Hoërskool Bellville

By Hoërskool Bellville is dit ons visie om elke leerder voor te berei vir alles. Paratus Ad Omnia

Operating as usual

Photos from Hoërskool Bellville's post 31/10/2022

✍️ Baie sterkte aan ons gr. 12's wat vandag amptelik met hul eindeksamen begin. Ons wens vir elkeen insig, wysheid, 'n helder verstand en kalmte toe. Ons glo in julle! Laat gerus 'n spesiale boodskap vir hulle in die "comments".

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 30/10/2022

🥇🥈🥉 Ons atlete stap weg met ses medaljes - een goud, een silwer en vier brons - ná strawwe kompetisie by die BD's Top 10 Athletics-byeenkoms. Ons is op al ons leerders wat gister deurentyd veggees getoon het.

Baie geluk aan:
Jian Louw: goud - spiesgooi o.15
Matthew Jonkers: silwer - verspring o.17
Diego Davids: brons - 100m o.17
Anja Gouws: brons - gewigstoot o.17
Mareijka Swart: brons - diskus o.15
Jayden Gomede: brons - hoogspring o.15

📸 Album is op ons Hoërskool Bellville Fotoblad.

🇷🇴🦁 

Photos from Hoërskool Bellville's post 30/10/2022

🪢🥇 Drie van ons leerders se spanne het twee eerste plekke verower by die Junior Toutrekkompetisie waaraan 121 spanne deelgeneem het. Hierdie leerders het vir die Westcliff Bulldogs (Westcliff/Bellville) getrek, wat elf seunspanne en twee meisiespanne ingeskryf het.

Leerders van Hoërskool Bellville het soos volg presteer:
480kg - eerste plek
Annabelle Meiring en Kaylen Keown

520kg - eerste plek
Kayla Canovi, Annabelle Meiring en Kaylen Keown

Baie geluk! Ons is baie trots op julle.

🇷🇴🦁

Lentebal 2022 30/10/2022

2022 🤠🐴 Ons gr. 8's en 9's het pragtig gelyk, baie gedans en herinneringe geskep wat hulle altyd sal onthou. Gaan kyk na die foto's wat in 'n album op ons Hoërskool Bellville Fotoblad geplaas word.

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville Fotoblad's post 29/10/2022

Photos from Hoërskool Bellville Fotoblad's post

Photos from Hoërskool Bellville Fotoblad's post 29/10/2022

Photos from Hoërskool Bellville Fotoblad's post

29/10/2022

▶️▶️ Ons van 2023 is reeds hard aan die oefen op die netbalbane. Die gr. 7's het vandag 'n verdedigende sessie gehad.

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 29/10/2022

🎾🎾 Ons is op die passievolle spel deur ons eerste spanne by die jaarlikse DF Malan-toernooi. Hulle wen Hoërskool Stellenberg en val vas teen Durbanville en DF.

Albert Kleynhans en Marco van As was onoorwonne in die dubbels!
Wen Durbanville 8-6
Wen Stellenberg 8-2
Wen DF Malan 8-5

Ons eindig algeheel derde in die toernooi. Baie geluk aan al die spelers en afrigters.

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 29/10/2022

🏏🏏 'n Stewige oorwinning vir ons o.15A's wat vandag tuis teen HS Bergvliet gespeel het. Baie geluk!

🇷🇴🦁

29/10/2022

🤠🌵 Dit is lekker om jonk te wees! Ons graad 8's en 9's het pragtig gelyk en gedans dat "die hooi spat". Ons senior leiers het ook hul danspassies gewys.

Stuur gerus vir ons foto's via Facebook Messenger. Dit sal in 'n album op ons Hoërskool Bellville Fotoblad geplaas word.

🇷🇴🦁

29/10/2022

Ons trotse span wat vandag aan die BD's Top 10 Athletics-kompetisie deelneem. Ons staan bankvas agter julle.

🇷🇴🦁

28/10/2022

🎾🪢 Sterkte aan ons tennis- en toutrekleerders wat môre deelneem.


Ons eerste spanne neem aan die DF Malan-toernooi deel.


Ons leerders neem aan hul eerste kompetisie vir die 2022/2023-seisoen deel. Dit is die Junior Toutrekkompetisie by die Helderberg Toutrekklub.

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 27/10/2022

2022 🏆
📸 Dankie aan Natasha De K**k Combrink

27/10/2022

🇷🇴🦁NUUSFLITS🦁🇹🇩
𝗛𝗼𝗼𝗳𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀 2️⃣0️⃣2️⃣3️⃣
Ons hoof- en onderhoofleiers is vanaand gedurende ons prysuitdeling aangewys. Baie geluk!

Hoofseun: Migel Uys
Hoofmeisie: Nadia van Eyssen
Onderhoofseun: Jeandré van Zyl
Onderhoofmeisie: Nadia Bezuidenhout

🇷🇴🦁

27/10/2022

2022 gaan binnekort begin.

🇷🇴🦁

27/10/2022

📣📣 Opwindende nuus! Die Vallei van Konings-video is nou beskikbaar. Slegs vir 'n beperkte tydperk kan jy 'n bestelling deur die skool plaas en die video by een van ons borge en videograaf, PinPro Media, aankoop.

Alle reëlings en kostes is op die D6 Kommunikeerder, webblad en ouers se WhatsApp-groepe geplaas. Klik hier vir die brief:https://www.hsbellville.co.za/wp-content/uploads/2022/10/Vallei-van-Konings_Brief-oor-bestellings.pdf

🇹🇩🦁

26/10/2022

📰 Dankie aan die TygerBurger vir die mooi fotoberig van ons musiekleerders wat Eureka-tehuis se inwoners by hul jaarlikse "Goue harte"-tee met musiek en sang vermaak het.

🦁🇷🇴

Photos from Hoërskool Bellville Fotoblad's post 26/10/2022

📸 Ons spog graag met ons leerders en waardeer alle foto's wat ons vanaf ouers, alumni, leerders en ondersteuners ontvang. Stuur gerus foto's per e-pos of WeTransfer na die bemarkingskantoor: [email protected].

Groot hoeveelhede foto's word in albums op ons Hoërskool Bellville Fotoblad geplaas.

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 25/10/2022

Hier is 'n voorsmakie van die 14 items wat by Hoërskool Bellville se Prestige Gholfdag opgeveil gaan word. Kom maak 'n verskil en woon die veiling op Donderdagaand 3 Nov. by - al is jy nie 'n gholfspeler nie.

Een van die items is 'n spesiale gedenkreeks om ons skool se 85-jarige bestaan te vier. Daar is drie bottels 2019 Shiraz en drie 2019 Cabernet Sauvignon wat spesiaal geëtiketteer en almal deur Duanne Vermeulen geteken is.

Daar is ook 'n A0-grootte "canvas" met 'n aksiefoto van Pieter-Steph du Toit wat deur hom geteken is. Jy kan ook die eienaar word van 'n spesiaal ontwerpte A0-grootte "canvas" met 'n collage van foto's wat deur Duane Vermeulen geteken is.

Het jy 'n wegbreek nodig? Kom bie op die verblyf vir twee volwassenes en twee kinders vir twee dae in 'n selfsorgkothuis op die pragtige Landskroon Wines-landgoed op die asemrowende Paarl-wynroete.

Enige persoon wat graag die veiling wil bywoon, kontak Arné Mulder of Hannelie van Lill (bemarkingskantoor) op 0849000653 | [email protected] of (021) 948 1801 voor of op Don. 27 Okt. Beperkte plek beskikbaar.

🇷🇴🦁

25/10/2022

LEEU-liefde ♥️

Volg jy ons op TikTok ()?

🇷🇴🦁

25/10/2022

🎵🎶 Ons spog graag met ons nuwe Koorbestuur vir 2023.

Ons sien uit daarna om te sien (en te luister) wat die koor alles volgende jaar gaan doen. Baie geluk!

Foto vlnr: Mari-Louise Strydom; Zoë Ellis; Nadia Bezuidenhout (ondervoorsitter); Migel Uys (voorsitter); Tiaan Marais; Carla Combrink; Jinelle Louw
Afwesig: John Drake

🦁🇷🇴

25/10/2022

🦁🇷🇴 'n Spesiale boodskap aan ons matrieks vir hul eindeksamen. Ons glo in julle!

Klik hier vir ons NSS-eksamenrooster:https://www.hsbellville.co.za/wp-content/uploads/2022/08/Senior-Sertfikaat-eksamen-2022.pdf

🦁🇷🇴

Photos from Hoërskool Bellville's post 25/10/2022

🏏🏏 Ons spanne lewer uitstekende vertonings en die kersie op die koek is die eerste span se oorwinning gisteraand teen Bishops! Dit is beslis een vir die boeke.

Baie geluk aan ons spanne wat die naweek skoonskip gemaak het teen HS Pinelands:
o.14A wen met 10 paaltjies.
o.19B wen met 8 paaltjies.
o.19A wen met 190 lopies.

Ons o.19A's het Bishops se o.19's gisteraand met 8 lopies in 'n 35-boulbeurtwedstryd geklop.
Kolwers:
Cronje van Greunen 32
Owen Kretschmer 30
Pieter du Toit 25

Ludwig Fischer 25/3 in sewe beurte

Ons is ongelooflik trots op ons manne.

📸 Baie dankie aan Suzanne du Toit.

BestDrive Stellenbosch My SPAR Old Oak
🦁🇷🇴

22/10/2022

🎾🎾 Baie geluk aan ons span wat algeheel tweede by die Harcourts o.16 Tennis 4 Jesus Dubbelstoernooi in Bredasdorp eindig! Dit wil gedoen wees te midde van strawwe kompetisie teen nege ander skole. Ons span mag breëbors wegstap na oorwinnings teen onder meer Hoërskole Parel Vallei en Strand. Ons is op al die spelers en afrigters. Baie dankie aan Hoërskool Bredasdorp vir jul gasvryheid.

🇷🇴🦁

22/10/2022

🎾🎾 Ons spanne is kookwater by die Harcourts o.16 T4J Dubbelstoernooi in Bredasdorp. Hulle klop HS Strand met 'n algehele uitslag van 35-10.

Uitslae teen HS Strand:
Dante Rix/Carlo Aucamp: Wen 8-1
Andri Stassen/Zeske van der Merwe: Wen 8-3
Pierre Badenhorst/Stephan Naude: Wen 8-1
Jolize Fourie/Luche Everts: Wen 8-6
Henre Kleynhans/Tanisha Oersen: Wen 8-2
Dante Rix/Andri Stassen: Wen 6-2
Pierre Badenhorst/Zeske van der Merwe: Wen 6-2
Stephan Naude/Luche Everts: Wen 6-5
Carlo Aucamp/Jolize Fourie: Wen 6-3

Ons spanne het ook in 'n naelbytstryd met slegs een punt teen HS Stellenbosch verloor met 'n algehele uitslag van 23-22.
Carlo Aucamp/Dante Rix: Wen 8-0
Henre Kleynhans/Pierre Badenhorst: Wen 8-3
Dante Rix/Andri Stassen: Wen 6-1
Pierre Badenhorst/Zeske van der Merwe: Wen 6-4

Baie geluk! Ons is op al ons spelers.

🇷🇴🦁

21/10/2022

🦁▶️ KYK: 'n vol emosie, trane, trots en tradisie. Ons neem op 'n spesiale wyse afskeid van ons matrieks met die tradisionele erewag wat die gr. 8-10's vorm, 'n kerkdiens, die hoof en hoofleiers wat groet en die matrieks wat die skoollied vir die laaste keer in die gedenktuin sing.

Die sirkel is ná vyf jaar ook voltooi met die waar die matrieks oor die verhoog stap. In 2018 het hulle as gr. 8-welpies met hul Baadjieplegtigheid oor die verhoog gestap terwyl hul name uitgelees is. Hulle sluit hul skoolloopbaan af en stap trots oor die verhoog tewyl hul name voor 'n stampvol saal en hul ouers uitgelees word.

Matrieks, mag julle pad vorentoe geseënd wees met voorspoed en geluk. Sterkte ook met die finale eksamen.

🇹🇩

21/10/2022

🎾🎾 Perfekte houe ➕ sekuur plasing 🟰 HS Bellville klop HS Parel Vallei.

Baie geluk aan ons spelers met jul puik spel by die Harcourts o.16 T4J Dubbelstoernooi in Bredasdorp!

Uitslae:
Pierre Badenhorst/Henre Kleynhans: Wen 8-0
Carlo Aucamp/Dante Rix: Wen 8-3
Dante Rix/Andri Stassen: Wen 6-5
Pierre Badenhorst/Zeske van der Merwe: Wen 6-0
Henre Kleynhans/Luche Everts: Wen 6-2

Algehele uitslag: Bellville wen 25-20.

🇷🇴🦁

21/10/2022

🎾🎾 Daar het nog van ons spanne hul staal gewys by die Harcourts o.16 T4J Dubbelstoernooi in Bredasdorp.

Baie geluk aan hierdie spelers wat die b***e sekuur teen HS Dirkie Uys geslaan het:
Stephan Naude/Dante Rix: Wen 8-2
Luche Everts/Henre Kleynhans: Wen 8-0
Carlo Aucamp/Zeske van der Merwe: Wen 6-5
Jolize Fourie/Dante Rix: Wen 6-0
Algehele uitslag: Ons ander spanne het tot die einde geveg, maar Dirkie Uys wen uiteindelik met 25-20.

Ons is op al ons spelers!

🇷🇴🦁

21/10/2022

▶️▶️ KYK HIER:
Ons groet vandag ons matrieks van 2022! Dankie vir vyf jaar van ongelooflike tye, vriendskappe bou en die en waardes wat julle toon en uitleef. Dit is dat die matrieks ná 'n spesiale funksie die skoollied by die gedenktuin sing.

Sterkte met die eksamen wat voorlê.

🇹🇩

Photos from Hoërskool Bellville's post 21/10/2022

🎾🎾 Ons spelers vaar uitstekend teen strawwe kompetisie by die Harcourts o.16 T4J Dubbelstoernooi in Bredasdorp.

Die volgende spanne het teen DF Malan gewen:
Dante Rix/Pierre Badenhorst: Wen 8-1
Andri Stassen/Jolize Fourie: Wen 8-7
Pierre Badenhorst/Andri Stassen: Wen 6-0
Dante Rix/Jolize Fourie: Wen 6-1
Ons ander spanne het hard geveg, maar moes die knieg buig.
Algehele uitslag: DF wen naelskraap 25-20.

Ons is op al ons spelers!

🇷🇴🦁

21/10/2022

Baie dankie, MySchool MyVillage MyPlanet. Saam vermag ons meer!

Thank you, My School My Village My Planet. Together we achieve more.

💳 Het jy al jou gratis MySchool MyVillage MyPlanet-toep (“App”) afgelaai vir jou virtuele kaart? Onthou om Hoërskool Bellville as een van jou begunstigdes te kies. Gebruik jou kaart by die MySchool-vennote en ons skool ontvang ‘n persentasie van jou aankope. Jy kan ook aansluit by https://www.myschool.co.za/portal/register

🇹🇩

Photos from Hoërskool Bellville's post 20/10/2022

🏃🏽‍♂️🏃🏽‍♀️ Baie geluk aan ons twee langasems wat 'n sertifikaat ontvang het, omdat hulle deel was van die WP-span wat aan die Wes-Kaap-kampioenskappe in George deelgeneem het. Ons hoof van landloop, mnr. Mario Jantjies, het ook as 'n WP-spanbestuurder 'n sertifikaat ontvang. Hoërskool Bellville is op julle!

Storm Van Dyk - o.14-meisies
Mondriano Kammies - o.15-seuns
Mario Jantjies - WP-spanbestuurder vir o.15-seuns

🦁🇷🇴
Landloop consultC Engineering

Photos from Hoërskool Bellville's post 19/10/2022

🩸🩸 Baie dankie aan elke Bellvilliet - leerders en personeel - wat vandag bloed geskenk het. Julle onbaatsugtigheid red lewens. Ons is op julle! Dankie aan die Western Cape Blood Service vir jul harde werk.

🦁🇷🇴

19/10/2022

🎾🎾 Hier is die spelers wat ons die naweek gaan trots maak by die Harcourts o.16 T4J Dubbelstoernooi in Bredasdorp. Die leerders vertrek môre en speel teen die volgende skole: Nico Malan, Bredasdorp, Charlie Hofmeyer en Hermanus.

Foto:
Agter vlnr: Henre Kleynhans; Carlo Aucamp; Dante Rix; Pierre Badenhorst; Stephan Naude.
Voor vlnr: Jolize Fourie; Andri Stassen; Tanisha Oersen; Zeske van der Merwe; Lushe Everts.
Sterkte aan die span en Abe Badenhorst (afrigter) en mnr. Michael Aucamp (spanbestuurder)!

🇷🇴🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 19/10/2022

🌈💳Maak ’n impak met jou MySchool-kaart en ondersteun Hoërskool Bellville! Dit kos nie ’n sent nie en help die skool en ons leerders.

Laai die gratis MySchool MyVillage MyPlanet-toep (“App”) af vir jou virtuele kaart. Onthou om Hoërskool Bellville as een van jou begunstigdes te kies. Gebruik jou kaart by die MySchool-vennote en ons skool ontvang ‘n persentasie van jou aankope.

💳Indien jy nog nie ‘n MySchool-ondersteuner is nie, kan jy ook aansluit by https://www.myschool.co.za/portal/register
💳Bestaande MySchool-ondersteuners kan hul besonderhede nagaan of opdateer by https://www.myschool.co.za/portal/login

Elke swiep van jou kaart tel!

🇹🇩🦁

Photos from Team Groenewald Harcourts Dunn's post 18/10/2022

'n Spesiale dankie aan een van ons lojale borge, Team Groenewald Harcourts Dunn. Jacques Groenewald en sy dogter, Megan van Wyk, is ook oudleerders met 'n passie vir die skool.

Indien u wil betrokke raak as 'n borg of adverteerder, kontak asseblief ons Bemarkingskantoor per e-pos [email protected] of vir Hannelie van Lill op (021) 9481801.

🇹🇩🦁

18/10/2022

Dit is vir ons altyd 'n voorreg wanneer borge, donateurs, ouers, oudleerders en ondersteuners die skool help met ons visie en missie om elke leerder voor te berei dat hy in die toekoms gereed sal wees vir alles (ons leuse Paratus Ad Omnia). Om ‘n omgewing te skep waarin ons leerders gelukkig kan wees en hul volle potensiaal kan ontwikkel.

Baie dankie aan Cool Ideas Service Provider vir julle ondersteuning. Ons waardeer dit.

Indien u wil betrokke raak as 'n borg of adverteerder, kontak asseblief ons Bemarkingskantoor per e-pos [email protected] of vir Hannelie van Lill op (021) 9481801.

🇹🇩🦁

Photos from Hoërskool Bellville's post 16/10/2022

🦁🇷🇴 2023 kamp by High Africa Adventures tussen Worcester en Villiersdorp. Dit is dat ons nuwe groep leiers ná hul verkiesing gaan kamp om mekaar beter te leer ken, bande te smee, heerlike spanbouaktiwiteite en beplanning vir 2023 te doen. Ons glo julle is vuur en vlam en het 'n klomp nuwe idees vir volgende jaar!

14/10/2022

KYK BESLIS ▶️▶️: Hoërskool Bellville neem afskeid van 'n LEGENDE! Mnr. Emile Janse van Rensburg, ons adjunkhoof (dissipline), het 'n reuse impak gemaak op die lewens van duisende leerders. Hy tree die einde van hierdie jaar af en laat diep spore in Leeuland agter. Baie dankie vir u jarelange, passievolle en onbaatsugtige diens.

🇷🇴🦁

14/10/2022

▶️▶️ KYK: Die matrieks se laaste, amptelike saalbyeenkoms van hul skoolloopbaan. Al die leerders draai om en sing die skoollied vir die matrieks wat op die galery sit.

🇷🇴🦁

Videos (show all)

▶️▶️ Ons #Welpies van 2023 is reeds hard aan die oefen op die netbalbane. Die gr. 7's het vandag 'n verdedigende sessie ...
🤠🌵 #LENTEBAL Dit is lekker om jonk te wees! Ons graad 8's en 9's het pragtig gelyk en gedans dat "die hooi spat". Ons se...
🇷🇴🦁NUUSFLITS🦁🇹🇩𝗛𝗼𝗼𝗳𝗹𝗲𝗶𝗲𝗿𝘀 2️⃣0️⃣2️⃣3️⃣Ons hoof- en onderhoofleiers is vanaand gedurende ons prysuitdeling aangewys. Baie...
LEEU-liefde ♥️Volg jy ons op TikTok (@hsbellville)?#HSBellville 🇷🇴🦁 #LeeuTrots #sedert1937 #Bellville85 #85jaar #Paratus...
🦁▶️ KYK: 'n #Matriekuitstapdag vol emosie, trane, trots en tradisie. Ons neem op 'n spesiale wyse afskeid van ons matrie...
▶️▶️ KYK HIER: #Matriekuitstapdag Ons groet vandag ons matrieks van 2022! Dankie vir vyf jaar van ongelooflike tye, vrie...
KYK BESLIS ▶️▶️: Hoërskool Bellville neem afskeid van 'n LEGENDE! Mnr. Emile Janse van Rensburg, ons adjunkhoof (dissipl...
#TRADISIE #MATRIEKS ▶️▶️ KYK: Die matrieks se laaste, amptelike saalbyeenkoms van hul skoolloopbaan. Al die leerders dra...
▶️▶️NUUSFLITS! KYK NOU: Hoërskool Bellville se Bellville Raad en Senior Raad vir 2022/2023 is aangekondig.
KYK EN LUISTER ▶️▶️: Baie dankie aan Yolandie Viljoen van Bok Radio / BokTv vir die gelukwensing! Hoërskool Bellville se...
▶️▶️ 🏑🏑 Hier is die wendoel van die o.14A-hokkieseuns teen DF Malan. Eindtelling was Bellville 1-0 DF Malan. #INTERSKOLE...
KYK hier ▶️▶️ 🏉🏉 #INTERSKOLE2022Leerders stroom op die veld toe die eindfluitjie blaas en ons eerste rugbyspan teen DF M...

Location

Category

Telephone

Address


De La Haye Avenue
Cape Town
7530
Other High Schools in Cape Town (show all)
Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck
129 Kloofstr
Cape Town, 8001

Fairmont High School Fairmont High School
Medway Road
Cape Town, 7550

Fairmont is a unique school that offers many of the traditions that one associates with a centre of

Bishops Diocesan College Bishops Diocesan College
65 Campground Road, Rondebosch
Cape Town, 7700

Official page for the renowned independent boys school in Rondebosch, Cape Town.

Princeton High School, Woodlands Mitchells Plain Princeton High School, Woodlands Mitchells Plain
Corner Mitchell's And Bersig Avenue
Cape Town, 7785

The school is celebrating its 21st year of existince this year. All ex- pupils please check this sit

Camps Bay High School Camps Bay High School
Lower Kloof Road
Cape Town, 8005

A place for everyone to shine.

Rondebosch Boys' High School Rondebosch Boys' High School
Canigou Avenue
Cape Town, 7700

Rondebosch Boys' High School, Cape Town, South Africa. Rondebosch Boys’ Schools adhere to the POPI Act. Unless by your consent or required by law, we will not share any information (email address, name, and surname) with any third parties

Wynberg Girls' High School Wynberg Girls' High School
Aliwal Road
Cape Town, 7800

Wynberg Girls' High School is a dynamic, vibrant and exciting school full of opportunities for all s

Wynberg Boys' High School Wynberg Boys' High School
Lovers Walk
Cape Town, 7800

Top South African Boys' School since 1841

Lavender Hill High School- LHHS Lavender Hill High School- LHHS
Cape Town, 7945

KNOWLEDGE EMPOWERS

Rustenburg School for Girls Rustenburg School for Girls
Cape Town, 7700

Behou DFM se naam Behou DFM se naam
Frans Conradie Drive
Cape Town, 7530

Belangegroep wat die identiteit van ons skool wil behou