Hoërskool Pretoria-Noord

Hoërskool Pretoria-Noord

Share

Die enigste, amptelike PNHS-blad! Vir alle huidige en oudleerlinge, ouers en ander belangstellendes!

Photos from Hoërskool Pretoria-Noord's post 22/05/2026

PNHS-Hokkie

Van harde tackles en vinnige aanvalle tot spanwerk en deursettingsvermoë hierdie wedstryd het gewys wat dit beteken om met hart te speel.

Ons is trots op elke speler wat die PNHS-kleure met trots dra en nooit ophou baklei tot die laaste fluitjie nie. Julle passie vir hokkie wys in elke oomblik op die veld!

22/05/2026

Rugby !

Sterkte aan al ons rugbyspanne wat Saterdag teen HS Wonderboom uitdraf op tuisgrond by PNHS. Speel met trots, passie en die hart van ’n ware Swartleeu.

Kom ondersteun ons manne langs die veld en wees deel van die Wapad-gees!
Voor in die Wapad brand ’n lig!

22/05/2026

Hokkie Liga is hier!

Sterkte aan al ons PNHS-hokkiespelers wat Saterdag teen HS Centurion uitdraf by TUT. Speel met passie, trots en spanwerk, elke wedstryd is ’n kans om die Wapad-gees te wys!

Ons glo in julle en weet julle gaan alles op die veld los.
Voor in die Wapad brand ’n lig!

22/05/2026

Van PNHS-klaskamers tot die Mrs South Africa semi-finaal!

Ons is ongelooflik trots op oud-Noordie, Andrea Raaths Duarte, wat as semi-finalis vir Mrs South Africa 2026 aangewys is.

Andrea is ’n ware voorbeeld van deursettingsvermoë, selfvertroue en inspirasie, waardes wat sy reeds as leerder by Hoërskool Pretoria-Noord uitgeleef het.

Kom ons ondersteun ons Noordie op haar besondere reis!
Like
Share
SMS ANDREA RAATHS DUARTE na 47587

22/05/2026

Baie geluk aan Mia Rynners met haar prestasie om deur te dring na die semi-finaal van die ATKV Redenaarskompetisie!

Jou harde werk, selfvertroue en passie maak ons ongelooflik trots. Hou aan skitter en wys waarvoor ’n ware Noordie gemaak is!

22/05/2026

PNHS GHOLFDAG 2026

Hoërskool Pretoria-Noord nooi jou uit na ’n dag vol gholf, lekker kuier en groot pryse!
19 Junie 2026
Seasons Gholfklub

Vierbal-inskrywing: R4 500
Sluit in:
• Speelfooie
• 2x Gholfkarretjies
• Halfweg-ete
• Aandete
• Prysuitdeling

Putjie-borgskap beskikbaar teen slegs R2 500!

En ja… jy staan die kans om ’n Suzuki Celerio te wen met ons “Hole in One”-kompetisie!

Moenie uitmis op hierdie fantastiese dag van netwerk, sport en PNHS-gees nie

Besprekings: [email protected]
Ansebé Prinsloo – 082 734 7669

22/05/2026

Vandag vier ons een van ons wonderlike PNHS-onderwysers. Dankie vir u entoesiasme, omgee-hart en toewyding aan ons leerders. Ons hoop u dag is net so spesiaal soos die rol wat u by PNHS speel.

Geniet elke oomblik, mag die jaar vorentoe geseënd wees!

Photos from Hoërskool Pretoria-Noord's post 21/05/2026

PNHS Senior Tennis Seuns is gereed vir aksie!

Sterkte aan ons 1ste- en 2de-span seuns wat Vrydag die baan aanpak teen HS Garsfontein en HS Monument. Julle harde werk, dissipline en deursettingsvermoë wys reeds die gees van ware Wapad-kampioene.

Speel elke punt met trots, veg vir mekaar en geniet elke oomblik op die baan. Ons staan bankvas agter julle!

Voor in die Wapad brand ’n lig

21/05/2026

Netbal Liga is hier!

Sterkte aan ons PNHS-dames wat Vrydag teen HS Overkruin uitdraf. Speel met hart, veg vir elke bal en geniet elke oomblik op die baan.

Ons glo in julle en weet julle gaan die Wapad-gees trots uitleef!
Voor in die Wapad brand ’n lig!

21/05/2026

💜💜

Want your school to be the top-listed School/college?

Opening Hours

Monday 07:20 - 14:00
Tuesday 07:20 - 14:00
Wednesday 07:20 - 14:00
Thursday 07:20 - 14:00
Friday 07:20 - 14:00