Gobabis Gymnasium Private School

Gobabis Gymnasium Private School

Share

School in Eastern Namibia

Photos from Gobabis Gymnasium Private School's post 15/06/2026

Ons is ongelooflik trots op elke speler wat die naweek deelgeneem het en hul beste gegee het!

'n Opregte dankie ook aan al die ouers, afrigters, ondersteuners en onderwysers wat met hul tyd, toewyding en ondersteuning gehelp het om die naweek moontlik te maak. Julle bydrae maak 'n groot verskil en word opreg waardeer.

15/06/2026

ONDERSTEUN GOBABIS GYMNASIUM SE "PLANT 'N BOOM"-PROJEK

Help ons om ons skoolterrein groener en mooier te maak deur deel te word van ons "Plant 'n Boom"-projek.

Elke bydrae help om 'n blywende verskil vir toekomstige geslagte te maak.

Vir meer inligting, kontak die skoolkantoor:

Tel: +264 62 564771
E-pos: [email protected]

Saam groei ons 'n beter toekoms.

14/06/2026
Photos from Gobabis Gymnasium Private School's post 11/06/2026

Kom ondersteun ons hierdie Saterdag!

Geniet 'n dag vol opwindende netbal en rugby – van vroegoggend tot laatmiddag!

Ons kiosk sal heerlike verversings aanbied, waaronder worsbroodjies, toasties, skyfies, lekkers, koeldrank, water en nog baie meer.

Bring die hele gesin saam en kom geniet die sport, die gees en die geselligheid.

Gobabis Gymnasium is die plek om hierdie Saterdag te wees!

05/06/2026

Die Gr 11’s en 12’s het ook, weereens, goeie NSSC uitslae verwerf en is ook tydens Omaheke se streeksprysuitdeling vereer.

Kayli Nel het ‘n prys ontvang (N$1400 kontant, en ‘n medalje) vir die beste AS Kandidaat in Omaheke asook ‘n sertifikaat met haar Nasionale plasing. (Sy is tans by UNAM, so nie in die foto nie, die prys is vir haar aangestuur)

Jana Lottering (40 punte) en Iyaloo Hanghome (41 punte), ontgvang elkeen ‘n kontant bedrag van N$1400 en ‘n trofee asook ‘n sertifikaat vir hul goeie NSSCO uitslae in 6 vakke.

Henré Opperman ontvang ‘n kontant bedrag van N$1400, ‘n trofee en ‘n sertifikaat vir sy Nasionale plasing van 40ste in die land vir die NSSCO eksamen.

Melanie van der Merwe ontvang ‘n kontant bedrag van N$1500, ‘n trofee en ‘n sertifikaat vir haar Nasionale plasing van 38ste in die land vir die NSSCO eksamen, asook ‘n sertifikaat vir die beste NSSCO Kandidaat in Omaheke.

Gobabis Gymnasium verwerf weereens die prys van Beste Privaatskool en dit behels prysgeld van N$10 000.

💚💛

Want your school to be the top-listed School/college in Gobabis?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Address

Roesners Road
Gobabis

Opening Hours

Monday 07:00 - 16:00
Tuesday 07:00 - 16:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 16:00
Friday 07:00 - 16:00