Worcester NGK Oefen Primer

Worcester NGK Oefen Primer

Comments

More kan ons nie n whtsap groep oop maak vir die gr 6 nie asseblief.dit sal vir ons as ouers ook help om vir hlke te hulp met die huis werk wat hlle kry .asseblief
More alml kan ons nie n whtsap groep stig nie asseblief dit sal baie maakliker wees om te praat met mekaar.groot asseblief
Goeiemore wanneer kom graad 5e skooltoe?
Naand almal wil net vra wat in die koevert was want my kind sin was leeg..dit wat hulle vandag gekry dit die gr7
Die kinders wat da
Halo ek wil net weet wat van die kinders se naam wat nie op is nie wat van hulle
Afternoon ma'am I'm in the link,im trying to get grade5 lessons but I can't get them plz help
DI LEKKERSTE LAERSKOOL OOIT WAT J KAN KRY
2018 se mees toegewyde speler chantelle diedericks ek wil weer vir die skool kom speel
Hulle was tog t oulik
goeiemore hoop dit gan goed almal is uitgerus,sterkte aan al di onderwysers en di hoof vir di nuwe kwartaal en ek hoop Mik Hoog nuusstal is nog aan di gang
Kennisgewing
Inskrywings vir 2020 is oop vanaf 15 Februarie 2019.

Geboortejaar vir:
Speelgroepie: 2015
Gr. R: 2014
Gr. 1: 2013

Dokumentasie wat ouer moet saambring om kind in te skryf:

1. Geboortebewys
2. Kliniekkaart
3. Ouer se ID

Kom skryf asseblief so vroeg as moontlik u kind in om teleurstelling te voorkom.

Versprei ASB die nuus in die gemeenskap.

Vriendelike groete

1935-2020
As one of the oldest school in the heart of Worcester. Rich cultural history and a cornerstone for generations. School turning 85 years old.

Operating as usual

03/05/2022

Coming Soon!!!

27/04/2022

Baie Geluk aan Johney Phillips in Graad 6 A. Wenner van Tekkie Tuesday. Sy wen 'n McDonald's Happy Meal.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 21/04/2022

Coming Soon!!! Fun for the kids and Yummy for your tummy!!

02/03/2022

Kom geniet die dag saam met ons kleinspan.

27/02/2022

Beste Pryse vir Smaaklike kos.

22/02/2022

Kom ondersteun ons eie mense.

04/02/2022

Op Maandag 14 Feb vier Oefenskool die DAG VAN LIEFDE. Ouers plaas asb so gou as moontlik u bestellings om teleurstelling te voorkom 🙌

?

25/01/2022

Aandag Ouers en Voogde

Môreaand (Woensdag, 26 Januarie 2022) om 18:00 is daar 'n Ouer-Onderwyser aand by die skool.

Sien u daar.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 14/12/2021

Die Vierde kwartaal se koerantjie. Geniet hom. Gratis. Sien volgende jaar~ By The Grace. Wees veilig en span uit saam met u geliefdes. As u gaan ry, reisgenade word vir u gewens.

11/12/2021
10/12/2021

Aim High... even if you miss, you'll land among the stars. Oefenskool begin volgende jaar 'n Engelse Graad 1... dit is wat parallel-medium beteken.

08/12/2021

Aandag Ouers en Skoolgemeenskap

Ons vra dat ALLE HANDBOEKE teen VRYDAG, 10 DESEMBER 2021 om 12uur, terug by die skool is. Vra sommer vir die bure se kinders of hulle Oefenskool handboeke al in is. (*wat nie op FB is nie). U sal 'n groot gemeenskap taak verrig.

Gelukkig het die Grondslagfase GEEN HANDBOEKE by hul huise nie. Graad 4 tot Graad 7 hierdie boodskap is op julle gerig.

Kom ons MIK HOOG, sodat volgende jaar ons weer reg kan begin.

Vriendelike groete.

07/12/2021

Early Next Year... little ones are welcome.

25/11/2021

Word deel van ons skool-familie. Stuur die foto aan asseblief.

24/11/2021
Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 15/11/2021

Bied aan....

22/10/2021

'n Heel Eerste vir Oefenskool 🙌

N.G.K. Oefen PS se heel eerste Drama - Klub bied eersdaags 'n Kultuuraand aan!

Idols deelnemer en oud leerder - Elwira Standili sal ons betower met 'n optrede !

Maak seker jy kry so gou as moontlik jou kaartjie teen R20,00 p.p by die skoolkantoor.

Ons hoop ons Sien jou daar 💃💃

20/10/2021

Ouers, ons wil graag ons leerders die geleentheid bied om werk wat hulle hierdie kwartaal gaan doen, op 'n ander manier aan hulle te bring. Om hierdie rede het ons 'n maatskappy genader om die werk op 'n virtuele (VR) wyse aan die leerders te bring. Ons gaan hulle op 'n reis deur die ruimte vat, waar hulle na die verskillende planete, maan en kosmos kan kyk. Hierdie kwartaal se werk handel juis daaroor. Ouers, kom ons gee ons leerders hierdie geleentheid. Die koste beloop slegs R50 per kind. Daar is slegs plek vir 350 leerders. Die sluitingsdatum vir deelname hieraan is Dinsdag, 2 November 2021. Die eerste 350 leerders wat hulle geld bring, sal hieraan deelneem.

31/08/2021

Ondersteun asseblief!!!

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 30/08/2021

Ondersteun asseblief ons Derde Kwartaal funksie deur 'n kaartjie te neem. Die fondsinsameling in hierdie moeilike tyd is van kardinale belang vir die skool. Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning oor die jare. Dit word opreg waardeer.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 30/07/2021

Aandag Ouers en Voogde

Neem tog kennis van die volgende skrywe. Indien u bewus is van ander Oefenskool leerders in u straat of area woonagtig is , herinner hulle aan hierdie belangrike inligting. U kan dit selfs aanstuur op WhatsApp.

Mooi naweek en hou uself veilig.

25/07/2021

Aandag ouers:
Na afloop van die president se familie vergadering vanaand. Herinner ons u net weer.
GROEP 1 begin Môre, Maandag 26 Julie 2021 om 07:30. Onthou asseblief hul maskers is baie belangrik. Mooi aand.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 24/06/2021

Skoolkoerant Uitgawe 1 van 2021. Tweede uitgawe is alreeds vanaf môre beskikbaar by skool.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 01/06/2021

Ouers onthou daar is nog baie kaartjies beskikbaar. Vra vir u families, vriende en bure om te ondersteun. U samewerking word op prys gestel. Baie dankie.

27/05/2021

VIR AANDAG: Alle Ouers en Voogde

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 05/05/2021

Goeie dag ouers/ Oefenskool se getroue ondersteuners

Neem groot asseblief kennis van die volgende fondsinsameling vir die 2de Kwartaal. Maak kontak met skool of nader 'n opvoeder betrokke by die skool vir hoe u kaartjies kan bekom.

30/03/2021

Baie geluk aan die volgende persone.

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post 19/03/2021

Gelukkige wenner van ons weeklikse "Lucky Draw" vir die Fun Trolley Run... elke week staan 'n leerder kans om iets te wen... voor die groot trekking van R2000,00 se inkopie by Checkers Mountain Mall in Mei 2021. You snooze....

10/03/2021

Liewe ouers/voogde

U het alreeds 'n kennisgewing van die Beheerliggaamverkiesing op 31 Maart 2021 ontvang.

Ons vra dat u asseblief die nominasie-vorms by die kantoor kom afhaal voor 15 Maart 2021.

Vir enige navrae kan u die sekretaresse skakel by 023 347-1916.

Ons maak staat op u samewerking.

G. McNeil (Adjunk-prinsipaal)
E. Samson (SBL- sekretaresse)

26/02/2021

AANDAG ASSEBLIEF!!!
Alle prefekte, patrollielede, klokluiers en vlaghysers word herinner aan die leierskapsopleiding wat more (Saterdag, 27 Februarie 2021) by die skool sal plaasvind. Die opleiding sal vanaf 9h00 tot 11h00 duur. Leerders moet asseblief stiptelik wees en mag gemaklike klere aantrek. Ouers is verantwoordelik om hul kinders by die skool te besorg en weer te kom haal.
Vriendelike groete
Prefekte en Patrollie Patrollie komitee

18/02/2021

I/S Ouervergadering: Gr. RR - Gr. 7 Groep 1.

Geagte ouers/voogde

Ons herinner u net dat daar vanaand van 18:00 tot 19:00 'n ouervgadering is,soos in die nuusbrief 1/2021 gekommunikeer was.

Ouers kan vanaf 17:15 aanmeld vir die skanderingsproses.

U teenwoordigheid is belangrik, omdat inligting rakende u kind deurgegee sal word.

Onthou u maskers asseblief!

Covid-19 protocol sal handhaaf word.

11/02/2021

Goeienaand ouers/voogdes... Maak tog asb seker dat die skool in besit is van u huidige werkende kontaknommers dws selfoon, landlyn en adres. Die opvoeders probeer al van laasweek vir u kontak om belangrike inligting te kommunikeer. Sommige antwoord doodeenvoudig net nie hulle fone nie. U kan nie net aanneem dat omdat die skool volgende week begin, u kind moet kom nie. Opvoeders skakel reeds om te sê wie is die 15 Februarie aan die b***t. Baie ouers is onseker, maak kontak asb. al is dit net om uself tevrede te stel.

09/02/2021

VERGADERING: OUERS VAN PREFEKTE EN PATROLLIE LEDE VAN 2021

Alle prefekte, patrollielede, klokluiers en vlaghysers met hul ouers moet asseblief eerskomende Donderdag, 11 Februarie 2021 by die skool aanmeld.
Prefekte en hul ouers moet stiptelik om 18h00 aanmeld. Hul vergadering sal duur tot 18h30.
Patrollielede, vlaghysers en klokluiers en hul ouers moet stiptelik om 18h45 aanmeld en hul vergadering sal duur tot 19h15.
Leerders moet asb netjies en in skoolklere geklee wees.
* Neem asseblief kennis dat slegs 1 ouer per leerder die vergadering mag bywoon agv Covid 19.

By voorbaat dank.
Die Leiers-komitee

15/01/2021

Vir Aandag: Ouers

Soos u op TV en radio verneem het begin die skool vir leerders op Maandag, 15 Februarie 2021. Verdere reëlings rondom die infasering sal in die verloop van tyd met u gekommunikeer word.

24/11/2020

Photos from Worcester NGK Oefen Primer's post

Videos (show all)

Jambo Wana is a Swahili Welcome song from Kenya. It is used to Welcome guest at the hotels but to teach people the langu...
Kyk hoe glinster die maan... liedjie bekend gemaak deur Laurika Rauch. Uit die fliek Liewe Kersfeesvader.
Oefenskool is vir die jare geseënd met hope talente op alle gebiede... Vandag sing 'n graad 7 leerder, Cazlynne Arendse ...
Die graad 1'tjies kyk 'n video-clip oor Kieme. Hulle het ook tande geborsel en hande gewas. Dankie juffrou Geldenhuys in...
Juffrou Nadia Joerdens se klas wat lees. Baie mooi gedoen, juffrou.  Kinders geniet die buitelug.

Location

Telephone

Address


Cnr Of Leipoldt Ave & Grey Street
Worcester
6850

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Other Elementary Schools in Worcester (show all)
Alfred Stamper Primary School Alfred Stamper Primary School
Theoha Avenue, Zwelethemba
Worcester, 6852

Pionierskool - Worcester Pionierskool - Worcester
20 Adderley Street
Worcester, 6850

Pionierskool is geleë in die pragtige Bolandse dorp Worcester, en tans bied ons onderrig aan 125 leerders vanaf Graad R - Graad 12 met siggestremdhede.

MasterPeace Academy MasterPeace Academy
25 Napier Stratt
Worcester

MasterPeace Academy and Resource Centre

Worcester-Noord Primêre Skool Worcester-Noord Primêre Skool
Jakarandalaan
Worcester, 6850

Worcester-Noord Primêre Skool: Een van die topskole in die Boland!

Laerskool Worcester-Oos Laerskool Worcester-Oos
Sutherland Street
Worcester, 6850

Facebook van Laerskool Worcester Oos