
Die Hoërskool Menlopark se 1ste krieketspan is gereed om 2025 in Bloemfontein af te skop. Geniet elke oomblik van hierdie geleentheid! 🏏🏏🏏
Die Hoërskool Menlopark is een van Suid-Afrika se topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terre Excelsa Petamus (ons streef die hoogste na).
Die Hoërskool Menlopark is een van Suid-Afrika se topskole, bekend vir uitnemendheid op vele terreine.
Operating as usual
Die Hoërskool Menlopark se 1ste krieketspan is gereed om 2025 in Bloemfontein af te skop. Geniet elke oomblik van hierdie geleentheid! 🏏🏏🏏
Ons is trots op ons hoofseun van 2025 wat deel kon van die Netwerk24- en Die Burger-jeugleierskonferensie. Wat 'n voorreg om die voorlopers van die toekoms so saam te beleef! Ons sien uit na die pad vorentoe saam met hierdie jong leiers!
Dankie aan Netwerk24 en Die Burger vir 'n ongelooflike geleentheid!
Terugblik 2024
Volg gerus die skakel na die Menlo-kalender om te sien wat 2025 inhou! Ons sien uit na 'n vinnige en besige Menlo-jaar!
https://menlopark.co.za/wp-content/uploads/2024/12/Menlo-Kalender-2025_compressed.pdf
Tuks se swemprogram brei in 2025 na Die Hoërskool Menlopark uit. Ons is opgewonde oor nuwe afrigters en nuwe swemprogramme wat by die vars, blou, opgegradeerde Menlo-swembad wag.
Dankie aan ons hoof, Kobus Hartman, die Menlo-beheerliggaam en Rocco Meiring (oud-Menloparker) van TUKS-swem, vir hierdie inisiatief wat nuwe geleenthede vir Menlo-swem sal skep. Die toekoms is Menlo-blou. 🏊♂️🏊♂️🏊♂️
Klik gerus op die skakel vir 'n bietjie meer inligting oor mnr. Rocco Meiring:
https://x.com/OfficialTeamRSA/status/1860988130217656825
Die matrieks van 2024 meld vir die heel laaste vraestel aan. Hulle maak die laaste punt op die laaste vraestel van 2024. Tydens opening word die matrieks gegroet en die volgende vir hulle toegewens:
Mag daar altyd 'n lig brand in julle huis
Mag die paddas julle onthou
Mag die appels aljaar soeter word
En die druiweprieel groener.
Mag julle vriende wyn saambring vir die kuier.
Mag die huis wat julle betrek, deurtrek bly
Van die geur van sederhout en malvablare
Mag die walle van julle slote nie te gou inkalwe
En instort nie
Sodat die water nog helderder daarin kan vloei
Mag die sterre en die berg en die stilte
Oor julle en julle gesin bly waak
Nou en môre en môre se aand
En elke van daardie dae se nag.
Breyten Breytenbach
Baie geluk aan die Menloparkers wat aan die finaal van die Nasionale Natuurwetenskap-ekspo: SA-YESS
(South African Youth Engineering and Science Symposium) deelgeneem het! Hier volg die uitslae:
Kian Müller: Brons
Dea Higgins: Goud
Selie de Villiers & Ruben Janse van Rensburg: Goud en is aangewys as Kategoriewenners vir Biologiese Wetenskappe (Juniors)
Luané Erasmus & Jan-Ernst Weilbach: Goud en is aangewys as Kategoriewenners: Ingenieurswese (Juniors)
Dankie aan die Menlo-personeel vir soveel ekstra myle! 🧪🔬🧫
Menlo-koor se kerskonsert was weer een vir die boeke. Baie dankie aan Laerskool Menlopark se koor en ouers wat die Kerssangdiens saam met ons gevier het. Daar is heerlik gesing en almal het die vreugdevolle aand terdeë geniet! Dankie aan almal betrokke! 🌲❤️🎄
Menlo is absolut gereed vir 2025!
Handboeke word uitgedeel en werkboeke word aangeskaf. Nou kan 2025 maar sy verskyning maak!
Beleef gerus weer die opwinding van ons Menlo-revue van 2024 deur op die volgende skakel te klik:
https://youtu.be/Nqm-nnkkm-s?si=e6PKdD7No28YlLbX
In 2024 het 33 matrikulante aangemeld om hulle lewens met Alpha Wiskunde te verryk. Baie geluk aan elkeen vir die vasbyt en toewyding. Ons is trots op elkeen.
Geluk aan Lelize van der Walt (95%) en Ruben van Biljon (94%) wat in die top-20-leerders in die land is.
Die volgende leerders het onderskeidings vir Alpha Wiskunde behaal:
Christiaan Moodie; Ewald Meyer; Juan le Roux; Marike Louw; Devan Matthee; Altus Malan; Clarise Janse van Rensburg; Danielle de Wet; Rudolph Jordaan; Marlѐ van Wyk
Spring in en word deel van die Menlo-familie!
Sluit by ons aan vir 'n aand van kleur en klank. Menlo-koor se kersfeeskonsert is elke jaar 'n hoogtepunt! Moet nie hierdie viering van KersFEES in 'n KersGEES misloop nie.
Baie geluk aan al die leerders wat hierdie jaar aan die Afrikaans Ekspo deelgeneem het - dit was 'n vreugde om elkeen se entoesiasme vir die taal te beleef!
Die volgende leerders het met GOUE sertifikate weggestap:
Alitha Oberholzer, Altus Malan, Clara Serfontein, Imme Kromhout; Reeze Zeuner en Rian Knoesen.
Baie geluk aan Shimei Visser en Jeanne-Marie van Brummelen wat as kategoriewenners aangewys is! Ons weet Afrikaans is in GOUE hande!
Menlo-Insig 32 van 2024
Menlo-matrieks van 2024 sê so oor Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid vraestel 1!
Menlo-krieket is trots op die volgende o. 17-krieketspelers wat in die o. 17-Titansspan opgeneem is. Baie geluk aan al Menlo se krieketspelers wat deur die jaar so hard werk en aan die Menlo-afrigters wat altyd soveel ekstra myle op Menlo-bodem aflê. 🏏🏏🏏
As Parkies is dit ons visie...