Huis Aristea

Huis Aristea Huis Aristea is op 14 April 1975 amptelik ingewy. Die naam Huis Aristea kom van 'n aristeablom wat vandag nog hier in Durbanville naby die renbaan groei.

Huis Aristea is 'n program van Badisa.

🔥🍲 DIE POTTE IS REG VIR SATERDAG! 🍲🔥Die spanning bou… die kole gloei… die deksels bly toe… en die geheime resepte word s...
06/10/2026

🔥🍲 DIE POTTE IS REG VIR SATERDAG! 🍲🔥
Die spanning bou… die kole gloei… die deksels bly toe… en die geheime resepte word streng bewaak! 😜
Ons het hierdie Saterdag ’n fantastiese verskeidenheid potjies wat julle beslis nie wil misloop nie! Van lamskenkel en lamsboud tot beesstert, wild, hoenderkerrie en selfs ’n lekker kerrie-afvalpot. 🤤
🏆 Wie gaan met die titel van POTJIEKOSKONING wegstap?
👀 Wie se pot gaan die mense laat terugkom vir nóg ’n skeppie?
🔥 En wie gaan almal se geheime resep probeer steel? 😂
Van ons A-team tot Jaco Ka’laari, Jesse, Esther, Bertie en al die ander potjiekokke — julle het ons behoorlik lus gemaak!
SATERDAG is POTJIEKOSDAG! 🎉
Kom kook, kuier, eet, lag en maak ’n verskil saam met ons by Huis Aristea.
❤️ Ons sien julle daar!

'laari

📅 Wat is Saterdag 10 Oktober op jou program?Ons hoop van harte dit is Huis Aristea se BASAAR & POTJIEKOSKOMPETISIE! 🎉🥘❤️...
06/10/2026

📅 Wat is Saterdag 10 Oktober op jou program?

Ons hoop van harte dit is Huis Aristea se BASAAR & POTJIEKOSKOMPETISIE! 🎉🥘❤️

Kom kuier saam en bederf jouself met ’n heerlike potjie-ete — slegs R80 per ete!

🥘 Skaapboudpot
🥘 Skaapskenkelpot
🥘 Seekospot
🥘 Beesstertpot
🥘 …en nog vele meer!

🤤 Kry jou ete-kaartjie betyds! Moenie wag tot die potte leeg is nie!

📞 Kontak Huis Aristea en maak seker jou kaartjie is in jou hand - 021 976 3166 of [email protected] .

Bring jou familie, nooi jou vriende en kom geniet ’n heerlike dag vol kos, kuier en basaarpret.

❤️ Elke ete wat jy koop, help ons om ’n verskil in die lewe van ons inwoners te maak.

🔥 10 OKTOBER — MOENIE DIT MIS NIE!
Kom kook. Kom kuier. Kom eet. Kom maak ’n verskil!

🌸 Van kamermaats tot suster-wees 🌸’n Toevallige ontmoeting as kamermaats in die siekeboeg… en wie sou kon dink dit sou u...
05/10/2026

🌸 Van kamermaats tot suster-wees 🌸
’n Toevallige ontmoeting as kamermaats in die siekeboeg… en wie sou kon dink dit sou uitloop op een van die mooiste vriendskappe? ❤️
Tussen siekdae, gesprekke, laggies en ’n bietjie omgee, het twee mense mekaar gevind — en ’n spesiale band het gegroei.
Want soms bring die lewe jou op onverwagte plekke bymekaar, net om vir jou ’n suster vir die lewe te gee. 🥰
Van kamermaats in die siekeboeg tot vriendinne wat mekaar se hand vashou — dit is die mooi van Huis Aristea. 💕

🌸 Vier die klein mylpale… want eintlik is hulle GROOT! 🌸Van nie te kan loop nie tot vandag se eerste tree self eetsaal t...
04/10/2026

🌸 Vier die klein mylpale… want eintlik is hulle GROOT! 🌸
Van nie te kan loop nie tot vandag se eerste tree self eetsaal toe – met krukke. 🩷
Dit lyk dalk vir ander soos net ’n paar treë… maar ons weet: elke tree is ’n oorwinning. 👣
Met moed, deursettingsvermoë en ’n bietjie ondersteuning kom ’n mens verder as wat jy dink.
By Huis Aristea vier ons nie net die groot oomblikke nie. Ons vier elke tree, elke poging en elke klein oorwinning. 🥰
Want soms is “ek het self tot by die eetsaal geloop” die grootste prestasie van die dag! ❤️
Stap vir stap. Tree vir tree. Ons vier saam. 🌷

🎉 OKTOBER HET AANGEBREEK… EN DIE AFTELTYD IS AAN! 🎉Dis BASAAR- en POTJIEKOSTYD by Huis Aristea! 🥘🛍️❤️🔥 MOENIE NET VAN ON...
03/10/2026

🎉 OKTOBER HET AANGEBREEK… EN DIE AFTELTYD IS AAN! 🎉

Dis BASAAR- en POTJIEKOSTYD by Huis Aristea! 🥘🛍️❤️

🔥 MOENIE NET VAN ONS BASAAR HOOR NIE — KOM WEES DEEL DAARVAN!

Bring jou familie. Nooi jou vriende. Kry jou kollegas bymekaar. Kom snuffel, koop, kuier, eet en geniet ’n heerlike potjie!

📅 Saterdag, 10 Oktober 2026
⏰ Vanaf 08:00
📍 Huis Aristea, 5 Queenstraat, Durbanville

❤️ Elke besoek, elke aankoop en elke bydrae help ons om vir ons inwoners ’n veilige, warm en liefdevolle tuiste te bied.

👉 Maak ’n plan. Merk 10 Oktober op jou kalender. Bring jou mense saam. 👉 Ons wag vir JOU!

Kom kook. Kom kuier. Kom maak ’n verskil.
🌸 Huis Aristea se Basaar & Potjiekos — 10 Oktober! 🌸

✨ ONS RAADSAAL TREK ’N NUWE BAAJIE AAN! ✨Weg met die ou en afgeleefde… en in met die nuwe, mooi, ligte en moderne! 🌿✨Ons...
02/10/2026

✨ ONS RAADSAAL TREK ’N NUWE BAAJIE AAN! ✨

Weg met die ou en afgeleefde… en in met die nuwe, mooi, ligte en moderne! 🌿✨

Ons Raadsaal het ’n splinternuwe voorkoms gekry — ligter, meer modern en funksioneel, met die toekoms in gedagte. ’n Ruimte waar mense gemaklik kan bymekaarkom, vergader, beplan en saamwerk. 💚

En die beste van alles? Hierdie fasiliteit is beskikbaar vir gebruik deur die publiek teen ’n donasie. 🙌

👥 Ons kan gemaklik tot 16 persone akkommodeer.
🌟 Navrae: 021 976 3166 of [email protected]

☕️ Queen Café, reg voor die Raadsaal, is ingerig as ’n heerlike verversingsarea waar koffie, tee en iets lekkers geniet kan word tydens ’n vergadering of byeenkoms.

’n Mooi, praktiese ruimte — reg vir nuwe idees, nuwe gesprekke en nuwe geleenthede. 🌸

📍 Huis Aristea, Queenstraat 5, Durbanville

Ons bou nie net vir vandag nie — ons maak plek vir môre. 💚

🌸💙 INTERNATIONAL DAY OF OLDER PERSONS | 1 OKTOBER 💙🌸Vandag vier ons nie net ouderdom nie — ons vier lewensverhale. ✨Ons ...
01/10/2026

🌸💙 INTERNATIONAL DAY OF OLDER PERSONS | 1 OKTOBER 💙🌸
Vandag vier ons nie net ouderdom nie — ons vier lewensverhale. ✨
Ons vier die mense wat paaie geloop het voordat ons dit aangedurf het. Die mense wie se hande gewerk, gebou, versorg en liefgehad het. Die mense wat vir ons wys dat elke lewensfase sy eie mooi het. ❤️
By Huis Aristea is ons bevoorreg om elke dag saam met ons inwoners te leef, te lag, te luister en te leer.
Hulle herinner ons daaraan dat ouderdom nie beteken dat die lewe ophou nie — dit beteken dat daar nog soveel is om te deel, te geniet en te vier. 🌷
🌿 Elke mens. Elke ouderdom. Elke bydrae maak saak.
Vandag sê ons vir ons inwoners:
Dankie vir julle stories.
Dankie vir julle wysheid.
Dankie vir julle liefde.
Dankie dat julle Huis Aristea se hart is. 💙
Ons eer vandag die verlede, geniet die hede en bou saam aan ’n toekoms waarin elke ouderdom behoort.
🌸 Huis Aristea – Ons Omgee.
Same in elke seisoen van die lewe.
Simply the best! 💙🌿

🎉 Oktobermaand het aangebreek! 🎉En almal weet wat dit beteken… dis BASAAR- en POTJIEKOSTYD! 🥘🛍️❤️Ons tel die dae af na 1...
01/10/2026

🎉 Oktobermaand het aangebreek! 🎉

En almal weet wat dit beteken… dis BASAAR- en POTJIEKOSTYD! 🥘🛍️❤️

Ons tel die dae af na 10 Oktober toe! ⏰🎊
Die potjies word reggeskuif, die basaargees begin posvat en die opgewondenheid bou op!

📅 10 Oktober 2026
📍 Huis Aristea, 5 Queenstraat, Durbanville
⏰ Vanaf 08:00

Kom kook, kuier en maak ’n verskil! 🌸

Wie sien ons daar? 🙌😄

🎪💗 ONS IS SO OPGEWONDE EN DANKBAAR! 💗🎪Ons kan dit amper nie glo nie – CAPE TENTS gaan ons weer vanjaar help met ’n wonde...
30/09/2026

🎪💗 ONS IS SO OPGEWONDE EN DANKBAAR! 💗🎪
Ons kan dit amper nie glo nie – CAPE TENTS gaan ons weer vanjaar help met ’n wonderlike tent vir ons Basaar & Potjiekoskompetisie! 🙌🥳
Dit beteken net een ding… ons kan lekker kuier, lag, eet en saam feesvier – ongeag die Kaapse weer! 😜🌦️
’n Reuse DANKIE aan Cape Tents vir julle ondersteuning en om deel te wees van die Huis Aristea-familie. Julle help om van ons basaar ’n dag te maak waarna almal uitsien! ❤️
10 Oktober 2026 | vanaf 08:00
📍 Queenstraat 5, Durbanville
Kom kuier saam met ons – ons maak plek vir almal onder die tent! 🎪❤️

'laari

🌼💛 GEEL SPELDEKUSSINGS HELDER ONS DAE OP! 💛🌼Soms bring die lewe mense en mooi dinge op presies die regte tyd oor ons pad...
29/09/2026

🌼💛 GEEL SPELDEKUSSINGS HELDER ONS DAE OP! 💛🌼
Soms bring die lewe mense en mooi dinge op presies die regte tyd oor ons pad… daar is nie iets soos toevallig nie. ✨
Ons is besonder bevoorreg dat ’n geliefde skoolmaat van ons bestuurder, Mev. Monice Brand, steeds deel is van haar lewe.
Heide Slabber bestuur die veldblomme se verbouing en verpakking op die plaas, en toe sy voel dat Monice en Huis Aristea ’n bietjie ekstra kleur en sonskyn nodig het, het sy gesorg dat hierdie pragtige geel speldekussings ons dae kom ophelder. 🌼💛
’n Mens kan nie anders as om te glimlag wanneer hierdie helder geel blommetjies oral om jou is nie. Hulle bring kleur, vreugde en sommer net ’n bietjie ekstra liefde saam met hulle. 🥰
En die mooiste deel? Julle kan ook van hierdie prag op die plaas gaan koop!
🌼 Morgenster Protea Plaas
📍 Helshoogtepad, Banhoekvallei, Stellenbosch
🌸 Pakstoor oop vir die publiek:
Maandag – Vrydag
08:00–12:00
14:00–17:00
📞 Kontak Heide: 071 688 9898 om beskikbaarheid op die vloer te bevestig indien nodig.
Dankie, Heide, dat jy ’n bietjie van die veld se sonskyn na Huis Aristea gebring het. 💛🌼
Want soms is ’n blommetjie nie net ’n blommetjie nie… dit is ’n herinnering dat mooi dinge steeds op ons pad kom. 🌿✨


Address

5 Queen Street
Durbanville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Huis Aristea posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Huis Aristea:

Shortcuts

Share