Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys

Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys CVO Bethal (Christelik-Volkseie Onderwys Skool) is ‘n privaat ouerskool wat in 1995 deure geopen het. Die skool is ook by Umalusi geakkrediteer.

Die skool is by die Departement van Onderwys geregistreer en ook as ‘n nie-winsgewende organisasie (NPC).

Ons kan nou ook spog met rugbypale op ons rugbyveld! 🏉Nog ’n mooi toevoeging tot ons skoolterrein en nóg ’n geleentheid ...
20/08/2026

Ons kan nou ook spog met rugbypale op ons rugbyveld! 🏉

Nog ’n mooi toevoeging tot ons skoolterrein en nóg ’n geleentheid vir ons leerders om hul liefde vir rugby uit te leef! 💙❤️

Ons sien uit na baie lekker oefeninge, wedstryde en drieë tussen die pale! 🏉🙌

Baie dankie, Konic's Tyres & 4x4 Fitment Centre Bethal !Ons Volkskool Bethal Landbouvak leerders het die voorreg gehad o...
19/08/2026

Baie dankie, Konic's Tyres & 4x4 Fitment Centre Bethal !

Ons Volkskool Bethal Landbouvak leerders het die voorreg gehad om Konic’s Tyres Bethal te besoek vir ’n praktiese en baie leersame inligtingsessie.

’n Groot dankie aan Jaco wat sy tyd, kennis en ervaring met die leerders gedeel het en hulle deur die werkswinkel geneem het. Ons het soveel geleer oor verskillende tipes bande, wielbalansering, wielbelyning, bandveiligheid, hoe om jou bande behoorlik te versorg en wat om te doen wanneer ’n band nie meer veilig is om te gebruik nie.

Vir ons Landbouvak gaan leer nie net oor wat in ’n handboek staan nie. Dit gaan ook daaroor om leerders bloot te stel aan die mense, besighede en praktiese kennis wat deel vorm van die landboubedryf en die wêreld rondom hulle.

Konic’s Tyres speel ’n belangrike rol vir beide die landbougemeenskap en alledaagse motoriste, en dit was besonders waardevol vir ons leerders om eerstehands te sien hoeveel kennis en tegniese werk daar agter iets soos ’n band skuil.

Baie dankie aan die hele Konic’s Tyres Bethal span vir die vriendelike ontvangs en ’n wonderlike dag asook die geskenkpakkies! Ons het beslis baie geleer!

En nou moet ons net uitvind wie mooi na Jaco geluister het... 😄

Hou ons Facebook blad dop. Die video van die uitstappie volg binnekort, en ons het ’n paar vrae vir die leerders gevra om hulle kennis ná die sessie op die proef te stel! 🎥

Die volgende seuns het Oos-Transvaal die afgelope naweek in Vryburg verteenwoordig tydens die Nasionale BCVO Krieketnawe...
17/08/2026

Die volgende seuns het Oos-Transvaal die afgelope naweek in Vryburg verteenwoordig tydens die Nasionale BCVO Krieketnaweek. 🏏

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! Julle harde werk, goeie sportmanskap en toewyding maak ons skool trots. ❤️💙

Baie geluk, manne! Hou aan om julle beste te gee en julle talente met trots uit te leef. 🌟

15/08/2026

🏌️‍♂️⛳ VOLKSKOOL BETHAL SE JAARLIKSE GHOLFDAG ⛳🏌️‍♀️

Op 1 Augustus het Volkskool Bethal ons jaarlikse Gholfdag by die Bethal Gholfklub aangebied. Die dag het dalk met ’n ysige oggend begin, maar later het die weer pragtig saamgespeel en vir ’n heerlike dag op die baan gesorg. ☀️⛳

Met 74 spelers wat deelgeneem het, was die dag gevul met goeie sportmanskap, lekker gees en hope samesyn. Ná die gholf is daar lekker saam gekuier – ’n perfekte afsluiting van ’n besonderse dag!

Ons wil uit ons harte dankie sê aan elke borg, ouer en persoon wat ’n skenking of bydrae gemaak het. Julle ondersteuning, tyd en ruimhartigheid het ’n groot aandeel in die sukses van hierdie dag gehad. Sonder julle sou ’n geleentheid soos hierdie eenvoudig nie moontlik wees nie.

Ons waardeer elkeen wat deel was van die dag en gehelp het om dit so besonders te maak.

Dankie dat julle saam met Volkskool Bethal bou! 💙💛

Ons sien reeds uit na volgende jaar se Gholfdag! 🏌️‍♂️⛳

GRA-dag – Genootskap van Regte Afrikaners📚Ons skerp ons Afrikaanse woordeskat op, en jonk én oud kry die kans om heerlik...
14/08/2026

GRA-dag – Genootskap van Regte Afrikaners📚

Ons skerp ons Afrikaanse woordeskat op, en jonk én oud kry die kans om heerlik saam storieboek te lees! ❤️📖

Sjokolade maak alles beter!
12/08/2026

Sjokolade maak alles beter!

🎓✨ 40 Days… ✨🎓En skielik begin die groot aftel! ⏳Nog net 40 skooldae vir ons twee Matrieks voordat ’n baie spesiale hoof...
11/08/2026

🎓✨ 40 Days… ✨🎓

En skielik begin die groot aftel! ⏳

Nog net 40 skooldae vir ons twee Matrieks voordat ’n baie spesiale hoofstuk tot ’n einde kom. ❤️💙

Geniet elke oomblik, elke lag, elke herinnering en selfs die laaste bietjie skoolwerk! 📚😉

Ons is ongelooflik trots op julle en stap hierdie laaste paar tree saam met julle.

Matriek 2026 — die eindstreep is in sig! 🎓🙌

Julle Rakkertjies laat ons harte warm klop in hierdie koue!
10/08/2026

Julle Rakkertjies laat ons harte warm klop in hierdie koue!

Address

1 Festenstein Straat
Bethal
2310

Opening Hours

Monday 07:15 - 13:30
Tuesday 07:15 - 13:30
Wednesday 07:15 - 13:30
Thursday 07:15 - 13:30
Friday 07:15 - 13:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Volkskool Bethal vir Christelike Onderwys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category