23/09/2026
💐🏫Vandag neem ons afskeid van Juffrou. P. Matthys, wat die afgelope 4 jaar met soveel toegewydheid en passie deel van die Parkdene Sekondêre Skool-familie was.
Hoewel ons haar ontsettend gaan mis, verstaan en gun ons haar hierdie nuwe hoofstuk van harte. Met haar familie in Ashton, was 'n groot deel van haar hart nog altyd daar, en ons is dankbaar dat sy nou dié nuwe geleentheid kan aangryp.
Mev. Matthys het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Sy is ’n uitsonderlike onderwyser wat ’n blywende impak op haar leerders en kollegas gemaak het. Ons weet sonder twyfel dat sy, waar sy haar ook al vind, dieselfde voortreflike diens sal lewer, passie sal saamdra en groot geluk sal vind.
Namens die hoof, personeel, beheerliggaam en leerders van Parkdene Sekondêre Skool:
Baie dankie vir jou harde werk, jou omgee en jou waardevolle bydrae oor die afgelope vier jaar.
Ons wens jou net die allermooiste en die allerbeste toe op jou pad vorentoe! 💛💙