St Mary's RC Primary School- George

St Mary's RC Primary School- George St Mary’s (RK) Primêr Skool - George, Wes-Kaap , Suid -Afrika

Kwartaal 4 is hier ! 💙🙏🏽Ons laaste kwartaal van die jaar het aangebreek! Mag dit ’n kwartaal vol groei, harde werk, mooi...
05/10/2026

Kwartaal 4 is hier ! 💙🙏🏽

Ons laaste kwartaal van die jaar het aangebreek!

Mag dit ’n kwartaal vol groei, harde werk, mooi herinneringe en baie sukses wees!

Kom ons maak die laaste kwartaal ’n spesiale een! 🌟

Leer, Deel ,Groei 💙Ons is vandag trots om van ons onderwysers by die SGOS-konferensie te hê — as deelnemers en aanbieder...
05/10/2026

Leer, Deel ,Groei 💙

Ons is vandag trots om van ons onderwysers by die SGOS-konferensie te hê — as deelnemers en aanbieders! 📚

Baie dankie vir u toewyding en deelname.

📚🧮 Graad 1-opvoeders | Bala Wande-opleidingOns Graad 1-opvoeders het hierdie vakansie tyd afgestaan om Wiskunde Bala Wan...
30/09/2026

📚🧮 Graad 1-opvoeders | Bala Wande-opleiding

Ons Graad 1-opvoeders het hierdie vakansie tyd afgestaan om Wiskunde Bala Wande-opleiding by te woon vir hierdie week om hul kennis en vaardighede verder te ontwikkel.

Baie dankie vir julle opoffering, toewyding en bereidwilligheid om te leer en groei. 💙

Ons waardeer julle harde werk!

Beste ouers / voogde 💙Baie dankie vir u ondersteuning, liefde en betrokkenheid gedurende Kwartaal 3. Ons waardeer elke b...
23/09/2026

Beste ouers / voogde 💙

Baie dankie vir u ondersteuning, liefde en betrokkenheid gedurende Kwartaal 3. Ons waardeer elke bydrae en ondersteuning rondom ons skool en ons leerders opreg.
Ons bid dat elke leerder , ouer/voog gedurende hierdie vakansie sal veilig wees.

📚 Skool heropen: Dinsdag 6 Oktober 2026

Graad 7 Entrepreneursdag!💙Ons Graad 7’s het hul ondernemingsgees gewys en die dag met groot entoesiasme aangepak! 🍭Baie ...
13/09/2026

Graad 7 Entrepreneursdag!💙

Ons Graad 7’s het hul ondernemingsgees gewys en die dag met groot entoesiasme aangepak! 🍭

Baie dankie aan almal wat ons leerders ondersteun het!

11/09/2026

Nasionale Boekweek 💙📚

Van stories lees en luister, tot kreatief skryf en ons eie boekmerkies maak het ons leerders elke oomblik van Nasionale Boekweek geniet! 💙💛

Dit was vol verbeelding, kreatiwiteit en die wonderlike wêreld van boeke. 📖 Ons hoop om by elke leerder ’n liefde vir lees te kweek wat vir altyd sal bly!

Maak ‘n boek oop en ontdek ‘n wêreld vol wonder📚

Graad 7 Entrepreneursdag! 💙Ons Graad 7-leerders kry die geleentheid om tydens pouse hul eie lekkernye te verkoop! 🍿🧁🍭🍪Da...
09/09/2026

Graad 7 Entrepreneursdag! 💙

Ons Graad 7-leerders kry die geleentheid om tydens pouse hul eie lekkernye te verkoop! 🍿🧁🍭🍪

Daar sal ’n verskeidenheid heerlike lekkernye te koop wees.

Kom ons ondersteun ons jong entrepreneurs!

06/09/2026

🏉🏐 ’n GROOT DANKIE NA ’N WONDERLIKE SPORTDAG & BASAAR! 💙💛

Wat ’n ongelooflike dag vol sport, pret, lag en saamkuier!
Ons Sportdag & Basaar was ’n groot sukses, en dit is alles te danke aan die ongelooflike ondersteuning van ons ouers, leerders, personeel en hele skoolgemeenskap.

’n Spesiale DANKIE aan elke ouer wat vroeg opgestaan het, gehelp het, iets geskenk het, ons verkope ondersteun het en natuurlik ons leerders kom aanmoedig het. 💙 Julle ondersteuning beteken vir ons en ons kinders ongelooflik baie!

Baie dankie aan Rainbow Running Club vir die organisering van ons Colour Run! Dankie vir al julle moeite, energie en harde werk om dit vir ons leerders so ’n spesiale en kleurvolle ervaring te maak.

Ons is dankbaar. Ons is trots. Ons is St Mary’s! 💙💛

04/09/2026

Groente-week in Graad R! 🥕🌱

Ons Graad R-leerders het hierdie week hul handjies vuil gemaak en op ’n prettige, praktiese manier meer oor groente geleer.

Die tema het gefokus op self in die grond werk, waarom ons groente in beddings plant, verskillende soorte groente, asook hoe om saad te saai en te versorg. 🌱

Die hoogtepunt was toe elke leerder die geleentheid gekry het om hul eie klein plasie te maak.💛

En natuurlik kon ons nie die week afsluit sonder ’n heerlike groentepot-feesmaal nie! 🥕🥔🌽🥦 Wat ’n wonderlike manier om te leer dat kos nie net in winkels begin nie, maar van ’n klein saadjie in die grond groei.

’n Week vol leer, ontdekking, vuil handjies en groot glimlagte! 💛

02/09/2026

Pa & Dogter Aand 2026 💙

Gisteraand het ons ’n besonderse aand beleef saam met ons pa’s en dogters. 🌸 Die tema van die aand, “Hoe groei ek en my dogter as ’n eenheid”, het ons herinner aan die kosbare band tussen ’n pa en sy dogter, en hoe belangrik dit is om saam te groei, te leer en mekaar te ondersteun.

’n Spesiale dank aan ons gasspreker, Mnr. Gelderbloem van Youth for Christ – Kidstop, vir ’n inspirerende en betekenisvolle boodskap.

Aan elke pa wat die tyd gemaak het om hierdie spesiale aand saam met sy dogter deur te bring — baie dankie! Julle teenwoordigheid en betrokkenheid maak ’n blywende verskil in die lewens van julle dogters. 💕

Dankie aan almal wat gehelp het om die aand so spesiaal te maak. Ons koester die mooi herinneringe wat geskep is!

’n Aand vol liefde, lag, gesprekke en kosbare pa-en-dogter-herinneringe. 🌷💙

Address

23 B**r Street, Rosemoor
George
6530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when St Mary's RC Primary School- George posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to St Mary's RC Primary School- George:

Shortcuts

Share

Category