DF Kuns & Ontwerp

DF Kuns & Ontwerp "Art is not what you see, but what you make others see" - Edgar Degas

Hierdie bladsy sal gereeld opdateer word met relevante inligting aangaande

- plaaslike en internasionale kunsgebeure,
- sperdatums en ander belangrike klas-afkondigings,
- beeldmateriaal van DF kuns- en ontwerpleerders se kreatiewewerksprosesse sowel as geselekteerde werkstukke.

Baie geluk aan een van ons DF-leerders, Dakotah Wallendorf (Graad 11) met haar besonderse prestasie by die Tygerberg Eis...
27/08/2026

Baie geluk aan een van ons DF-leerders, Dakotah Wallendorf (Graad 11) met haar besonderse prestasie by die Tygerberg Eisteddfod. Dié talentvolle kunstenaar het Hoogste Lof vir haar tekening behaal. Knap gedaan, Dakotah! DF Akademie

Met ’n besige en opwindende Interskoleweek wat afskop, deel ons graag ’n kunswerk deur Daniël Nel waarin hy DF as ’n bly...
10/08/2026

Met ’n besige en opwindende Interskoleweek wat afskop, deel ons graag ’n kunswerk deur Daniël Nel waarin hy DF as ’n blywende baken in ons lewens uitbeeld.

Soos Daniël self sê: “Elke leerder en onderwyser het ’n rede hoekom hulle trots op die skool is: DF bied geleenthede, samehorigheid en uitnemendheid. Dié kunswerk is net ’n klein voorstelling van die gevoel wat DF ontlok.”

Ons stem beslis met Daniël saam en sien daarna uit om hierdie opwindende week met oorgawe aan te pak! 💙 DF Akademie

Baie geluk aan Mia Steyn, een van ons Graad 11-kunsleerders, met haar spogprestasie as kategorie-medaljewenner by die St...
10/08/2026

Baie geluk aan Mia Steyn, een van ons Graad 11-kunsleerders, met haar spogprestasie as kategorie-medaljewenner by die Stellenbosch Eisteddfod! 🏅🎨

Knap gedaan, Mia! Ons is baie trots op jou! 👏 DF Akademie

Een van ons Graad 11 Visuele Kunsleerders, Ché Cornelessen, se besonderse kunswerk is gekies om by die Irma Stern-museum...
14/09/2025

Een van ons Graad 11 Visuele Kunsleerders, Ché Cornelessen, se besonderse kunswerk is gekies om by die Irma Stern-museum uitgestal te word. Alle Graad 11-leerders in die Wes-Kaap ontvang aan die begin van die tweede skoolkwartaal ’n opdrag waarin die werk van Irma Stern as inspirasie dien. Leerders moet egter ook hul eie interpretasie en stem laat geld deur die temas van Stern se werk op ’n unieke wyse te herinterpreteer. Dit is voorwaar ’n noemenswaardige prestasie om vir hierdie uitstalling gekeur te word, en ons kyk met groot opgewondenheid na die loopbaan van hierdie kreatiewe en innoverende jong DF-kunstenaar! Die uitstalling is tot 4 Oktober te sien. Volg gerus die skakel vir meer inligting: https://irmasternmuseum.co.za/show-item/grade-11-exhibition-rethinking-irma-stern-2025/

Hoërskool DF Malan

DF se kreatiewe leerders het weereens hul unieke kunstenaarsoë ingespan om die wêreld rondom hulle in besonderse kunswer...
30/08/2025

DF se kreatiewe leerders het weereens hul unieke kunstenaarsoë ingespan om die wêreld rondom hulle in besonderse kunswerke vas te vang. Drie van ons Kunsleerders is as kategoriewenners by die jaarlikse Tygerberg Eisteddfod aangewys. Lienke Visser (graad 10) se delikate houtskooltekening, Lecia Ollewagen (graad 10) se detailryke nabyskoot-kleurfoto en Naomi Deacon (graad 9) se treffende tekenwerk het weereens bewys dat die Kunste waardevolle stof tot nadenke bied! Naomi is, buiten vir haar toekenning by die Tygerberg Eisteddfod ook as kategoriewenner by die Stellenbosch Eisteddfod aangewys. Ons is baie trots en opgewonde dat DF se kunsleerders hul kreatiwiteit met die wêreld deel. Hoërskool DF Malan

26/01/2025
Kom ervaar en vier die kreatiewe talent van ons DF matriekkunstenaars en -ontwerpers. Dis amper tyd vir die opening wat ...
30/09/2024

Kom ervaar en vier die kreatiewe talent van ons DF matriekkunstenaars en -ontwerpers. Dis amper tyd vir die opening wat op Woensdag 2 Oktober 18:00 vir 18:30 in die skoolsaal plaasvind. Ons is so bevoorreg om die talentvolle Rentia Retief as openingspreker te hê en almal is welkom om hierdie spesiale geleentheid saam met ons te kom geniet.

Toegang gratis.

Krediet aan die kunstenaar David Botha vir die agtergrondbeeld van hierdie uitnodiging.

Address

Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DF Kuns & Ontwerp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to DF Kuns & Ontwerp:

Shortcuts

Share

Category