CVO Skool Dankbaar

CVO Skool Dankbaar Christelike, Volkseie onderrig in Bloemfontein

29/09/2026

Die BCVO het verlede week 'n vasvrakompetisie tydens die Onderwysberaad aangebied.

Hartlik geluk aan die drie skole wat as wenners weggestap het:

1. Orania CVO-skool
2. CVO Skool Dankbaar
3. Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys

Ons skool is geweldig trots op die leerlinge wat aan die Noord-Kaap Tennis, Skaak en Landloop in Orania deelgeneem het. ...
25/09/2026

Ons skool is geweldig trots op die leerlinge wat aan die Noord-Kaap Tennis, Skaak en Landloop in Orania deelgeneem het. Julle het ongelooflik presteer!

* Suné Grobbelaar (o/19 Tennis) – 1ste plek en word gekies vir die Nasionale Tennis span.
* Christiaan Brits (o/10 Landloop) – 2de plek en word gekies vir die Nasionale Landloop span.
* Anoré Greyling (o/6 Landloop) – 2de plek en word gekies vir die Nasionale Landloop span.
* Roné Greyling (o/8 Tennis) – 3de plek en word gekies vir die Nasionale Landloop span.
* Tjaart Janse van Rensburg (o/13) – 4de plek Tennis & 5de plek Skaak en word gekies vir die Nasionale Skaak span.
* Janco Janse van Rensburg (o/19) – 4de plek Skaak en word gekies vir die Nasionale Skaak span.
* Franco du Plessis (o/11 Tennis) – 5de plek

Welgedaan en baie geluk!

"Grootouers hou ons hande vir 'n kort rukkie vas, maar ons harte vir altyd."  🧡💙CVO Skool Dankbaar en Kaalvoetkind Kleut...
25/09/2026

"Grootouers hou ons hande vir 'n kort rukkie vas, maar ons harte vir altyd." 🧡💙

CVO Skool Dankbaar en Kaalvoetkind Kleuterskool het onlangs hande gevat en saam ’n genotvolle oupa- en oumadag aangebied. Dit was ’n voorreg om te sien hoe die leerlinge hulle oulike items aanbied en die grootouers se gesigte ophelder!

Baie dankie aan elkeen wat hierdie dag so spesiaal gemaak het, vir ons leerlinge en grootouers.

25/09/2026

Vestig 'n stewige fondasie vir jou kind se toekomsdroom ter wille van ons kinders!

Vir uitnemende Christelik-volkseie skoolopvoeding volgens jou geloofs-en kultuurgrondslag!

BCVO is die oplossing!
Skryf jou kind in by Cvo Kalahari !

Trots is nie eers die woord nie! 🏆 Baie geluk aan ons eie Ignus Starbuck wat 'n ongelooflike 2de plek wêreldwyd behaal h...
23/09/2026

Trots is nie eers die woord nie!

🏆 Baie geluk aan ons eie Ignus Starbuck wat 'n ongelooflike 2de plek wêreldwyd behaal het in die Graad 4-afdeling van die FAK-Internasionale Afrikaanse Geskiedenisolimpiade 2026!

Om onder die Top-10 internasionale deelnemers te eindig is 'n massiewe prestasie.

Ignus, jou harde werk en passie vir geskiedenis het vrugte afgewerp. Ons is ongelooflik trots op jou!

Graad 7 Tegnologie – PAT: Hyskraan met ’n elektromagneet!Ons Graad 7's het in groepe gewerk om hyskrane met elektromagne...
23/09/2026

Graad 7 Tegnologie – PAT: Hyskraan met ’n elektromagneet!

Ons Graad 7's het in groepe gewerk om hyskrane met elektromagnete te bou. ⚙️

Deur samewerking, kreatiwiteit en probleemoplossing het hulle praktiese kennis van tegnologie en elektromagnete opgedoen.

Kyk hoe bring ons jong ingenieurs hul idees tot lewe! 👏🔧

Ons Graad 4 - 11 leerlinge het omtrent die dak laat lig tydens die skool se Tropiese Eiland dans! Almal het pragtig gely...
23/09/2026

Ons Graad 4 - 11 leerlinge het omtrent die dak laat lig tydens die skool se Tropiese Eiland dans!

Almal het pragtig gelyk en die aand terdeë geniet.
Dit was 'n fees van kleur, musiek en lekker kuier!

Ons leerlinge het die fliekaand by die skool geniet! 🎞️Met hul eie komberse en kussings reggesit, was almal reg vir die ...
23/09/2026

Ons leerlinge het die fliekaand by die skool geniet! 🎞️

Met hul eie komberse en kussings reggesit, was almal reg vir die groot skerm. Die skool het gesorg vir die perfekte fliekbederf: springmielies en koue koeldranke vir almal! 🥤🍿

Dankie aan elkeen wat dit so 'n spesiale geleentheid gemaak het!

23/09/2026

GENIET DIE VAKANSIE

So kom die derde kwartaal tot ’n einde. Ons leerlinge verdien blaaskans.

Lekker rus!

Ter wille van ons kinders - tot eer van God.
www.bcvo.co.za

Address

Sopieshoogte, Dealesvillepad/Ou Kimberleypad, Bainsvlei
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00

Telephone

+27514511334

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CVO Skool Dankbaar posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to CVO Skool Dankbaar:

Shortcuts

Share

Category