12/01/2021
โ๏ธKnip, Sny, Snipper ... Speel Speel Pretโ๏ธ
Skรชr hantering is een van die belangrike vaardighede wat ons klein kindertjies moet bemeester. Mamma ek weet jou senuwees hou dit soms nie met hare en klere wat indie pad kom nie, asook die knipsels wat die hele vertrek vol lรช nie, maar hierdie aktiwiteit kan soveel pret vir jou en jou kindjie verskaf en so kan jy ook KWALITEIT tyd saam met jou kindjies spandeer!
๐ Hier is 'n paar RIGLYNE VIR SKรR HANTERING volgens ouderdom ๐
2-jarige - kan skรชr hanteer met twee hande, mamma hou papier vas vir hom/ haar
3-jarige - kan skรชr vas hou en kan papier in stukkies knip, maar nog nie perfek nie.
4-jarige - kan knip op โn lyn en eenvoudige vorms soos driehoek en vierkant uitknip, maar nog nie perfek nie
5-jarige - kan sirkels uitknip, maar ook nog nie perfek nie
6-jarige - kan hoeke en moeilike vorms uitknip
โ๏ธDie Voordele van knip met รฑ skรชrโ๏ธ
โ๏ธOnafhanklike beweging van elke vinger
โ๏ธMaak hand spiertjies mooi sterk
โ๏ธHelp met: Fyn motoriese ontwikkeling, Bilaterale koรถrdinasie, Hand-oog-koรถrdinasie, Visuele persepsie
โ๏ธAnder voordele as ons gebruik maak van ander materiaal - Leer kindertjies dieselfde tyd van verskillende teksture want byvoorbeeld die pasta is sag en klam en dit is ook โn ander kleur!
โฌ๏ธ Aktiwiteit Idees โฌ๏ธ
๐ฆ Rof knip van enige afval materiaal - foelie, wol, toiletpapier rolle, bokse ens.
๐งถKnip gekoekte wol los
๐ฅฃKnip pasta in 'n bak in kleiner stukkies of mamma jy kan pasta in lug vir jou kindjie hou en dan knip hy/sy dit in kleiner stukkies.
๐Mamma rol speelklei in wurms, laat kindjie dit self knip in kleiner stukkies. Los dat kindjie self daarna probeer om klei in slangetjies vorm te rol en te knip!
๐Knip lang reguit stroke papier (vrykni)
๐Knip prentjie uit tydskrifte en koerante
๐ฅขKnip plastiek strooitjie of lint.
โ๏ธKnip op reguit lyne of zig zag lyne
๐ฟKnip uit die natuur (gras, blare ens)
๐ฏNeem muffin pan, plaas diertjies in holtes, plaas boks tape oor holtes en laat kindjie die diertjies red deur die tape los te knip.
๐โโ๏ธNeem 'n papier bord teken 'n gesig daarop laat kindjie hare knip vir die gesiggie.
๐ฅONTHOU Asseblief๐ฅ
Moet nooit 'n skรชr laat rondlรช nie. Plaas dit in โn houer bo-op โn kas waar klein handjies dit nie sommer kan bykom nie. Dit is maar altyd ook 'n goeie idee om toesig te hou waneer daar met 'n skรชr gewerk word