01/05/2026
My passie en liefde vir kultuur is alreeds kleintyd gekweek met gedigte, prosa en ballet. Die redenaars gogga het my werklik eers gebyt in die hoërskool. Dit het natuurlik deur getrek tot waar ek vandag self 'n juffrou is en die voorreg het om nou hierdie aktiwiteit aan te bied.
Ek het agter gekom dat bitter min kinders werklik verstaan waaroor redenaars gaan. Daar word 'n toespraak gekoop, hulle moet dit leer en dan is dit klaar. Dit het soveel meer waarde wanneer kinders besef wat hulle daaruit kan leer.
Redenaars leer kinders om hul idees neer te pen, te ondersteun met feite en hul eie persoonlike "touch" daarby te voeg.
My wenke:
🎙 Indien jy 'n toespraak koop maak seker dit pas by jou kind se persoonlikheid en ouderdom.
🎙Oefen voor 'n spieël jou toespraak. Dan kan jy sien hoe jou gehoor dit gaan ontvang en jy kan aanpassings maak en inoefen.
🎙 Die vloei van jou toespraak hang nie met af van jou tempo en stemgebruik nie, maar ook wanneer en hoe jy, jou kaartjies ruil.