Ashton Sekondêre Skool

Ashton Sekondêre Skool Dis 'n blad om inligting deur te gee aan leerders van Ashton Sekondêre Skool.

Geagte Ouers/VoogdeOns volg die afgelope twee weke die tema “Netheid”.Netheid gaan nie slegs daaroor om die skoolterrein...
09/09/2026

Geagte Ouers/Voogde

Ons volg die afgelope twee weke die tema “Netheid”.

Netheid gaan nie slegs daaroor om die skoolterrein skoon en netjies te hou nie, maar sluit ook ons klaskamers, ons omgewing en, belangrik, onsself in.

Ons merk egter dat talle leerders steeds skool toe kom sonder hul skoolhemde. Sommige leerders dra ook tekkies en sokkies wat nie deel van die skooldrag is nie.

Ons verstaan dat skoene soms beskadig of stukkend raak en dat u kind dan noodgedwonge tekkies moet aantrek. Ons versoek u egter om in so ’n geval so spoedig moontlik te verseker dat u kind weer oor die korrekte skoolskoene beskik. Ons wil graag hê dat al ons leerders trots moet wees op hul voorkoms en die skooldrag korrek dra.

Mussies wat nie deel van die amptelike skooldrag is nie, word ook nie toegelaat nie. Enige mussie wat aan ’n leerder gevind word, sal afgeneem en veilig bewaar word. Die mussie sal aan die einde van die kwartaal aan die leerder terugbesorg word.

Ons wil ook graag u aandag vestig op seuns se haarstyle. Ons merk dat sommige van ons seuns se hare te lank en onnetjies geword het. Ons versoek u vriendelik om toe te sien dat u seun se hare gereeld gesny en netjies versorg word, in ooreenstemming met die skool se voorkoms- en gedragsvereistes.

Laatkom bly ongelukkig steeds ’n groot uitdaging. Ons het leerders wat gereeld, en in sommige gevalle daagliks, laat by die skool aankom. Ons verstaan dat sommige ouers/voogde reeds die huis verlaat voordat hul kinders skool toe vertrek. Ons doen daarom ’n ernstige beroep op u om u kind aan te spreek en aan te moedig om soggens betyds die huis te verlaat, sodat hy/sy betyds by die skool kan wees.

Ons waardeer en erken die ondersteuning wat ons van ons ouers en voogde ontvang. U samewerking speel ’n belangrike rol daarin om ons leerders te leer om verantwoordelikheid te neem vir hul voorkoms, stiptelikheid en die handhawing van ’n netjiese en trotse skoolomgewing.

Ons hoop en vertrou dat ons op u samewerking en ondersteuning kan staatmaak.

Baie dankie vir u samewerking.

Groete

03/09/2026
27/08/2026
Dis weer Derby die naweek. En die gees loop weer hoog onder die twee spanne!!Nie net is dit ons plaaslike Derby nie, maa...
20/08/2026

Dis weer Derby die naweek. En die gees loop weer hoog onder die twee spanne!!

Nie net is dit ons plaaslike Derby nie, maar ook Die Bokke vs All BLacks. Nog 'n groot wedstryd wat gaan speel.

Kom môre in jou gunsteling rugbyspan se top op h**p. Om te wys wie jy ondersteun!!!


Hetsy dit plaaslik of internasionaal is!!!

Wys julle support

Ashton Sekondêre Skool

Geagte Ouers/Voogde Sien aangeheg die volgende pos wat dringend gevul moet word.Alle inligting is op onderstaande posbes...
18/08/2026

Geagte Ouers/Voogde

Sien aangeheg die volgende pos wat dringend gevul moet word.

Alle inligting is op onderstaande posbeskrywing.

Groete

Goeienaand almalOns het vanaand ons Mnr. & Mej. Ashton Sekondêr gehou.En was dit nie 'n aand vol pret nie???Die modelle ...
13/08/2026

Goeienaand almal

Ons het vanaand ons Mnr. & Mej. Ashton Sekondêr gehou.

En was dit nie 'n aand vol pret nie???

Die modelle het absoluut pragtig gelyk, hul selfvertroue het uit hul gestaar vanaand.

Vanaf die items tussen-in tot en met kroning van ons wenners, was die aand baie suksesvol.

Ons kondig aan, Mnr. & Mej Ashton Sekondêr 2026

Mnr. A.S.S- Luhandré Jaftha
Mej. A.S.S - Desree Moos

Goeiedag almalMôre het ons weer 'n tuis rugbywedstryd teen Worcester Sekondêre Skool.Kom en ondersteun ons manne môre, e...
11/08/2026

Goeiedag almal

Môre het ons weer 'n tuis rugbywedstryd teen Worcester Sekondêre Skool.

Kom en ondersteun ons manne môre, en wys hulle het nog ondersteuners wie in hulle glo.

07/08/2026

_Are you ready for Mr & Ms Ashton Secondary. Join us on August 13th 2026 to find out who will be our new Mr & Ms Ashton Secondary.👸🏻🤴🏻_

Goeiedag Ouers/ Voogde en LeerdersKwartaal 3 het begin en ons skop sommer af met lekker sport.Ons speel Woensdag teen Mo...
03/08/2026

Goeiedag Ouers/ Voogde en Leerders

Kwartaal 3 het begin en ons skop sommer af met lekker sport.

Ons speel Woensdag teen Montagu Hoërskool, en soos die leerders dit noem, ons "Derby". Kom en ondersteun ons verskeie sportspanne.

Ons sien uit om julle daar te hê.

Groete

Address

Gladioli Avenue
Ashton
6715

Opening Hours

Monday 08:00 - 15:00
Tuesday 08:00 - 15:00
Wednesday 08:00 - 15:00
Thursday 08:00 - 15:00
Friday 08:00 - 15:00

Telephone

+27236152027

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ashton Sekondêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Ashton Sekondêre Skool:

Shortcuts

Share

Category