Pikkie-Paradys

Pikkie-Paradys

Share

Pikkie Paradys is a pre-primary school, accepting children from the ages of 3 months old until 7 yrs

25/02/2026

🩸Wees deel van Pikkie Paradys se gemeenskapsprojek en skenk bloed. 🩸

1 Donasie = 3 lewens. Kom maak ‘n verskil en skenk bloed *ALMAL is welkom.*

🩸Basiese Kriteria:

•Ouderdom: Persone moet tussen 16-55 jaar oud wees.
•Moet meer as 50 kg weeg.
•Geniet goeie gesondheid.
•Handhaaf ‘n gesonde seksuele leefstyl.
•Wees getrou om ander te help.
•Eet ‘n groot, geballanseerde ete binne 3-4 ure voor donasie.

📍Plek: Pikkie Paradys
🩸Datum: Vrydag, 27 Februarie 2026
⏰ 09:00-14:00

Deel asseblief met almal. Hoe meer hoe beter🩸

25/11/2025

🩸Wees deel van Pikkie Paradys se gemeenskapsprojek en skenk bloed. 🩸

1 Donasie = 3 lewens. Kom maak ‘n verskil en skenk bloed *ALMAL is welkom.*

🩸Basiese Kriteria:

•Ouderdom: Persone moet tussen 16-55 jaar oud wees.
•Moet meer as 50 kg weeg.
•Geniet goeie gesondheid.
•Handhaaf ‘n gesonde seksuele leefstyl.
•Wees getrou om ander te help.
•Eet ‘n groot, geballanseerde ete binne 3-4 ure voor donasie.

📍Plek: Pikkie Paradys
🩸Datum: Donderdag, 27 November 2025
⏰ 09:00-15:00

Deel asseblief met almal. Hoe meer hoe beter🩸

07/10/2025

‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️

MEDIA VERKLARING: GEWAPENDE ROOF BY PIKKIE PARADYS PRE-PRIMÊRE SKOOL

Pikkie Paradys Pre-Primêre Skool deel met deernis dat ’n gewapende rooftog op Dinsdag, 30 September 2025, by die skool plaasgevind het.

Ons wil ons gemeenskap verseker dat die veiligheid van ons kinders altyd ons hoogste prioriteit bly.

Die skoolkantoor was die teiken, en ’n bedrag kontant is gesteel. Hierdie kontant was tydelik op die terrein nadat ouers betalings gemaak het vir ons jaarlikse fotoweek, wat daarna aan die fotograaf sou oorbetaal word. Dit is nie ons gewone praktyk om groot bedrae kontant by die skool te hou nie.

Die aanvallers het toegang tot die terrein verkry toe een van hulle homself as ’n potensiële ouer voorgedoen het. By sy uitgang deur die sekuriteitshek het hy vir die ander aanvallers toegang gegee.

Wat veral ontstellend is, is dat die verdagtes nie hul gesigte probeer wegsteek het nie en duidelik op CCTV-beeldmateriaal sigbaar is — wat aandui dat sulke misdadigers nie afgeskrik word deur bestaande sekuriteitsmaatreëls nie.

Ten spyte van omvattende veiligheidsreëlings en sekuriteit in plek, wys hierdie voorval dat misdadigers voortdurend nuwe maniere vind om sekuriteit te omseil. Ons deel hierdie inligting nie net ter wille van deursigtigheid nie, maar ook om ander skole, besighede en die gemeenskap bewus te maak van die toenemende bedreiging, selfs vir goedbeskermde terreine.

Ons is uiters dankbaar dat geen kinders of personeellede beseer is nie. Ons personeel het vinnig, kalm en professioneel opgetree, onmiddellik onraad vermoed en die kinders na veiligheid geneem.

Dit is vir ons belangrik om te beklemtoon dat die kantoor afsonderlik van die klaskamers is en dat die aanvallers uitsluitlik die kantoor geteiken het. Die kinders en klasse was te alle tye veilig.

Na hierdie voorval het die skool reeds verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye genader om moontlike swakpunte te identifiseer en verdere versterkingsmaatreëls in te stel.

Hierop volg dat ons ook voortaan ’n kontantvrye (“cashless”) betalingsisteem sal implementeer vir alle ouertransaksies, om die risiko te verminder.

Ons wil ons personeel en veiligheidsvennote bedank vir hul vinnige en verantwoordelike optrede, en ons waardeer die ondersteuning van ons ouergemeenskap gedurende hierdie tyd.

Pikkie Paradys bly toegewy aan die veiligheid van elke kind, ouer en personeellid en ons sal aanhou om proaktief te werk om ons skoolgemeenskap te beskerm.

“Ons moedig ook die gemeenskap aan om waaksaam te bly en enige verdagte gedrag in die omgewing onmiddellik aan te meld.”

Ons bedank ook die plaaslike owerhede veral NAMPOL se "Serious Crime Unit" en veiligheidsdienste vir hul bystand en vinnige reaksie tydens en ná die voorval.

Ons deel hierdie inligting met deursigtigheid en verantwoordelikheid, nie om kommer te wek nie, maar om bewusmaking te bevorder binne die gemeenskap.

Hierdie tipe voorvalle beklemtoon die noodsaak van voortgesette samewerking tussen skole, sekuriteitsfirmas en die breër gemeenskap om waaksaam en proaktief te bly.

Pikkie Paradys Groete

Yvette Kruger (Skoolhoof & Eienaar)
Florene Louw (Eienaar)

05/10/2025

🩷🩷🩷

Photos from Pikkie-Paradys's post 20/08/2025

🤍🤍🤍🤍🤍
Fantasy play is important because it helps children use their imagination and be creative.

It allows them to try different roles, solve problems, and understand emotions. Fantasy play also helps with social skills when children play with others.

15/08/2025

Pikkie-Lympics
Calling on all verndors
Contact Tonya: +264 81 728 3374 🌸

28/07/2025

🩸Wees deel van Pikkie Paradys se gemeenskapsprojek en skenk bloed. 🩸

1 Donasie = 3 lewens. Kom maak ‘n verskil en skenk bloed *ALMAL is welkom.*

🩸Basiese Kriteria:

•Ouderdom: Persone moet tussen 16-55 jaar oud wees.
•Moet meer as 50 kg weeg.
•Geniet goeie gesondheid.
•Handhaaf ‘n gesonde seksuele leefstyl.
•Wees getrou om ander te help.
•Eet ‘n groot, geballanseerde ete binne 3-4 ure voor donasie.

📍Plek: Pikkie Paradys
🩸Datum: 1 Augustus 2025
⏰ 09:00-14:00

Deel asseblief met almal. Hoe meer hoe beter🩸

Photos from Pikkie-Paradys's post 27/07/2025

🤍🤍🤍

18/06/2025

Ons hier by Pikkie Paradys Pre-Primêr is ongelooflik opgewonde! 🤩🥳

Future Media Nambia het vir Pikkie Paradys die tweede jaar in ‘n ry een van die beste kleuterskole in Namibië genomineer. Dit is vir ons 'n groot voorreg en eer🙏.

Volg die volgende skakel en stem vir Pikkie Paradys!

bestofnam.com

18/06/2025

Get your copy NOW at the following outlets for FREE or contribute N$50.00 Paytoday.

Foodlovers Hilltop| Spar Lifestyle| Jono's| Shema's| Pikkie Paradys| Cycletec| Wap| Whk Gym| St George's| Pharmacy @ Lady| Slowtown at Pohamba| Family Pharmacy| Auas Valley Pharmacy| Bergdoring Pharmacy| Heliodoor Pharmacy.

You can subscribe to get your Episodes delivered: email - [email protected]

www.familythyme.media

Photos from Pikkie-Paradys's post 13/05/2025

Hierdie glimlagte sê alles!! ❤️❤️❤️

Want your school to be the top-listed School/college in Windhoek?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Address


Ombika Street, Windhoek East
Windhoek

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:30
Tuesday 07:00 - 17:30
Wednesday 07:00 - 17:30
Thursday 07:00 - 17:30
Friday 07:00 - 17:00