20/10/2024
Ons het duisende mense nodig om saam te stap vir die toekoms van ons kinders. ๐๐จโ๐ฉโ๐งโ๐ฆ Hierdie is jou kans om 'n verskil te maak teen die Bela-wet. Kom stap saam van die Voortrekkermonument na Freedom Park.
๐ Wat vra ons? Net een dag uit jou dagboek โ vir die toekoms van Afrikaanse onderwys en ons kinders se reg op moedertaalonderrig.
๐๏ธ Datum: 5 November 2024
๐ Roete: Voortrekkermonument na Freedom Park
๐ Tyd: Bymekaarkom vanaf 08:00, begin stap om 10:00
๐ Registreer hier: https://beweging.co.za/bela-protes/
Kom saam, bring jou gesin, nooi vriende en deel wyd! ๐ฌ๐ฒ
05/10/2024
Gelukkige juffrou dag aan al ons wonderlike personeel, wat daagliks so โn groot verantwoordelikheid het om na ander mammas se kinders te kyk. Dankie dat julle sulke oulike instaan-mammas is. Ons waardeer julle.
02/09/2024
Ons oudste skooltjie verjaar!
Vandag vier ons 10 jaar se bestaan. Wat โn voorreg! Baie dankie aan al ons fantastiese ouers vir julle getroue ondersteuning. Sonder ons Hemelse Vader en julle vertroue in ons sou dit nie moontlik wees nie. Baie dankie ook aan wonderlike personeel wat elke dag bydra tot hierdie sukses. Ons bid vir nog 10 goeie en suksesvolle jare ๐๐ป๐๐
20/08/2024
Baie geluk aan ons skoonmaker, Pauline en haar man wat verlede week getroud is. Mag die Here julle huwelik seรซn en ons wens julle baie jare van geluk en vreugde toe!
08/06/2024
Paediatric and first aid training.
Done and dusted โ
โ๏ธ
16/03/2024
Welgedaan aan ons jongste netbal speler. Dankie aan Swift Netball vir โn goeie kwartaal!
16/03/2024
Verlede Saterdag het ons โn heerlike spanbou dag geniet. Dankie aan almal se deelname en teenwoordigheid. Dit is altyd lekker om al drie skooltjies se personeel bymekaar te bring en te laat besef dat alhoewel ons by verskillende skole werk, ons is steeds een groep.
Vicky du Plessies het ons gehelp litte losmaak deur die dag te begin met โn Zumba klas. Tot ouma Nettie het lekker heup geswaai ๐. Dit was vet pret!