13/07/2022
🌟WKOD Kontrakpos - Graad 4🌟
Hierdie kontrakbetrekking is in die Intermediêre Fase. Kandidate met ervaring in Graad 4 mag voorkeur geniet, maar sal nie noodwendig bevoordeel word nie.
Die tydperk is voorlopig vanaf 19 Julie tot 30 September 2022. Kandidate moet aan die volgende vereiste kriteria voldoen:
Verpligte volledige Onderwys kwalifikasie
Onderrigmedium is Afrikaans
Kandidate word aangemoedig om aansoek te doen met die volgende vereiste dokumente:
‘n Kort aansoekbrief
Opgedateerde CV
SARO sertifikaat of bewys van aansoek
Gesertifiseerde afskrif van ID
Bewys van kwalifikasies
Referente/Getuigskrif
Die sluitingsdatum is Maandag 18 Julie 2022 om 10h00 stiptelik. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie. Aansoeke kan fisies by die skool ingehandig word of per epos gestuur word na: [email protected] of ook [email protected]
Sou u teen Dinsdag 19 Julie 2022 geen terugvoering ontvang nie, aanvaar asseblief respekvol dat u aansoek onsuksesvol was.