24/09/2025
Erfenisdag – Vier jou storie
Op Erfenisdag vier ons die ryke erfenis van Suid-Afrika – ons tale, ons kultuur, ons musiek, ons kos en ook ons stories. Elke boek wat ons lees, elke storie wat ons deel, dra by tot die bewaring van ons erfenis en die bou van ’n toekoms vol kennis en begrip.
Wanneer kinders lees, ontdek hulle nie net nuwe wêrelde nie, maar leer hulle ook om trots te wees op hul eie wortels en respek te hê vir ander s’n. ✨
Laat ons vandag ons erfenis lees, skryf en leef – een storie op ’n slag.
01/09/2025