ALPHA PRIMêR

ALPHA PRIMêR Die Skool was begin deur die Anglikaanse kerk in 1906. Klasse was in die saal gehou wat deur die Baxter broers gefinansier was vir die kinders van slawe. In Mnr.

Die saal bestaan vandag nog op die kerkgronde van die Anglikaanse Kerk in Durbanville. Die kinders van Morningstar en Eveningstar het daar skool gegaan. Hierdie woonbuurt was geleë tussen Kerkstraat en Wellingtonweg. Dus waar die sakekern nou is. Die kleurlinge van hierdie woonbuurt was verskuif na die gebied waar Morningstar vandag is. Hulle het die gebied herdoop na Newtown. Tydens wêreldoorlog II was 'n skoolsaal gebou in Newtown. Slegs klasse nl. St.3 en 'n gekombineerde klas vir die St. 4, 5, en 6 was gebou. Dit was bekend as E.K Primêr. Mnr Carr was die prinsipaal vanaf Januarie 1942 tot Junie 1979. In hierdie tyd was die skool herdoop na Durbanville Laer. Pedro, die tweede prinsipaal se tydperk, Julie 1979 tot Junie 1992, was Durbanville Laer herdoop na Alpha Primêr. Vandag bedien die skool meer as 800 leerders en strek die skool vanaf Gr. R - Gr.9. Die skool beskik oor 28 klasse. Die skool bedien kinders uit die landelike omgewing en die voederskole is Vissershok, Blue Mountains, Klipheuwel, Attie van Wyk, The Valley en Trevor Manuel. Leerders kom so ver as Du Noon om die skool by te woon.

'n Nuwe gedeelte (dubbelverdiepinggebou) was geopen in 1980 deur Mnr. J.F. Rauch Adjunk-Direkteur van Onderwys. 'n Saal was gebou in 2002 en vir die eerste keer kon die leerders tydens byeenkomste in 'n gebou byeenkom.

07/09/2026
Braaibord bestellings!! Kaartjies te koop by die skool, moenie uitmis op ‘n lekker braaibord! Koop genoeg kaartjies vir ...
05/09/2026

Braaibord bestellings!!

Kaartjies te koop by die skool, moenie uitmis op ‘n lekker braaibord! Koop genoeg kaartjies vir die hele familie om teleurstelling te voorkom.

Onthou om Maandag, 7 September 2026, u kaartjies te koop.

Baie dankie aan al die ouers wat reeds kaartjies gekoop het!

In jou bene is daar herlewingVyf van Alpha se landlope atlete Noah April, Austin Papier, Reeva White, Tiffany Prins en C...
16/08/2026

In jou bene is daar herlewing

Vyf van Alpha se landlope atlete Noah April, Austin Papier, Reeva White, Tiffany Prins en Chaney Wessels het die skool trots gemaak met hul deelname in die Cross Country Championships. Dit het Saterdag, 15 Augustus te Northlink College, Tygerberg kampus, Panorama plaasgevind. ʼn Dag wat mistig begin het, het in ʼn mooi, sonnige wintersdag uitgedraai. ʼn Dag waar oud en jonk hul hardloop vaardighede behoorlik ten toon gestel het. Alhoewel ons atlete nie onder die top 6 deurgekom het nie, het hulle ons skool verteenwoordig en hul beste gegee. Ons is trots op hulle.

Vir Noah, Austin, Tiffany en Chaney is dit ook hul laaste wedloop as deel van die Junior Landlope skoolspan. Dis nie almal wat op so ʼn wyse ʼn sportkode kan uittreë nie. Ons glo dat hulle beter in die toekoms sal vaar, want God wat lewe in droë bene kon blaas, aan hulle die talent gegee het.

Tot ‘n volgende keer.

Mooi loop

Beste ouersOns doen tans fondsinsameling en vra graag elke ouer se ondersteuning. 🙏 Elke ouer is verplig om ten minste t...
15/08/2026

Beste ouers

Ons doen tans fondsinsameling en vra graag elke ouer se ondersteuning. 🙏 Elke ouer is verplig om ten minste twee kaartjies te neem.

Almal is welkom om bestellings te plaas, so moedig gerus familie, vriende en kennisse aan om ook te bestel. 😊 Ouers kan hul borde by die skool kom afhaal tussen 15:00 en 18:00 wanneer die bestellings gereed is.

Elke bestelling maak ’n groot verskil! Kom ons werk saam en ondersteun ons skool en ons kinders. 💛❤️Baie dankie vir elke ouer se ondersteuning en samewerking!

Beroepsklub Bekendstelling – Wat 'n besondere dag by Alpha Primêr!Vandag het ons amptelik ons Beroepsklub bekendgestel –...
29/07/2026

Beroepsklub Bekendstelling –

Wat 'n besondere dag by Alpha Primêr!

Vandag het ons amptelik ons Beroepsklub bekendgestel – 'n inisiatief wat daarop gemik is om ons leerders bloot te stel aan 'n verskeidenheid beroepe en hulle te inspireer om groot te droom oor hul toekoms.

Ons opregte dank aan ons gassprekers wat hul tyd, kennis en ervaring met ons leerders gedeel het. Julle passie en bereidwilligheid om in ons kinders te belê, het hierdie dag werklik spesiaal gemaak.

Baie dankie ook aan ons ouers, personeel en almal wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak. Julle ondersteuning word opreg waardeer.

Ons hoop dat elke leerder vandag met nuwe drome, groter inspirasie en meer selfvertroue huis toe is.

🌈 Kleur jou Toekoms

Die El Shaddai Netbalfees het skole soos Alpha Primêr, Parow Valley Primêr, Ark, Hebron, El Shaddai en Fisantekraal Laer...
16/05/2026

Die El Shaddai Netbalfees het skole soos Alpha Primêr, Parow Valley Primêr, Ark, Hebron, El Shaddai en Fisantekraal Laerskool byeengebring vir ’n opwindende dag van netbal, energie en pret.

Alpha Primêr het uitstekende prestasies deur die fees gelewer. Die Onder 8-span het trots die tweede plek behaal, terwyl die Onder 10-span eerste plek verower het en die toernooi-trofee huis toe geneem het. Die Onder 12-span het ook eerste plek behaal en hul trofee vir die toernooi gewen.

O/8 Chanté Engelbrecht neem die prys vir onder 8 doel van die dag.

Die dag was gevul met spanwerk, goeie sportmangees, opgewondenheid en onvergeetlike herinneringe vir al die spelers en ondersteuners wat deelgeneem het.

Bestel by u kind se onderwyser!
29/04/2026

Bestel by u kind se onderwyser!

Neem asb kennis vir alle leerders wat bus ry.
29/04/2026

Neem asb kennis vir alle leerders wat bus ry.

Address

H/v Skool/en Kerkstraat
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27219761493

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ALPHA PRIMêR posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to ALPHA PRIMêR:

Shortcuts

Share