A Life Worth Living SA

A Life Worth Living SA Hier is dit lekker, dit is eg! Belangrikste van alles - kom nes jy is! Ons beweeg van 'mere existence' / 'survival' na diepe 'joy', 'purpose' en 'significance!'

Kom 'reis', deel en leer saam met ons 'to craft your best life' - hier is dit lekker, dit is eg!

22/09/2025


👉👉👉Local Business Leader 👉📩[email protected]

Join our sisterhood for an uplifting walk in nature! Embrace the excitement of connecting with like-minded women, enjoy the beauty of the outdoors, and have fun along the way.

It’s a wonderful opportunity to network, share stories, and create lasting memories—all while celebrating sisterhood and nature’s serenity. Come along and be a part of this joyful experience.

Book as soon as possible all info on invite below👇👇👇



Pennydrop Training Solution en Hekelwoorde woorde smee kragte saam vir ‘n ‘PITSTOP’ vir vroue!Dit is ‘n self-bemagtings ...
14/02/2025

Pennydrop Training Solution en Hekelwoorde woorde smee kragte saam vir ‘n ‘PITSTOP’ vir vroue!
Dit is ‘n self-bemagtings event vir vroue ENIG-IN-SY-SOORT!



EVA vang herself telkens waar sy voor haar kombuisvenster staan en sommer net staar na wie-weet-wat …

Dit is al Februarie, en sy kry wrintiewaar nóú eers kans om werklik stil te raak en ‘boeke te vat’ oor 2024 en al sy gebeurlikhede – never mind 2025 wat al ‘n maand gelede afgeskop het!
Haar Kersfees- en Nuwejaarsgaste is almal terug na hul eie gate … ook haar kinders het verhuis en/of is oor 2 dae op pad na China vir ‘n onbepaalde tyd …
Haar man, Jan, is baie meer ‘oppit’ met sy Nuwejaarsvoornemens as Eva, en het alreeds weer vroegoggend pad gevat op sy spik-splinternuwe fiets waarmee hy sy doelwit van
58 and going strong gaan plat trap!
Kanse dat hy vanaand weer seer spiere en skete erg gaan bekla by haar, is natuurlik 100%!

2024 was ‘n jaar van BAIE DINGE – groot en klein – en Eva voel skoon ‘UIT RAT UIT!’
Sy het steeds nie nuwejaarsvoornemens nie – sy het egter besluit om die konsep van ‘Nuwejaarsvoornemens’ te vervang met ‘Nuwejaarsbeloftes.’
En ‘n belofte wat sy aan haarself maak is dat sy in 2025 NIE die jaarlikse Pienk Cadillac Coaching Retreat vir Vroue tussen 45 en 65 gaan misloop nie.
Dit is hierdie jaarlikse ‘EVA Retreat’ saam met ander vroue wat haar koersvas, passievol en veerkragtig maak.
Hierdie keer gaan haar suster, Ruth, saam met haar die Retreat bywoon.
Ruth se man is oorlede aan die begin van Januarie verlede jaar en sy is spreekwoordelik besig om die ‘Handleiding vir Weduwees’ (wat nêrens op ‘n winkelrak te vinde is nie) op te stel.

Eva en Ruth is altwee is in hul vyftigs, met kinders wat nou hul eie paadjies as jong grootmense begin uitkap – en tipies die fases betree van ‘uit-die-huis-en-trou-en-oorsee-gaan-werk.’

Beide Eva en Ruth is vroue wat altyd wil bly groei en die beste van hul lewensseisoene maak.
Eva het ‘n suksesvolle korporatiewe loopbaan en ‘n sterk behoefte aan hernieude visie vir die volgende jare.
Ruth is ‘n entrepreneur al vir meer as 17 jaar en sy wil daadwerklik dinge begin verander om te kan skuif van Success to Significance.

Die twee susters weet hoe noodsaaklik die PIENK CADILLAC Coaching Retreat is – want, sien, hul het dieselfde DNA en lewensbeskouing van hul ma, Rita, geërf, naamlik –
‘Age is a Number, and Old is an Attitude!’

Daar is nog SO BAIE om te lééf, te werk, te ervaar, te sien, te doen, te lief, te geniet!
Die Pienk Cadillac Retreat is waar hulle gaan time-out neem vir spasie, d**k, en asemhaal.
Die Pienk Cadillac Coaching Retreat vir vroue is waar daar gerus, gelag, en gewerk word sodat hul op ‘n volronde wyse (Hart, Kop, Lyf, Gees) verkwik word en met ‘tools’ bemagtig word om IN RAT TE KOM vir hul BESTE lewensseisoen NOG.
Het jy lus om ook soos Eva en Rut hierdie Retreat by te woon?

Die Pienk Cadillac se enjin brul al - …

Susan Bezuidenhout van Pennydrop Training Solution is agter die stuur op pad na Tania Smit van Hekelwoorde – dié het reeds die lekkerste, outydse padkos ingepak!
In haar arsenaal is ook mándjies vol Pitkos vir die Siel!

Daar is nie meer tyd vir ‘VASHAAK IN TRU-RAT’ of ‘SKIK VIR NEUTRAAL’ nie!!!
‘VORENTOE’ is nou die enigste rat!
Kliek vandag nog hier om jou belangstelling te registreer.
https://forms.gle/SVv94c3TNFuNQjps8

Dit sal ons in staat stel om jou te kontak – slegs met die doel om jou van alle inligting te voorsien, jou vrae te beantwoord en jou te help in jou besluit of hierdie Retreat vir jou is of nie.
Jy moet egter net eers jou belangstelling hier registreer – sodat ons van jou kan weet!
Daar is plek vir slegs 8 -12 vroue per venue.

Jy kan ook hier kliek vir meer besonderhede oor die Retreat.
https://trainingsolution.co.za/going-backstage-for-women-only/
Pennydrop Training Solution




Address

Bredasdorp

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27825665893

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when A Life Worth Living SA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to A Life Worth Living SA:

Shortcuts

Share