25/08/2026
JOU KIND SE TOEKOMS BEGIN MET DIE KEUSES WAT VANDAG GEMAAK WORD! ✨
Watter vakke? 📚
Watter rigting? 🎯
En uiteindelik… watter toekoms?
As ouer wil jy seker wees dat jou kind die regte inligting en leiding het om ingeligte keuses oor hul toekoms te maak. Daarom nooi ons alle Graad 7–11-leerders, ouers, onderwysers en belangstellendes na ons spesiale Akademiese Inligtingsaand.
🎤 Met Gielie Hoffmann as ons gasspreker, beloof dit om ’n aand vol inspirasie, motivering en praktiese insigte te wees.
📅 10 September 2026
⏰ 18:30
📍 Sonneveld Akademie se skoolsaal
🎟️ Toegang is GRATIS!
Moenie net vir jou kind sê: “Kies reg.”
Gee hulle die geleentheid om te ontdek watter keuses voorlê. 💙💛
👉 Kom luister. Kom vra. Kom ontdek. Kom bou saam aan jou kind se toekoms.
Jou keuses van vandag, jou sukses van môre. 🌟