Explorare Deum

Explorare Deum Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Explorare Deum, Education Website, Delmas.

n Kaalvoet, Christelike leer ruimte vir Graad Rโ€“3 ๐ŸŒณ
Ons ondersteun tuisskool families wat Impaq, Nukleus, Oasis of Kaalvoetpret kies, met ruimte vir geloof, natuur, spel en kreatiewe kinderjare

Nog 'n week om God se skepping te ontdek ๐Ÿ™๐Ÿป๐Ÿ’Ž๐Ÿช™โ›๏ธ
24/08/2026

Nog 'n week om God se skepping te ontdek
๐Ÿ™๐Ÿป๐Ÿ’Ž๐Ÿช™โ›๏ธ

Hierdie week het ons die wรชreld van reptiele โ€™n bietjie nader bekykโ€ฆ ๐ŸฆŽ๐Ÿ๐ŸŠVan skubberige vriende tot interessante feite, d...
23/08/2026

Hierdie week het ons die wรชreld van reptiele โ€™n bietjie nader bekykโ€ฆ ๐ŸฆŽ๐Ÿ๐ŸŠ

Van skubberige vriende tot interessante feite, die kinders het geleer, ontdek en natuurlik ook seker gemaak hulle bly mooi op hoogte met hul eie akademiese werk. ๐Ÿ“–

Maar hoe werk Explorare Deum eintlik?

Ons is โ€™n Christelike homeschool tutoring en ondersteuningsentrum waar kinders saam leer waar dit sin maak, maar steeds die vryheid het om hul eie homeschool pad te volg.

Sekere vakke en studies doen ons as โ€™n groep saam:
๐Ÿ“– Bybelstudie
๐ŸŒฑ Natuurstudie
๐ŸŽถ Musiekstudie
๐ŸŽจ Kunswaardering
๐Ÿ“š Gedigte en poรซsie

Daarna kry elke kind tyd om aan sy of haar eie akademiese program te werk.

Ons het tans kinders wat verskillende kurrikulums gebruik, onder andere Impaq, Nukleus, The Good and the Beautiful, Kaalvoetpret en Oasis.

En eerlik? Dit is presies waarvan ons hou. ๐ŸคŽ

Julle hoef nie julle homeschool pad te verander om by Explorare Deum in te pas nie, ons probeer eerder ons ondersteuning rondom julle bestaande pad bou.

Sommige kinders kom vir langer dae, ander vir korter dae.

Sommige kom meer dae per week, ander minder.

Want ons glo nie een standaardroetine werk vir elke kind of elke gesin nie.

En wanneer die werk klaar is?

Dan gaan ons buitentoe vir speel. ๐ŸŒฟ

Want kinders is nie net klein mense wat werkvelle moet voltooi nie.

Hulle moet ook beweeg, ontdek, speel, vuil word, wonder en asemhaal. ๐ŸคŽ

Sommige konsepte leer kinderd net beter deur dit self te ervaar. ๐Ÿง Natuurstudie is een van daardie areas wat jy moet erva...
21/08/2026

Sommige konsepte leer kinderd net beter deur dit self te ervaar. ๐Ÿง 

Natuurstudie is een van daardie areas wat jy moet ervaar! ๐ŸŒณ๐Ÿฆ๐ŸŒ

Om oor die seisoene te leer, gaan ons buite en beleef ons die verskille tussen die seisoene.

Om oor grond te leer, grou ons ons hande in die grond.

En hierdie week, terwyl ons oor reptiele geleer het, het ons danksy Eco Pilots omgewingsopvoedingprogram die wonderlike geleentheid gehad om regte reptiele van naby te ervaar. ๐Ÿ๐ŸฆŽ

Met โ€™n ervare aanbieder wat die inligting op โ€™n praktiese, ouderdomsgepaste en interessante manier oorgedra het, het die kinders nie net oor reptiele geleer nie, hulle het dit beleef.

En dit is presies hoekom ons glo leer behoort meer as net werkboeke en feite te wees. ๐Ÿ“–๐Ÿ–๐Ÿผ

Leer deur God se skepping eerstehands te ontdek. โœจ

โ€™n Week vol voรซls, vere & klein ontdekkings! ๐Ÿฅš๐Ÿชถโ€œKyk na die voรซls van die hemelโ€ฆโ€ โ€“ Matteus 6:26 ๐Ÿฆ‰๐Ÿฆ
15/08/2026

โ€™n Week vol voรซls, vere & klein ontdekkings! ๐Ÿฅš๐Ÿชถ

โ€œKyk na die voรซls van die hemelโ€ฆโ€ โ€“ Matteus 6:26 ๐Ÿฆ‰๐Ÿฆ

Hierdie week leer ons oor die wonderlike wรชreld van voรซls ๐Ÿฆ‰๐Ÿฆœ๐Ÿฆ…๐Ÿ“
11/08/2026

Hierdie week leer ons oor die wonderlike wรชreld van voรซls
๐Ÿฆ‰๐Ÿฆœ๐Ÿฆ…๐Ÿ“

Vandag het ons die klaskamer veruil vir โ€™n plaas. ๐Ÿ‘๐Ÿ‡๐ŸšœOnder die pret was daar soveel aan die gebeur...Kinders was besig o...
07/08/2026

Vandag het ons die klaskamer veruil vir โ€™n plaas. ๐Ÿ‘๐Ÿ‡๐Ÿšœ

Onder die pret was daar soveel aan die gebeur...

Kinders was besig om empatie te ontwikkel terwyl hulle leer hoe om โ€™n diertjie sag te hanteer. Hulle het geduld en respek vir grense geleer toe die skape nie wou nader kom nie. Hulle het hul sintuie, grootmotoriese vaardighede, taal en waarneming gebruik sonder dat dit ooit soos โ€™n โ€œlesโ€ gevoel het.

Want kinders leer nie net wanneer hulle by โ€™n tafel sit met โ€™n werkboek voor hulle nie.

Hulle leer veral wanneer hulle iets ervaar in die baie groot wรชreld.

Vandag het ons dalk net โ€™n plaas besoek.

Maar vir โ€™n kind was dit โ€™n hele wรชreld om te ontdek. ๐ŸŒพ

As hierdie vir jou soos chaos lyk, is jy waarskynlik nie die teikenmark nie ๐Ÿ˜‰
05/08/2026

As hierdie vir jou soos chaos lyk, is jy waarskynlik nie die teikenmark nie ๐Ÿ˜‰

Gewortel in God se woord ๐ŸŒฑ๐Ÿ“–
04/08/2026

Gewortel in God se woord
๐ŸŒฑ๐Ÿ“–

Week 26 ๐Ÿฆ‹๐ŸŒพ๐Ÿฆ…๐Ÿชฑ๐Ÿ†
03/08/2026

Week 26 ๐Ÿฆ‹๐ŸŒพ๐Ÿฆ…๐Ÿชฑ๐Ÿ†

Week 25 by Explorare Deum! ๐Ÿ‘๐Ÿ‘๐Ÿ”ŽOns glo die beste leer gebeur wanneer kinders die vrymoedigheid het om vrae te vra, te ond...
03/08/2026

Week 25 by Explorare Deum!
๐Ÿ‘๐Ÿ‘๐Ÿ”Ž

Ons glo die beste leer gebeur wanneer kinders die vrymoedigheid het om vrae te vra, te ondersoek, te bou, te lees, te lag en self te ontdek.

Vertel ons: Watter tipe aktiwiteite geniet jou kind die meeste?
๐Ÿงฑ Bou
๐Ÿ“š Lees
๐ŸŽจ Teken
๐Ÿ”ฌ Eksperimente

Laat weet gerus in die kommentaar, ons hoor graag!

Address

Delmas
2210

Telephone

+27735281572

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Explorare Deum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share