Piccolo Panda Musiek bied verskeie musieklesse aan: Klavier, kitaar, ukulele, blokfluit, klarinet, teorie, Rhythm and Note adventures sowel as Musiekpret groepklassies vir kleuters vanaf 2 tot 6 jaar. Privaat klavier-, kitaar- en ukulele lesse word in die gemak van elke leerder se huis aangebied. Areas: Oude Westhof, Protea vallei, Van Riebeeckshof, Door de kraal, De Bron, Welgemoed, Kenridge, Eversdal ens. Klavier-, blokfluit-, klarintet en teorielesse word ook vanaf ons studio in Protea vallei aangebied. Musiekpret (2 - 6 jaar) en Rhythm and Note (3 - 6jaar) groepklassies vir kleuters word by skole en verskeie dae in Protea vallei aangebied. Kleuters word blootgestel aan verskeie instrumente soos byvoorbeeld: Shakers, xilofone, klokkies, houtblokke, ritme stokkies, tamboeryne, driehoekies en vele meer! Ons doen ritme vingerspel, luistervaardighede, nabootsing en bewegings saam met musiek.