Flink Wiskunde Klasse

  • Home
  • Flink Wiskunde Klasse

Flink Wiskunde Klasse Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Flink Wiskunde Klasse, Tutor/Teacher, Herbert Baker 124, Groenkloof, .

Tafelbase – Week 7 is in die sak! Graad 3 (65 bewerkings in 3 minute)🥇Erenst – 01:24 (al sy 7de keer!!)🥈Milé – 03:00 (1s...
26/05/2026

Tafelbase – Week 7 is in die sak!
Graad 3 (65 bewerkings in 3 minute)
🥇Erenst – 01:24 (al sy 7de keer!!)
🥈Milé – 03:00 (1ste keer)

Graad 5 (100 bewerkings in 2:50)
🥇Jessie – 02:26 (2de keer – baie goed!)

Graad 6
🥇George – 02:27 (5de keer)
🥈Tiani – 02:36 (6de keer)

Baie trots op julle almal! Elke sekonde vinniger is ’n groot oorwinning!
Hou so aan, julle sterre!

Graad 5Voel deling met 2-syfergetalle soms onmoontlik? Skryf altyd tot by die 10de veelvoud van die deler! Hoekom? Jy ka...
22/05/2026

Graad 5
Voel deling met 2-syfergetalle soms onmoontlik? Skryf altyd tot by die 10de veelvoud van die deler!

Hoekom? Jy kan hoofrekene gebruik om jou veelvoude vinnig te kontroleer.

Voorbeeld:
660 ÷ 18 → 18 × 10 = 180 is die 10de veelvoud!

Skielik is deling baie makliker!🤓

Tafelbase Week 6  Graad 2 (60 bewerkings in 5 min)🥇Joshua – 04:12 (2de keer)  Graad 3 (65 bewerkings in 3 min)🥇Erenst – ...
22/05/2026

Tafelbase Week 6
Graad 2 (60 bewerkings in 5 min)
🥇Joshua – 04:12 (2de keer)

Graad 3 (65 bewerkings in 3 min)
🥇Erenst – 02:06 (6de keer)
🥇Clarise – 02:06 (4de keer)
🥈Sebastian – 02:44 (5de keer)

Graad 4 (100 bewerkings in 2:50)
🥇Amelia – 01:30 (10de keer🔥)
🥈Marli – 02:43 (4de keer)

Graad 5 (100 bewerkings in 2:50)
🥇Isabeau – 02:47 (6de keer)
🥈Jozua – 02:50 (2de keer)
🥈Andreas – 02:50 (2de keer)

Fantasties gedoen, wiskunde-sterre! Hou aan oefen – die tafels word al hoe makliker!

Tafelbase Week 5 – Sterre skitter weer! Graad 2 (60 bewerkings in 5 min)🥇Joshua – 04:37 (1ste keer)  Graad 3 (65 bewerki...
08/05/2026

Tafelbase Week 5 – Sterre skitter weer!

Graad 2 (60 bewerkings in 5 min)
🥇Joshua – 04:37 (1ste keer)

Graad 3 (65 bewerkings in 3 min)
🥇Erenst – 02:00 (5de keer)

Graad 4 (100 bewerkings in 2:50)
🥇Retief – 01:54 (5de keer)

Graad 5 (100 bewerkings in 2:50)
🥇Isabeau – 02:27 (5de keer)
🥈Kliara-Mae – 02:50 (1ste keer)

Graad 6 (120 bewerkings in 2:50)
🥇Tiani – 02:49 (5de keer)

Baie, baie geluk aan almal! Elkeen van julle is ‘n wenner! Ouers, gee gerus vir hulle ‘n high-five by die huis – hulle het dit dubbel en dwars verdien!

🎉 TAFELBASE WEEK 4🎉Hierdie week het ons kampioene die somme laat rook!💨 En dit nog boonop in die vakansie ook!Graad 3 (6...
01/05/2026

🎉 TAFELBASE WEEK 4🎉
Hierdie week het ons kampioene die somme laat rook!💨 En dit nog boonop in die vakansie ook!

Graad 3 (65 bewerkings in 03:00)
🌟 Clarise – 02:28 (3de keer!)
En dit sommer die 6-maaltafel wat hulle nog nie eers by die skool geleer het nie! 🔥 Jy is ‘n ster!

Graad 5 (100 bewerkings in 2:50)
🌟 Alto – 02:47 (1ste keer! – Welkom hier!)
🌟 Isabeau – 02:33 (4de keer!)

Graad 6 (120 bewerkings in 2:50)
🌟 George – 02:41 (4de keer!)

D**k jy mamma en pappa sal dit so vinnig kan doen? 😉

✨TAFELBASE WEEK 3 – Kyk net hierdie sterre! ✨Graad 4 (100 bewerkings in 02:50)🏆Amelia – 01:40 (9de keer!!)🏆Reuben – 01:4...
01/05/2026

✨TAFELBASE WEEK 3 – Kyk net hierdie sterre! ✨

Graad 4 (100 bewerkings in 02:50)
🏆Amelia – 01:40 (9de keer!!)
🏆Reuben – 01:42 (3de keer!)
🏆Retief – 01:42 (4de keer!)
🏆Marli – 02:12 (3de keer!)
🏆Shelby – 02:31 (1ste keer – baie welkom!)

Graad 5 (100 bewerkings in 02:50)
🏆 Isabeau – 02:43 (3de keer!)

Graad 6 (120 bewerkings in 2:50)
🏆 Tiani – 02:48 (4de keer!)

Ek is só trots op julle almal!
Julle gee alles, julle groei elke week en julle wys sommer dat wiskunde ook opwindend kan wees!
Volgende week vat ons dit na die volgende vlak – is julle reg om nog vinniger te vlieg? 🚀🔥

✨ Tafelbase Week 2 – Spoedtoets sukses! ✨Vandag het ons Graad 5’s en Graad 6’s weer hul wiskundetafels in rekordtyd gedo...
20/04/2026

✨ Tafelbase Week 2 – Spoedtoets sukses! ✨
Vandag het ons Graad 5’s en Graad 6’s weer hul wiskundetafels in rekordtyd gedoen!

Graad 5 – 100 bewerkings in 2:50
🥇Jozua – 02:12 (1ste keer)
🥈Andreas – 02:48 (1ste keer)

Graad 6 – 120 bewerkings in 2:50
🥇George – 02:40 (3de keer)
🥈Tiani – 02:47 (3de keer)

Ek is ongelooflik trots op elke een van julle!
Volgende week gaan ons nog vinniger wees, hou maar dop!😉

10/04/2026
Ons stel met groot vreugde aan julle voor: Juffrou Elsabé Swart!Juffrou Elsabé het reeds vanaf die 1ste kwartaal ingespr...
08/04/2026

Ons stel met groot vreugde aan julle voor: Juffrou Elsabé Swart!

Juffrou Elsabé het reeds vanaf die 1ste kwartaal ingespring en gehelp met ’n Graad 6-klas, en vanaf die 2de kwartaal neem sy ook ’n Graad 5-klas oor. Die leerders en ouers het reeds haar rustige en deeglike onderrigstyl leer ken en waardeer.

Haar agtergrond:
Juffrou Elsabé hou die volgende kwalifikasies van die Universiteit van Pretoria:
• BA (Ed)
• BEd (Vakdidaktiek: Wiskunde)

Met meer as 30 jaar ondervinding in Wiskunde-onderrig, het sy onderrig gegee by:
• Hoërskool Monument (Krugersdorp) – 1988 tot 1991 (Gr. 8–12)
• Hoërskool Randburg – 1992 tot 1997 (Gr. 8–12)
• Helpmekaar Privaatskool – 1998 tot 1999 (Gr. 8–10)
• Laerskool Wonderboom – 2008 tot 2025 (Gr. 5–7)

Haar uitgebreide ervaring van laerskool tot hoërskool maak haar besonder sterk daarin om vir leerders ’n stewige grondslag te bou vir sukses in die hoër grade.
Ons is baie dankbaar om so ’n ervare en toegewyde Wiskunde-onderwyseres by ons span te verwelkom. Die kinders is in uitstekende hande!

Baie welkom by die Flink Wiskunde-familie, Juffrou Elsabé!
Ons is opgewonde om saam met jou te werk en te sien hoe ons leerders onder jou leiding groei.

Ons is baie opgewonde om ons nuutste juffrou by Flink Wiskunde bekend te stel!Welkom, Juffrou Annabel Kruger!Annabel nee...
08/04/2026

Ons is baie opgewonde om ons nuutste juffrou by Flink Wiskunde bekend te stel!

Welkom, Juffrou Annabel Kruger!

Annabel neem vanaf die tweede kwartaal Grondslagfase oor by Juffrou Irma Comrie.

Annabel het Alpha Wiskunde op skool voltooi en bring waardevolle onderrigervaring in Wiskunde saam. Sy hou ’n Diploma in Musiekonderwys en Musiekuitvoering van die Royal Schools of Music, asook die Kodály Internasionale Musiekonderwyskursus en Colourstrings-kursusse (viool en kleutermusiek). Haar agtergrond in musiek gee haar ’n besonder sterk begrip van kinderontwikkeling en hoe jong leerders op hul beste leer.

Sy is sedert 2021 ’n toegewyde vioolonderwyseres by Eduplex en privaat, waar sy groep- en individuele klasse aanbied. Sy het ook as privaat Wiskunde-tutor vir laerskoolleerders opgetree.

Wat Annabel egter besonders maak, is haar opregte liefde vir kinders en kinderontwikkeling. Sy glo dat ’n onderwyser in ’n sekere sin ’n student van elke kind moet word om die unieke benadering te ontdek wat die beste vir hul begrip en ontwikkeling werk.

Annabel is my niggie, en ek kan met groot trots en sekerheid sê: sy is die perfekte persoon om ’n soliede grondslag in Wiskunde by ons jong leerders te lê.

Ons is oortuig dat die kinders haar lesse sal geniet en dat hulle baie by haar sal leer en groei.

Baie welkom by die Flink Wiskunde-familie, Juffrou Annabel!
Ons kan nie wag om saam met jou te begin nie!

🚀 TAFELBASE🚀Laaste week van Kwartaal 1Graad 4 (100 bewerkings in 3 minute):🥇Amelia – 02:02 (al haar 8ste poging – jy’s a...
06/04/2026

🚀 TAFELBASE🚀
Laaste week van Kwartaal 1

Graad 4 (100 bewerkings in 3 minute):
🥇Amelia – 02:02 (al haar 8ste poging – jy’s absoluut aan die brand!)
🥈Marli – 03:00 (2de poging)

Graad 7 (120 bewerkings in 3 minute):
🥇Alice – 02:41 (2de poging)
🥈Marguerite – 02:56 (1ste poging)

Kyk hoe die tye al hoe beter word! Dit is presies wat gebeur wanneer jy aanhou oefen en nie opgee nie.

Baie, baie trots op julle almal! Julle vordering is duidelik en julle word al hoe vinniger en sterker in julle tafels. Hou so aan!

Address

Herbert Baker 124, Groenkloof

0181

Opening Hours

Monday 14:00 - 18:30
Tuesday 14:00 - 18:30
Wednesday 14:00 - 18:30
Thursday 14:00 - 18:30
Friday 09:00 - 16:00

Telephone

+27794282481

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Flink Wiskunde Klasse posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Flink Wiskunde Klasse:

Shortcuts

  • Want your school to be the top-listed School/college?

Share