Atlantis School Of Skills/Atlantis Vaardigheidskool

Atlantis School Of Skills/Atlantis Vaardigheidskool Atlantis School of Skills|Heart of Atlantis|Main goal to give each learner the best Education|Investing in their Future|Grooming them to be better Leaders|

Ons Jaar 3-leerders het gister ’n heerlike spanbousessie in die natuur geniet! Die oggend het hulle die pragtige Paarlbe...
09/02/2026

Ons Jaar 3-leerders het gister ’n heerlike spanbousessie in die natuur geniet!

Die oggend het hulle die pragtige Paarlberg aangedurf vir ’n lekker hike, waar hulle nie net hul fiksheid getoets het nie, maar ook geleer het om as ’n span saam te werk, mekaar te ondersteun en die uitdagings saam aan te pak.

Na die hike was dit tyd om heerlik te ontspan, asem te skep en die geselskap van hul klasmaats te geniet.

’n Dag vol avontuur, vars lug, spanwerk en lekker herinneringe! 💙

💙 BAIE DANKIE, ASOS-GEMEENSKAP! 💙’n Reuse dankie aan elke lid van die ASOS-gemeenskap wat ons Jaar 4-fondsinsameling ond...
08/31/2026

💙 BAIE DANKIE, ASOS-GEMEENSKAP! 💙

’n Reuse dankie aan elke lid van die ASOS-gemeenskap wat ons Jaar 4-fondsinsameling ondersteun het! 🙌

Ons is baie opgewonde om die wenners van ons fondsinsameling aan te kondig! 🎉🏆
🥇 1ste Prys: Juneyed Edas
🥈 2de Prys: Keisha Frans
🥉 3de Prys: Juneyed Edas
🏅 4de Prys: Daniel Williams
Baie geluk aan al ons wenners! 🎊👏

Aan elke persoon wat ’n kaartjie gekoop, ’n bydrae gemaak of bloot ons fondsinsameling ondersteun het: DANKIE! 💙

Van ons Jaar 4-leerders het onlangs ’n Sekuriteitskortkursus by Athi Security Training Services suksesvol voltooi. Vanda...
08/31/2026

Van ons Jaar 4-leerders het onlangs ’n Sekuriteitskortkursus by Athi Security Training Services suksesvol voltooi. Vandag was dit tyd om hul welverdiende sertifikate in ontvangs te neem!

Die leerders het waardevolle kennis en vaardighede binne die sekuriteitsbedryf opgedoen, met opleiding op Graad E, D en C-vlak. Athi Security Training Services is PSIRA-geregistreer, wat aan ons leerders die geleentheid bied om hul vaardighede deur ’n erkende opleidingsverskaffer te ontwikkel. Die leerders is ook PSIRA-geregistreerd na die afloop van hierdie kursus.

Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat hierdie geleentheid aangegryp het en ’n verdere tree geneem het na hul toekoms en die wêreld van werk.

Ons Jaar 4-leerders is tans hard aan die werk met verskeie kort kursusse wat hulle toerus met waardevolle vaardighede en...
08/30/2026

Ons Jaar 4-leerders is tans hard aan die werk met verskeie kort kursusse wat hulle toerus met waardevolle vaardighede en kennis vir die werksplek.
Hierdie groep leerders neem deel aan Infinity Training in samewerking met 1st Smart Consultants.
📚 Kursus: HASMAN
🦺 Fokus: Health & Safety

Die kursus bied aan ons leerders belangrike kennis rondom gesondheid en veiligheid in die werksomgewing, en help hulle om beter voorbereid te wees vir die wêreld van werk.

Saterdag het Juffrou Cockrell, ons skool se berader, saam met Me. Mitchell, Social Auxiliary Worker van Molo Sonqololo, ...
08/30/2026

Saterdag het Juffrou Cockrell, ons skool se berader, saam met Me. Mitchell, Social Auxiliary Worker van Molo Sonqololo, ’n waardevolle groepsessie by Molo Sonqololo Atlantis aangebied.

Die sessie het gefokus op Healthy Parenting Skills en Parents’ Rights and Responsibilities, waar ’n groep ouers die geleentheid gekry het om kennis, wenke en praktiese vaardighede rondom positiewe ouerskap te bespreek.

Hierdie inisiatief vorm deel van ons skool se Outreach / Community Service Program, waardeur ons poog om nie net binne die skoolgemeenskap ’n verskil te maak nie, maar ook ondersteuning en waardevolle dienste aan die breër gemeenskap te bied.

Ons Gasvryheidstudies-leerders het vandag ñ  opvoedkundige besoek aan Lagoon Beach Hotel & Spa afgelêTydens die besoek i...
08/28/2026

Ons Gasvryheidstudies-leerders het vandag ñ opvoedkundige besoek aan Lagoon Beach Hotel & Spa afgelê

Tydens die besoek is die leerders deur die verskillende departemente van die hotel geneem en het hulle praktiese insig gekry in hoe elke departement funksioneer.

Die besoek het hulle gehelp om die teoretiese kennis wat hulle in die klaskamer aanleer, met die werklike werksomgewing in die gasvryheidsbedryf te verbind.

Public Service Women Management Week 2026 We were honoured to be part of the Western Cape Department of Health and Welln...
08/27/2026

Public Service Women Management Week 2026

We were honoured to be part of the Western Cape Department of Health and Wellness (WCDHW) Public Service Women Management Week 2026 programme.

Our team had the privilege of visiting Groote Schuur Hospital, where we treated the incredible women to relaxing and well-deserved pampering sessions.

It was a wonderful opportunity to celebrate, appreciate and remind the women who give so much to others to take a moment for themselves.

Thank you to the WCDHW for allowing us to be part of this special initiative. 🌸

08/27/2026

Cape Metro Atlete Span

Ons is ongelooflik trots op ons 12 atlete wat amptelik in die Cape Metro-span opgeneem is!
Hulle sal op 12 September na Riversdal reis, waar hulle aan die Wes-Kaap Kampioenskappe gaan deelneem.

Die span sit hard agter die skerms in en werk aan hul fiksheid en krag. Hier is hulle besig om lekker in die gym te oefen en voor te berei vir die groot dag!

Ons is trots op elkeen van julle en wens julle alle sukses toe! 💙🔥

Verlede week het 'n groepie Jaar 2 leerders die Kasteel die Goeie Hoop, Militêre Museum en Iziko Museum besoek om meer o...
08/26/2026

Verlede week het 'n groepie Jaar 2 leerders die Kasteel die Goeie Hoop, Militêre Museum en Iziko Museum besoek om meer oor Suid-Afrika se geskiedenis, kultuur, erfenis en militêre verlede te leer. Die besoek was baie interessant, leersaam en genotvol, en het leerders die geleentheid gebied om nuwe dinge eerstehands te ervaar.

Jaar 4- verjaarsdae 🎉Die Augustus-verjaarsdaggroep het vandag hul maandelikse uitstappie geniet.Hulle het eers 'n draai ...
08/26/2026

Jaar 4- verjaarsdae 🎉

Die Augustus-verjaarsdaggroep het vandag hul maandelikse uitstappie geniet.

Hulle het eers 'n draai by die Two Oceans Aquarium gemaak, waar hulle die wonderlike onderwaterwêreld kon verken.

Later het die groep heerlik ontspan met 'n piekniek by Eden on the Bay.

'n Perfekte dag vol pret, lekker kuier en spesiale herinneringe! 💙✨

Address

Gouda Street
Avondale

Opening Hours

Monday 8am - 3pm
Tuesday 8am - 3pm
Wednesday 8am - 3pm
Thursday 8am - 3pm
Friday 8am - 3pm

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Atlantis School Of Skills/Atlantis Vaardigheidskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category