Laerskool Pierneef Amptelik

Laerskool Pierneef Amptelik

In die hartjie van die Moot, is 'n skool waar kinders aan iets spesiaals kan behoort.

Operating as usual

16/06/2024

Daar is min plekke waar 'n mens so veilig kan voel soos in 'n stywe drukkie van jou pappa!
Pierie pappa's, oupa's, en voogde, dankie vir julle drukkies, skouers om op te huil, ondersteuning langs die velde, en selfs die ferm woordjies wanneer ons effens van die pad af dwaal!
Ons sê vandag vir die Here dankie vir julle elkeen!

15/06/2024
14/06/2024

GROOTfm 90.5, Pieries, ouers en Onderwysers, baie dankie vir hierdie ongelooflike dag! Geniet julle vakansie!

14/06/2024

Vandag se prettige aktiwiteite! Wie d**k julle het dit die meeste geniet? Die leerders of die Onderwysers? GROOTfm 90.5

14/06/2024

Alle eer aan God!
GROOTfm 90.5

13/06/2024

Laaste bietjie geesvang voor môre se GROOTfm 90.5 kuier!
Sien julle môre vroeg vir 'n lekker warm koffie en 'n dag propvol pret!

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 13/06/2024

Met al die superhelde teenwoordig het ons so veilig gevoel dat ons sommer die noodplan vandag geoefen het! Ons Pieries het vinnig gereageer en het vir Meneer Brand gewys wat gaan vir wat! Daarna het die leerders vandag se wenners gekies en kyk net hoe oulik lyk hulle!

13/06/2024

Woensdag het die leerders soos hulle gunsteling onderwysers aangetrel! Dit was 'n dag vol Wilde lagsessies en pret!
Hou hierdie spasie dop vir vandag se wilde karakters wat in Pierieland rondloop!
GROOTfm 90.5

12/06/2024

Superhelde, prinse en prinsesse of snaakse diertjie? Soos wat gaan die Pieries môre by die skool aankom?

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 12/06/2024

Die Pieries se WILDE geesweek het Dinsdag die snaakste voetbedekkings na vore laat kom! Personeel en leerders het vet pret gehad toe hulle met alles behalwe skool-/werkskoene by die skool kon opdaag!
GROOTfm 90.5, maak reg vir 'n klomp 'wille' Pieries!

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 12/06/2024

Ons geesweek is WILD aan die gang!
Maandag het ons begin met snaakse haarstyle of hoede. Die Pierie leerders en personeel het uitgehaal en gewys!
GROOTfm 90.5 sien julle Vrydag!

12/06/2024

South African National Blood Service

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 12/06/2024

Sport is meer as net n spel. Wanneer jy hierdie manne 1ste pouse saam sien sit en eers saam eet, wanneer hul siek is en nie kan oefen nie maar langs die veld sit om deel te wees, wanneer jy hul oë sien wanneer hul afrigters praat en hul n knieg vat vir n speler wat seer kry… weet jy… rugby is meer as net n spel.

So het ons o/11 Pieries teen Mayville soos ware bulle kragte gemeet. Elke speler van beide spanne het hul harte uit gespeel. Die skrums was hard en elke plettervat nog harder. Vinnige besluite moes geneem word en die voete moes ekstra rats wees. Met n lang geskiedenis van gelykop speel of enkele punt verskille kon Pieries op 11 Junie 2024 as oorwinnaars uit die stryd tree en as die BLOU BUL LAERSKOOL KAMPIOENE gekroon word!

‘Behind every fearless player is a fearless coach who refused to let them be anything but the best they could be’. Mnr John-Ross en Mnr Cinjin - we salute you!

Alle eer aan ons Hemelse Vader vir die geleentheid om nie net hul talente uit te oefen nie maar ook vir al die lesse wat daarmee gepaard gaan. Want sport is meer as net n spel

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 11/06/2024

Na ons Pieries hulle harte oopgemaak het en vir ons voorraad vir ons koskaste gebring het, het Atterbury Trust nog 'n ONGELOOFLIKE donasie gemaak.

10/06/2024

Swart. Hard. ‘n Metafoor van verlore kaalvoet kindervreugde. ‘n Simbool van sorgelose somerdae onderdruk deur ‘n beier van klokke , periodes en eksamens. Maar nie môre nie! More kan die Pieries enigiets aantrek wat nie skool skoene is nie! Inteendeel, die kreatiefste belaglikste oulikste voet skeppings sal dalk nog ‘n prys ook wen! So kom Pieries, gee jou kreatiwiteit vlerke!

09/06/2024

Onthou, more kan Juffrou van Vollenhoven niks sê nie, so kom as ‘n 80’s punk, of ‘n ducktail, of soos een van die Scrooge McDuck se Ducktales of soos Elvis. Laat jou kuif hang waar hy goedd**k, of jou jou kapsel wind vang soos ‘n seil. Dra ‘n hoed, ‘n pletterpet, ‘n sombrero of een van daai Japanese sambrele wat mens op jou kop vas maak, want dit is Funky hoed/hare dag.

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 05/06/2024

Vandag het National Centre for Child Protection met ons Pieries kom gesels! Ons leerders het gehoor van die gevare van vreemde mense, nie net in persoon nie maar ook op aanlynspeletjies en sosial media platforms.
Baie dankie Oom Danie!

03/06/2024

Sterkte manne! Ons Staan Vas agter julle!

31/05/2024

Ons toetsreeks is verby en nou begin die GROOTfm 90.5 voorbereiding! Vandag se wenners, 7VT, het vir Jufforu Maretha en Meneer Thompson bietjie afgekoel so op 'n heerlike sonskyn dag.
PIERIES JULLE IS NET PRET!

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 27/05/2024

As jy een van die meer senior Pieries is, is Mei ‘n besondere stresvolle tyd, vol eksamens en toetse maar as jy een van die kleiner Pieries is mag die dalk net die tyd van jou lewe wees! Die naweek het ons die ongelooflike voorreg gehad om ‘n bulletjie rugby dag by ons skool te hou, en terwyl die bulletjies b***e ge”pass” het, het ons mini netbal dogters sierlik b***e deur die nette by Eduplex laat swiesh!

Dankie aan Tannie Natasha en Marelize wat die bulletjie dag gereël het asook die Blou Bul Rugby unie wat Bulletjie homself laat uitkom het om bene te rek met die klein bulletjies! As jy een van die meer senior Pieries is, is Mei ‘n besondere stresvolle tyd, vol eksamens en toetse maar as jy een van die kleiner Pieries is mag die dalk net die tyd van jou lewe wees! Die naweek het ons die ongelooflike voorreg gehad om ‘n bulletjie rugby dag by ons skool te hou, en terwyl die bulletjies b***e ge”pass” het, het ons mini netbal dogters sierlik b***e deur die nette by Eduplex laat swiesh!

Dankie aan Tannie Natasha en Marelize wat die bulletjie dag gereël het asook die Blou Bul Rugby unie wat Bulletjie homself laat uitkom het om bene te rek met die klein bulletjies! Dankie ook aan die mense van Nashua en MTN wat gehelp het om die dag sommer GROOT pret te maak. Dankie ook aan al die afrigters, die Onderwysers, Ma’s en Pa’s wat tyd en kennis met ons klein Pieries deel om hulle lief te maak vir sport en ‘n aktiewe lewenswyse! So bou ons almal saam aan ‘n toekoms waarop ons nie net trots kan wees nie, maar oor opgewonde kan wees!
Dankie ook aan al die afrigters, die Onderwysers, Ma’s en Pa’s wat tyd en kennis met ons klein Pieries deel om hulle lief te maak vir sport en ‘n aktiewe lewenswyse! So bou ons almal saam aan ‘n toekoms waarop ons nie net trots kan wees nie, maar oor opgewonde kan wees!

24/05/2024

Kom geniet 'n dag vol pret, plesier en Rip Rugby by Laerskool Pierneef se Bulletjie dag!
Opgewonde kinders van Laerskool Boerefort, Eduplex Laerskool, Rietondale Primary, Laerskool Du Preez van Wyk, en Laerskool Kameeldrift gaan hulle harte uitspeel en ma's, pa's, oumas, oupas vanuit die heide en verre vermaak met hulle durf en daad!

So kom maak 'n draai, gryp ‘n worsrol, verfris jou keel met ‘n lekker blou “slushie”, skreeu vir ‘n toekomstige springbok of twee, en wie weet, loop dalk iemand beroemd ook raak!

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 15/05/2024
Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 13/05/2024

Meeste van die tyd is Laerskool Pierneef stil en rustig weggesteek tussen Pierneefstraat en die treinspoor, sedig besig om ons bes te gee sonder om aandag te trek maar... een dag elke jaar hak ons uit soos ‘n 55 jarige ortodontis wat ‘n Harley Davidson gekoop het en 35 jaar se onderdrukte rebellie moet laat uitkom voor hy ontplof!
Dan hou ons Pretoria se Grootste Mini-Netbal dag, en die Moot se gewildste Kermis sommer op een dag. Daai dag is dit moeilik om nie aan Laerskool Pierneef aandag te skenk nie want waar die strate nie toegespan is nie is dit toe geparkeer, en mense van heinde en verre kom om ‘n bietjie Moot gasvryheid en gesonde kompetisie te beleef!
11 Mei 2024 was geen uitsondering nie, behalwe dat dit dalk nog groter was. 868 dogtertjies van 13 Laerskole van oral in Pretoria met hulle ma’s en Pa’s oumas oupas , boeties en sussies het kom kuier. 106 Mini netbal wedstryde is gespeel onder luide toejuiging van passievolle ouers en toesig van gedetermineerde afrigters wat elke beweging met ‘n valk oog dopgehou het! Doele was aangeteken, voetwerk uit die boonste gestoeltes het die ouer geslagte laat terug d**k aan Michael Flatley, en die dogtertjies oor die hele Pretoria het nie net teen mekaar gespeel nie maar saam gespeel en nuwe maatjies gemaak.

Terwyl dit aan die gang was, was Suid Afrika se heel grootste springkasteel op die rugbyveld. Ons het aanvanklik ged**k dat geen kind ‘n springkasteel so groot soos ‘n Moot erf kon weerstaan nie maar was aangenaam verras toe ons sien dat selfs onderwysers na sy bekoorlike gebons gelok is soos ‘n mot na ‘n vuur. Daar was gespring, geklim en geklouter, van alle grotes en vaardigheid ’s vlakke. Filkflakke was gemaak, koppe het rond gebons maar orals was vreugde en jolyt!
En terwyl dit aan die gang was, was daar 40 van die Moot se beste uitstallers met produkte van hoogstaande gehalte besig om uit te stal. Van mooi goed wat gedruk is, tot baadjies, karavane en Reitz Stoeiklub wat mense vaardig op hulle neuse laat kyk het. Iets vir elke ou. Dit het alles plaasgevind terwyl die Pierneef ouers en onderwysers gekook het soos Gordon Ramsey (sonder die geskree natuurlik) , en die gaste kon bederf met tradisionele Moot Boereworsrolle, Hamburgers, Kerrie en rys, skyfies, pannekoek en nog vele meer. Vir die wat rustig wou verkeer en wegkom van die opwinding, het die saligheid van ‘n teetuin by die naskool rus en rustigheid gebring waar diep dinge ged**k is, dieper gesprekke gevoer is en baie.. BAIE koek geëet is.

Vir elke Pierie onnie, ouer en kind asook oom Chris en die sekuriteitsspan wat skouer aan die wiel gesit het om die kermis een gemaak het vir die boeke dankie! Byt vas, nog net 362 (of iets in daai rigting) slapies dan doen ons dit weer!

12/05/2024

‭SPREUKE 31:31
Gee vir haar die waardering wat sy verdien. Laat sy erkenning geniet in die stadspoort op grond van alles wat sy gedoen het.

Dankie elke mamma, vir julle liefde, ondersteuning en leiding!

10/05/2024

Die Laerskool Uniefees meisies gee altyd hulle bes.
Los niks op die baan, so kry hul sukses.
Maar díe Saterdag kan hulle bietjie ontspan ook
Mens het nie altyd nodig om die pyp te rook.
So kom laai af onder ons koelte bome
en raak rustig langs Pierneef se waterstrome.

Photos from Laerskool Pierneef Amptelik's post 09/05/2024

Ons skooltjie het vandag die Nederduitse Gereformeerde Kerk - Pierneef uit sy nate laat bars toe ons saam Hemelvaart gevier het.
Ons Pieries STAAN VAS in ons geloof en dankbaarheid vir alles wat Jesus vir ons kom doen het.

09/05/2024

By Oom Anton het Pierneef so baie geleer,
daarom nooi ons julle uit hierdie keer.
Laerskool Anton van Wouw, ons gaan op daai bane lekker speel!
En na die tyd, gesprekke oor kuns en beeldhou deel.
Dan kan julle eers kom eet by ons stalletjies!
Want ons is prakties familie, julle malletjies!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Videos (show all)

GROOTfm 90.5, Pieries, ouers en Onderwysers, baie dankie vir hierdie ongelooflike dag! Geniet julle vakansie!
Vandag se prettige aktiwiteite! Wie dink julle het dit die meeste geniet? Die leerders of die Onderwysers? GROOTfm 90.5
Meneer Thompson se move is "NEXT LEVEL"! #Hoofmetdiegrootstegees GROOTfm 90.5
Dis net pret by Pierneef! Watch this space...
Alle eer aan God! GROOTfm 90.5
Die dag het nog nie begin voor jy nie 'n koffie gehad het nie! GROOTfm 90.5
Laaste bietjie geesvang voor môre se GROOTfm 90.5 kuier! Sien julle môre vroeg vir 'n lekker warm koffie en 'n dag propv...
Woensdag het die leerders soos hulle gunsteling onderwysers aangetrel! Dit was 'n dag vol Wilde lagsessies en pret! Hou ...
Die res van die moot kry koud vanoggend maar ons Pieries dans hulself lekker warm in die heerlike son! GROOTfm 90.5 ons ...
Die Pieries het vanoggend die koue weggedans! Ons is aan die gang met ons GROOTfm 90.5 #skoolmetdiegrootstegees voorbere...
Ons toetsreeks is verby en nou begin die GROOTfm 90.5 #skoolmetdiegrootstegees voorbereiding! Vandag se wenners, 7VT, he...

Location

Category

Telephone

Address

940 Pierneef Street
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00
Other Schools in Pretoria (show all)
University of Pretoria - TuksAlumni University of Pretoria - TuksAlumni
Lynwood Road
Pretoria, 0028

There are close to 300 000 alumni at the University of Pretoria.

Science Engineering and Technology Student Association Science Engineering and Technology Student Association
University Of South Africa Preller Street Mucklenuek Ridge
Pretoria, 0003

UNISA- Science Engineering and Technology Students Association

Hatfield Online School Hatfield Online School
551 January Masilela Drive, Waterkloof Glen
Pretoria, 0010

BRIDGE TOMORROW’S DIGITAL WORLD THROUGH ONLINE EDUCATION, TODAY!

Pretoria Chinese School Pretoria Chinese School
Cnr Of Dennil And Halse Street, Wingate Park
Pretoria, 0181

English-medium independent school providing education of international standard, within an environme

Hoërskool Gerrit Maritz _Amptelik Hoërskool Gerrit Maritz _Amptelik
Daan De Wet Nel Drive, Dorandia
Pretoria, 0182

High school situated in Pretoria North.

EduMindz Academy EduMindz Academy
Pretoria East
Pretoria, 0081

EduMindz Academy Homeschooling Centre In Pretoria East, is passionate about creating dynamic and confident leaders for the future.

Experi-Buddies Centurion and Pretoria East Experi-Buddies Centurion and Pretoria East
Pretoria East And Centurion
Pretoria

Experi-Buddies is an educational, extra-mural programme that uses experiments to show young children that the world of science can be fun.

Edu Affinity Edu Affinity
Pretoria, 0001

We are committed to helping educators and educational institutions through our current and relevant resources to advance their professional standing and surpass their financial objectives.

Princefield Trust School Princefield Trust School
47WF Nkomo
Pretoria

We are an independent combined school from Grade R to grade 12 with a strong and rich background of

Rietondale High School Rietondale High School
Corner Of 18 Avenue & Pierneef St
Pretoria, 0084

Official page of Rietondale High School

Lemuel Academy Lemuel Academy
223 Kameeldrift Road
Pretoria, 0035

Child-centered education aimed at developing full intellectual, emotional and physical potential.