09/08/2026
🌷 Gelukkige Vrouedag! 🌷
Vandag vier ons al die besonderse vroue, spesiaal in ons Laastedrif Skool-gemeenskap – ons mammas, oumas, opvoeders, versorgers en elke vrou wat met liefde, krag en opoffering ’n verskil maak. ❤️
Dankie vir alles wat julle doen, ook die klein dinge wat soms ongemerk verbygaan. Julle liefde en invloed help om ons kinders te vorm en ons gemeenskap sterker te maak.
Ons sien julle. Ons waardeer julle. Ons vier julle. 💐