02/09/2026
GELUKKIGE SEKRETARESSEDAG!
Vandag bring ons besondere hulde aan die ongelooflike dames wat die hart van Hoërskool Despatch se administrasie vorm:
Magda Grassmann
Louise de Ridder
Zoë Mintoor
Chantelle Delport
Elsa Barnard
Baie dankie vir julle toewyding, vriendelikheid en vir die positiewe invloed wat julle elke dag op ons leerders, personeel, ouers en die breër skoolgemeenskap uitoefen. Julle is dikwels die eerste vriendelike stem wat mense hoor, die eerste glimlag wat hulle begroet en die mense wat agter die skerms sorg dat ons skool vlot funksioneer.
Julle harde werk en onmisbare bydrae gaan nie ongesiens verby nie. Ons waardeer elkeen van julle opreg!
Mag julle ’n wonderlike en geseënde Sekretaressedag beleef. Dankie dat julle help om Hoërskool Despatch se lig elke dag helder te laat brand.
Gelukkige Sekretaressedag! Julle word opreg waardeer.