02/04/2026
VAKANSIEPROGRAM: Braaibroodjies, "smores" en heerlike saamkuier om die vuur 🔥
Oud en jonk het te lekker saam gespeel, broodjies gemaak, malvalekkers gebraai en geklets. 'n Onvergeetlike, gesellige dag saam is net wat almal nodig gehad het na 'n besige eerste kwartaal.
01/04/2026
Holiday program 🥤
SMOOTHIES 🍓🍌🥛
What a smooth time we had making our very own favourite smoothie recipes! The proof was in the “smoothie” and, oh wow, it was so much fun! Such an easy and tasty snack that the kids can now make themselves!
30/03/2026
Die vakansieprogram is hier en ons skop af met natuurkuns 🌿
Ons leerders het vandag ons bome met voëlvoerders verfraai en hul kreatiwiteit vrye teuels gegee met blare, blomme en vere.
Dit was besonders om te sien hoe ons jongstes en ouer leerders saam skep, ontdek en gesels 💚
30/03/2026
TOP TIEN
Baie geluk, Inneke en Daniël. Die eerste kwartaal van die intermediêre fase is altyd 'n groot aanpassing en ons is trots op elkeen van ons graad 4-leerders 🌿💚
27/03/2026
HIERDIE KWARTAAL HET ONS...
.. saam geleer, gelag, gespeel, boom geklim, kreatief geraak, bederfies geniet, ons groentetuin versorg, geheuespeletjies gespeel en soms net lekker laf geraak! 💚
Ons ís Die Alternatief 🌿
13/03/2026
ONS LEER KONKREET
Ons graad R'e doen lekker praktiese datahantering-aktiwiteite. 📊
07/03/2026
Pos beskikbaar | vakante pos | halfdag
🌿 Sluit by ons span aan!
Die Alternatief Opvoedkundige Sentrum is op soek na ’n nasorgfasiliteerder met ’n hart vir laerskoolkinders en ’n liefde vir leer.
Ons soek iemand met:
• ’n passie om met kinders te werk
• sterk akademiese ingesteldheid
• ervaring/opleiding in onderwys of kinderontwikkeling
• goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
• Christelike waardes
• betroubare eie vervoer
• woonagtig in die Noordelike Voorstede
🕒 11:45 – 17:00
📍 Proteahoogte
📅 Aanvang: April 2026
📧 Stuur jou CV en ’n vollengte foto na:
[email protected]
(Slegs e-pos aansoeke word oorweeg.)
🌱 Die Alternatief – Ons kinders se tweede huis.