VLU De Nuit

VLU De Nuit Gemaklike vrouegroep wat ongeveer maandeliks op ‘n Saterdag vergader vir eie ontwikkeling en samesyn.

VLU DE NUIT TAK.Op 20 Junie het ons ‘n wonderlike suksesvolle opedag geniet met    as kunstenaar.Daar is gekook, geproe ...
21/06/2026

VLU DE NUIT TAK.
Op 20 Junie het ons ‘n wonderlike suksesvolle opedag geniet met as kunstenaar.Daar is gekook, geproe en baie gelag😂 Ons het aan Willie se lippe gehang met sy mooi stories, liedjies en grappies . Dankie aan al die lede - ons hele span.
Dankie ook aan al ons besoekers uit , en ons ander vriende wat teenwoordig was - ons was tjok-en-blokvol. Wat ‘n lieflike gehoor. Dit was ‘n geleentheid om op trots te wees!

https://www.facebook.com/reel/1567973764684387/

17/05/2026

Saterdag 16 Mei.
Ons geniet die filodeegsessie onder leiding van Marie-Louise


Nou is ons baie slim. Marie-Louise het al ons onsekerheid met die gebruik van filodeeg vandag uitgewis. Ons het gekyk, g...
16/05/2026

Nou is ons baie slim.
Marie-Louise het al ons onsekerheid met die gebruik van filodeeg vandag uitgewis. Ons het gekyk, gevra, gehelp, geproe.
Wat ‘n heerlike aanbieding!
Dankie vir die heerlike samesyn en leergeleentheid.


Ag hoe lekker. Ons het te heerlik vergader vanoggend. Mariëtha - appliek met n verskil - was so inspirerend. Daar is iet...
18/04/2026

Ag hoe lekker. Ons het te heerlik vergader vanoggend.
Mariëtha - appliek met n verskil - was so inspirerend. Daar is iets vir elkeen.
Welkom aan ons nuwe lede. Ons is almal op soek na iets meer as ons daaglikse eise.
Dankie Ronel en Carl vir julle huis se gebruik en julle besondere gasvryheid.
Dankie Kobie en Sonja - tipies van my (Nelie) het ek alles afgeneem behalwe die lekker eetgoed.
Maar ons foto’s spreek boekdele.
Kreatiwiteit is lekker.


Ons De Nuit is vandag 27 jaar gelede gestig. Dit het begin as ‘n aandtak vir vroue wat buitenshuis werk. Nou is ons ‘n S...
08/02/2026

Ons De Nuit is vandag 27 jaar gelede gestig.
Dit het begin as ‘n aandtak vir vroue wat buitenshuis werk.
Nou is ons ‘n Saterdag-tak en ons doen lekker dinge om aan die gejaagdheid van die lewe te ontsnap.

Die blomme is vir elkeen wat oor tyd ‘n rol gespeel het.

Wat is volgende?
Saterdag 21 Februarie. Papiermosaiek. Kom kyk en leer.
Kontak ons gerus. Epos: [email protected]

Die blomme is ook vir jou wat nog deel gaan word!

Wie’s wie op die bestuur van Vlu De Nuit.Van links na regs voor: Mariandl Pelser - skakelbeampte, Ada Bester - kompetisi...
25/01/2026

Wie’s wie op die bestuur van Vlu De Nuit.
Van links na regs voor: Mariandl Pelser - skakelbeampte, Ada Bester - kompetisiesameroeper.
Agter: Nelie Viljoen-Toet - voorsitter, Kobie du Toit - vise en tesourier, Blanché Verster - sekretaresse.
Baie dankie aan die span en al die lede.
Saam neem ons VLU en al die lekkertes vorentoe.

Address

No 13, Central Office Park, Jeanlaan 257
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VLU De Nuit posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to VLU De Nuit:

Shortcuts

Share