06/06/2026
Ek weet nie heeltemal hoe om hierdie week te verwerk nie... ❤️
Die reaksie op Mila skud haar kwaad uit het my heeltemal oorrompel. Hierdie eerste boekies was eintlik net proefkopieë, maar julle boodskappe, kommentare en bestellings het my laat besef dat hierdie storie gereed is om sy pad na ander huise te vind. 🌱📖
Ek is tans besig met die ISBN, finale drukreëlings en die volgende druklopie. Die amptelike bekendstelling kom binnekort.
As jy belangstel om 'n kopie te bestel, stuur gerus vir my 'n boodskap. Ek plaas jou met liefde op die waglys. ❤️
Dankie dat julle hierdie droom saam met my vier.
GrowKind-liefde,
Jo-Anica