintjies weer met vrolike gesiggies terug te verwelkom!

Vriendelike groete
Slim Seeperdjies personeel

Address

Hartenbos

Opening Hours

Monday 07:00 - 16:30
Tuesday 07:00 - 16:30
Wednesday 07:00 - 16:30
Thursday 07:00 - 16:30
Friday 07:00 - 16:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Slim Seeperdjies Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category