Weltevrede secondary

Weltevrede secondary

Share

This page is created for all kinds of news & updates and sport, activities and all kinds of things that happen in our school and our community.

19/07/2023
03/08/2022

Rus in vrede Mnr Bernie Hendricks. Ons betyg ons inninge meegevoel en sampatie aan Juff S.Hendricks, kinders en die familie. Mag ons hemelse Vader met Julle wees In die hierdie hartseer tyd en Julle vetroos.

Ons sal Mnr Hendricks onthou as daardie onbeskryflik passievolle en hart van goud onderwyser. Hy was regtigwaar n Rolmodel vir vele leerders op skool. Ons sal hom vreeslik Baie Mis.

We salute you Mr. B. Hendricks you will always be in our ❤️.

09/01/2020

Juff Morilly se inspirende
boodskap

Tweede kanse...nie almal van ons kry Tweede
Kanse in die lewe nie.
Matrikulante wat gister onsuksesvol was....baie van
julle het egter nog 'n Tweede Kans. Die aanvullende
eksamen is nog daar...registreer asb, leer dan
kliphard en gebruik hierdie Tweede Kans om
suksesvol te wees.
Daar is GEEN rede om nou in sak en as te sit omdat
jy gister onsuksesvol was nie.
Daar is GEEN rede dat jy hoef skaam te wees omdat
jy gister onsuksesvol was nie.
Daar is GEEN rede om jou eie lewe te neem omdat
jy gister onsuksesvol was nie.
Huil jou hart uit....dis normaal om hartseer te
wees....dis normaal om teen die planke te wees...dis
normaal om teleurgesteld te voel...maar lig jou kop
op na 'n tyd....vee jou trane af en wees dankbaar vir
die Tweede Kans wat jy gegun word.
Jy sal later uitvind die lewe gee jou nie altyd 'n
Tweede Kans nie. Sorg dat jy so gou as moontlik
uitkom by jou skool en inligting inwin oor die
Aanvullende Eksamen.
As jy nie gaan registreer nie....gooi jy jou Tweede
Kans weg.
My hart gaan uit na elkeen wat dit nie gemaak het
nie...ek bid vir julle....maar ek bid ook dat jy gebruik
sal maak van jou Tweede Kans

08/01/2020

Matriekuitslae vir 2019

Charleston Hill sek-76.1%
Noorde Paarl sek-76.6%
New Orleans sek-73.3%
Paulus Joubert-72.4%
Hoerskool Wellington-73.6
Weltevrede Sek-67.8%
Hoerskool waveren-55.6%
Klein Nederburg-93.4%
Al Azhar -71.3%
Bergrivier Sek-80.3%
Desmond Tutu High-55.6%

16/10/2019

Ons wens alle matrieks van 2019. Sterkte toe met hul finale eksamen.

onthou dit is die tyd waar jy voor gewag het en maak die beste van dit deur jou alles in te sit.

Hou goeie moed, vertrou op Here, bly kalm en bring jou kant tot die beste van jou vermoe.

God seen.

03/08/2019

Sportdag 2019

Ceres Sekondêr VS Weltevrede Sekondêr

27/07/2019

Derby 2019 finale Score:

WT-26
BR-24

27/07/2019

Derby 2019 Finale.

Weltevrede Vs Bergrivier Hoerskool.



26/07/2019

Ons kan boekdele skryf oor waar dinge vandag vir
Weltevrede verkeerd gegaan het.
Wat egter soos 'n p**l bo water gestaan het, is die
feit dat Bergrivier onoorwonne was. Baie baie geluk
BR...julle het al 3 jul sokkerwedstryde teen
Weltevrede gewen. Julle het van die veld afgestap
as waardige wenners....julle het die spel gespeel om
as oorwinnaars uit te stap.
Weltevrede soos die Engels man sal sê...."its back
to the drawing board." Ons gaan egter nie moed
verloor nie. Die stryd is net verby as die eindfluitjie
môre middag, die einde van die wedstryd aankondig.

25/07/2019

Dag 4 Netbal uitslae.

0/15 WT 11 - 11 BR
0/14 WT 8 - 22 BR
0/16 WT 12 - 17 BR
0/17 WT 13- 13 BR
Oud Studente WT 7 - 11 BR
0/18 WT 18 - 33 BR

Want your school to be the top-listed School/college in Wellington?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address

Bloekomlaan
Wellington
ZIPCODE