
Hoërskool DF Malan
DF Malan is ‘n toonaangewende Afrikaans-medium hoërskool. Waardes:
1. Verantwoordbaarheid
2. Respek
3. Integriteit
4. Empatie
5. Nederigheid
6. Diensbaarheid
BESTAANSTELLING
DF Malan is ‘n toonaangewende Afrikaans-medium hoërskool wat leerders in ‘n veilige en waarde-gedrewe omgewing in hulle totaliteit ontwikkel om in ‘n snel-veranderende volwasse wêreld hulle plek vol te staan. VISIE
DF Malan strewe daarna om ‘n innoverende en leidinggewende hoërskool te wees wat leerders geleenthede bied om met die nodige lewensvaardighede toegerus te word sodat h
Operating as usual


Baie geluk aan Emogene Prinsloo wat hierdie jaar WP-kleure vir bergfiets in XCO en XCM verwerf! Ons is baie trots op jou, Emogene! 💙💛

Ons dansers is omtrent besig! Neéke Smuts het 10-12 November aan die DanceStar SA Kwalifiseerder deelgeneem.
Met haar 3 solo dansroetines en 4 groeproetines kwalifiseer sy vir die 2024 DanceStar World Masters in Kroasië. Baie geluk, Neéke! 💙💛

💙💛
Veels geluk met jou verjaarsdag, mnr. Conradie! 💙💛

Om 'n hoof te hê wat lief is vir sy leerders, personeel en skool is seker die grootste seën in die onderwys! Ons is baie geseënd en dankbaar vir Meneer se menswees en omgee vir elke Dee-Effer! Lekker verjaar, mnr. Conradie!💙💛

Nog 2 goue medaljes vir ons kampioen by die Afrika Meesters kampioenskappe! Wel gedaan, me. Gerstner! 💙💛

Die doele in ons netbal se senior-oefengroep het vandag 'n doelkliniek deur Lenize Potgieter (Protea-doel in die Wêreldbekerspan) bygewoon.
Dit was 'n ongelooflike geleentheid en ons dogters het dit vreeslik geniet! 💙💛

Baie welkom aan ons gr. 8-hokkiespelers vir 2024. 💙💛

'n Dag in die lewe van Dirk Hagen deel 3
Dirk Hagen se gedig “Wat gebeur dan nou?” is later die aand van 4 November tydens ’n gala-geleentheid by die Voortrekkermonument bekroon met die DJ Opperman-prys in die afdeling, Verset teen onreg. Sy gedig is opgeneem in die digbundel, Stemme uit die Suiderland XVIII. Dirk se gedig weerspieël sy hart vir die haweloses en dié wat swaarkry en eggo ook die werk van sy NRO wat hy vroeër hierdie jaar gestig het.
Dirk, as dit ’n voorbeeld is van wat jy alles op een dag kan doen, kan ons nie wag om te sien wat 2024 vir jou inhou nie! Ons harte klop ekstra blou vandag!💙💛

'n Dag in die lewe van Dirk Hagen deel 2
Op Saterdag, 4 November het Dirk ook saam met Emma Geringer en Eben Olivier die gradeplegtigheid van die Spirit of Youth 2023 bygewoon. Die Spirit of Youth-program is 'n graad 11-program wat fokus op groei, selfontdekking en leierskapontwikkeling om aktiewe burgers te skep wat bewus is van ons geskiedenis, maar ook gereed is om die toekoms met moed, passie en energie tegemoet te gaan.
Dirk het die groep ook toegespreek en geïnspireer om die inisiatief te neem om die land vorentoe te neem deur aktiewe leierskapsdeelname en te wys dat enigiets moontlik is as jy jou gedagtes daarop plaas. 💙💛

Dirk Hagen, junior burgemeester en ons hoofseun vir 2024, was die afgelope tyd besonder bedrywig!
'n Dag in die lewe van Dirk Hagen deel 1
Op Saterdag, 4 November 2023 het Dirk as junior burgemeester van die Stad Kaapstad, ’n voorlegging gedoen oor sy nuutgestigde NRO in die Burgersentrum. Una Creserve Nos (Latyns vir Kom ons groei saam/Let us grow together/Masikule Kunye) wil mans help om hulle lewens te verbeter, jong seuns met afwesige vaderfigure mentor en hul emosionele las verlig. Hiervoor het Dirk verlede maand toiletware-insamelings vir mans geloods en afgelewer by die MES se Parow- en Bellville-skuilings op Maandag, 30 Oktober 2023. Met die ondersteuning van DF, familie en vriende kon hy vir 51 hawelose mans elk ’n toiletware-geskenkpak gee.
Dirk het ook op Sondag, 29 Oktober 2023 saam met sy span mentors (waaronder 7 DF-leerders en ’n DF-onderwyser) die Durbanville-kinderhuis besoek. Hier het hulle saam met die seuns gebraai en gespeel en saam hoenderburgers vir die MES-skuiling in Parow gemaak. Hierdie broodnodige aandete is afgelewer vir die haweloses en was ’n bedekte seën aangesien die kosvoorrade laag was. 💙💛
Besoek gerus Una Creserve Nos se instagramblad: https://instagram.com/una_creserve_nos?igshid=MWNlNHFwY2JoYXdm.

Me. Gerstner neem tans deel aan die Afrika Meesters kampioenskappe in Pretoria as lid van die SA-span. Sy het reeds gister 'n silwer medalje verwerf!
Baie sterkte met vandag se deelname! DF staan bankvas agter jou! 💙💛

Danielle Rabie het tydens die 3rde kwartaal nuwe hoogtes met haar dans bereik!
Sy het aan Move Nasionale kompetisie, onder die afdeling: Studio Solo's deelgeneem en die top 3 behaal met ‘n Silwer. Daarna het sy en haar dansgroepe Zest en Wuhan-19 aan Talent Africa deelgeneem en op nasionale vlak presteer en haar WP-kleure ontvang. Beide die dansgroepe het Platinum status behaal. Hulle dring ook deur na die Internasionale Uitvoerende kunse Kampioenskappe wat in Junie 2024 plaasvind! Haar dansgroep Zest het ook deelgeneem aan Dance Star en hulle het deurgedring na World Dance Masters wat in Mei sal plaasvind. Baie geluk, Danielle! Ons is trots op jou!💙💛

Vandag deel ons die laaste wengedig met julle. Geniet hierdie kreatiwiteit saam met ons! 💙💛

Ruben het vandag sy 27ste en laaste chemoterapie-behandeling ontvang en dit saam met goeie vriende gevier deur 'n uitstappie en piekniek by sy gunstelingplek, die Tygerberg Natuurreservaat. Ons is dankbaar saam met julle, Ruben! 💙💛

Baie geluk aan Mia Groenwald, een van DF se ontluikende digters. Twee van Mia se gedigte is gekies om opgeneem te word in die bundel, Stemme uit die Suiderland XVIII, deur Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA). 💙💛

Oor die volgende paar dae deel ons graag ons leerders se wenopstelle en -gedigte met julle. Geniet hierdie kreatiwiteit saam met ons! 💙💛

💙

Ons gr. 10-leerders het vandag verbruikerstudieprakties gedoen! Ons is super trots op elkeen se harde werk! 💙💛

DF 2024 gr.8's -"Nextgen" oefen reeds!
45 van die 49 gr. 7 dogtershokkiespelers wat DF Malan gekies het as hulle hoërskool in 2024, oefen reeds onder leiding van ons puik DF-afrigters.

DF-Musiek: Die personeel van DF se musiekdepartement was Donderdagaand, 9 November, by die Kaapse Stadsaal om Inge Botha en Reuben la C**k, twee franse horing leerders van ons eie dr. Faan Malan, te ondersteun. Inge en Ruben was deel van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes wat Smetena se Moldau uitgevoer het onder die bekwame leiding van Chad Hendriks. Wat 'n ongelooflike aand. DF is baie trots op julle! 💙💛

Ons verwelkom graag ons voornemende DF-netbalspelers vir 2024. 💙💛

Lees Dirk Hagen se artikel oor hoe reis jou wêreld verbreed hier: https://www.herout.co.za/ervarings-in-die-vreemde/ 💙💛

Ons beste senior joernaliste vir hierdie uitgawe is Caitlyne Kriel en Dirk Hagen. Caitlyne skryf slim en interessant oor hoe die geskiedenis herhaal word. Lees haar artikel hier: https://www.herout.co.za/gesonde-verstand-skepe-winters-en-tirannie/ 💙💛

Baie dankie aan Jacques van Wyk van Core Office Furniture wat vir ons hope en hope matteëls geskenk het! Ons is opgewonde om 'n plekkie vir elkeen te kry! 💙💛

Ons graad 8- en 9-leerders het pragtig presteer in die Conquesta-olimpiade vir Afrikaans Huistaal. Agter is v.l.n.r. mnr. Conradie, Leané de Jongh (88%), Matt Oosthuizen (96%), Mickel Retief (98%), Floris Kotze (76%) en me. Fuchs. Voor v.l.n.r. is Bella Huisamen (80%), Amelie Retief (92%), Nina Wasserfall (82%) en Zané Kotze (86). 💙💛

Nege van ons graad 10- en 11-leerders het aan vanjaar se ATKV DigiPraat-kompetisie deelgeneem. Ons is trots op hulle indrukwekkende toesprake. Agter v.l.n.r. meneer Conradie, Tiffany Nickelbein, Janelle Jansen, Lea Schoeman, Carli Coetzee en me. Goosen. Voor v.l.n.r. Aloise Brink, Emma du Toit, Jean-Mari Vos, Christine Delport, Lara Theron en me. Thiart. 💙💛
Click here to claim your Sponsored Listing.
Videos (show all)
Location
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Frans Conradie Drive
Cape Town
7530
Medway Road
Cape Town, 7550
Fairmont is a unique school that offers many of the traditions that one associates with a centre of
65 Campground Road, Rondebosch
Cape Town, 7700
Official page for the renowned independent boys school in Rondebosch, Cape Town.
Corner Mitchell's And Bersig Avenue
Cape Town, 7785
The school is celebrating its 21st year of existince this year. All ex- pupils please check this sit
Canigou Avenue
Cape Town, 7700
Rondebosch Boys' High School, Cape Town, South Africa Rondebosch Boys’ Schools adhere to the POPI Act
Settlers Way
Cape Town, 7530
The Settlers High School is young and vibrant; pioneering English education in the northern suburbs.
Aliwal Road
Cape Town, 7800
Wynberg Girls' High School is a dynamic, vibrant and exciting school full of opportunities for all s
Washington Road, Langa
Cape Town, 7455
Official Isilimela High School page. We offer quality education and We Strive For Excellence