ST. Mary's RC Primary

ST. Mary's RC Primary Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from ST. Mary's RC Primary, School, 23 Beer Street George, George.

Little Seeds 💚🌱 het op 16 Maart 2023 die voorreg gehad om 17 assistente en ñ maatskaplike hulpwerker, Leandri Lottering ...
20/03/2023

Little Seeds 💚🌱 het op 16 Maart 2023 die voorreg gehad om 17 assistente en ñ maatskaplike hulpwerker, Leandri Lottering van St Mary's (RK) Primêr, Beerstraat, Rosemoor, George op te lei om Leesgroepe te begin. Dankie Me Melanie Haupt vir al die nodige reëlings vir die opleiding en dat u die geleentheid gesien om die assistente verder te bemagtig.💚💚🌱🌱📚📚📚

Baie geluk aan al ons leerders wat verkies is tot die prefekteraad en baie geluk aan ons hoofleiers vir 2023: Hoofseun  ...
22/02/2023

Baie geluk aan al ons leerders wat verkies is tot die prefekteraad en baie geluk aan ons hoofleiers vir 2023:

Hoofseun : Charaaz Jansens
Hoofdogter : Sue Ann van Wyk
Onderhoofseun : Learin Baron
Onderhoofdogter : Lukaida Qhina

Voorspoed met die taak op hande.

May everyone experience the love and joy of Christmas.  Principal, staff and SGB
25/12/2022

May everyone experience the love and joy of Christmas.

Principal, staff and SGB

Geagte Ouers/VoogdeNeem kennis van die volgende belangrike inligting:Die St.Mary's Music Academy Christmas Concertse tyd...
05/12/2022

Geagte Ouers/Voogde
Neem kennis van die volgende belangrike inligting:

Die St.Mary's Music Academy Christmas Concert
se tyd verander na 18:00, weens beurtkrag.

Moenie hierdie een mis loop nie!📯🎼🎵🎤
Baie dankie,
St. Mary's

St.Mary's Music Academy Christmas ConcertPrys: R10Datum: 6 en 7 DesemberTyd: 19:00Waar: St.Mary's Skoolsaal200 plekke be...
02/12/2022

St.Mary's Music Academy Christmas Concert
Prys: R10
Datum: 6 en 7 Desember
Tyd: 19:00
Waar: St.Mary's Skoolsaal

200 plekke beskikbaar per aand.

Moenie hierdie een mis loop nie!📯🎼🎵🎤

28/11/2022

GRAADEPLEGTIGHEID_GRAAD R_2022👨‍🎓

18/11/2022

Ons wil net vir Meneer Muller en Juffrou Arries asook hulle leerlinge van St. Mary’s baie dankie sê vir die hulp wat hulle aan ons verleen het met die afrigting van die dans vir ons Graad 6 leerders tydens die debutante.

Ons waardeer dit so baie, en ons hoop julle het die blykie van waardering geniet. 💙

Graag wil St.Mary's (R.K) Primêr vir Romans pizza bedank vir die heerlike pizza wat elke opvoeder ontvang het by vandag ...
11/11/2022

Graag wil St.Mary's (R.K) Primêr vir Romans pizza bedank vir die heerlike pizza wat elke opvoeder ontvang het by vandag se Atletiek byeenkoms. Wat 'n groot bederf!

Wat ‘n wonderlike voorreg is dit om vandag, saam met ons leier, Mnr. L.J. Muller, sy geboortedag te kon vier. Mnr. Mulle...
09/11/2022

Wat ‘n wonderlike voorreg is dit om vandag, saam met ons leier, Mnr. L.J. Muller, sy geboortedag te kon vier.

Mnr. Muller, baie dankie vir u leiding, toegewydheid, kennis en liefde. Ons as die breë St Mary’s RK skoolfamilie bid Godsrykste seën op u lewe toe.

Mag God se liefde u ewig by bly en die genade van ons Vader met u wees tot in lengte van dae.

Geniet die res van u verjaarsdag en mag hierdie jaar wat u betree, die beste jaar ooit wees.

Veels geluk Mnr. Muller 🎂🥳

06/10/2022

Ons het met groot hartseer verneem dat twee van ons leerders, WAYDON en TENISHA DRAAI, in 'n brand gesterf het toe hulle huis afgebrand het. Ons betuig hiermee ons innige meegevoel en bid dat ons Hemelse Vader die familie sal omvou en vertroos. Ouers/Voogde, u word ook versoek om die familie in gebed te ondersteun. Bid veral vir die mammie wat nog in die hospitaal is.

Mag ons twee maatjies veilig by Jesus wees. Mag hulle siele in vrede rus. Ons gaan hulle mis ...

L. J. Muller
PRINSIPAAL

Address

23 Beer Street George
George
6530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ST. Mary's RC Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to ST. Mary's RC Primary:

Shortcuts

Share

Category