
Mooi nuwejaarwense aan die hele Jan van Riebeeck-familie!
Die amptelike FB bladsy vir Hoërskool Jan van Riebeeck. Die gevolge van orde 11 van 1912 (beginsel van moedertaalmedium is voorwaardelik aanvaar en C.J.
Anders as soveel ander skole, is die ontstaan van Hoërskool Jan van Riebeeck te danke aan 'n volkstryd - 'n taalstryd geveg deur die Afrikaanssprekende volksleiers aan die begin van die twintigste eeu. Met die oorname van die Kaap deur die Engelse in die begin van die negentiende eeu, het daar in ons land 'n kultuur en taalstryd ontstaan wat ook in die onderwys weerspieël is, die stryd van die A
Operating as usual
Mooi nuwejaarwense aan die hele Jan van Riebeeck-familie!
Alle skole welkom om deel te neem aan dié opwindende netbaltoernooi hier by JvR!
Voltooi gerus die vorm: https://forms.gle/hS745jwbdTCV8wkP7
Liefde, vreugde en vrede vir die hele Jan van Riebeeck-familie!
Ons is baie trots om vanjaar die tuiste van hierdie besondere jeugleierkonferensie te kon wees.
Die toekoms lyk blink met hierdie jongmense!
Ons hoofleier, Simon van den Berg, was ook een van die 50 leiers wat gekeur is om die konferensie by te woon.
Ons is baie trots op Albert Matthee in graad 11 wat gekies is om Suid-Afrika in die o.21-koesbal (dodge ball)span by die wêreldbeker te verteenwoordig!
Die wêreldbeker vind tans in Kaïro, Egipte plaas.
Albert is ook reserwe vir die senior span.
Die o.21-span speel teen Egipte, Hong Kong en Maleisië.
Ons wens Albert en sy span alle sterkte toe!
Ons is so trots om vandeesweek en volgende week Schalk Bezuidenhout by ons skool te verwelkom!
Die vertonings is feitlik uitverkoop, maar daar mag dalk hier en daar 'n verlore kaartjie op Quicket beskikbaar wees. Spring gou om te bespreek.
Die Kunste lewe hier by ons in Kloofstraat!
Opening night ⭐️ (and my first show as a married man)
Cape Town, last night was warm. Last night was sweaty. Last night was magic.
And we'll only do it 6 more times this year (and then 2 times in George)
I'm also SO glad I got in touch with Hoërskool Jan van Riebeeck! It's central and such a different experience to the more traditional venues I often do.
Thank you for designing the set and for being the best stage manager.
Anyway, mense, after months of advertising and telling you about these shows they have finally arrived. Thank you for all the support and everyone who has bought tickets. They're almost sold out and I'm one very happy comedian right now.
I will now stop pestering you about these shows and just focus on doing what I do best: standing up.
For the last few tickets go to my website - schalkbezuidenhout.com
10 JAN VAN RIEBEECKERS SPOG MET ’n 10%+ HOëR GEMIDDELD!
Ons kondig tydens ons akademiese prysuitdeling op 1 Februarie 2023 ons Top 10-akademiese presteerders in elke graad aan, maar hiérdie 10 Jan van Riebeeckers verdien nou reeds ’n groot gelukwensing!
Hul kon daarin slaag om hul gemiddelde persentasie vanaf die eerste kwartaal tot en met hul finale November-eksamen met meer as 10% op te stoot. Dit wil gedoen wees!
Baie geluk met jul harde werk deur die loop van die jaar om hierdie merkwaardige prestasie te kon bereik!
GRAAD 11
Ethan Britz (+13%)
Gerard Snijders (+10%)
Henri Malan (+11%)
GRAAD 10
Alyssa Beziek (+10%)
Uzair Davids (+13%)
Christiaan Lourens (+10%)
Rico van Antwerpen (+15%)
GRAAD 8
Wolf-Dietrich Weise (+12%)
Lameez Booysen (+11%)
Jaiden Sharp (+10%)
Ons 2023-skoolkalender is nou beskikbaar!
Kliek gerus hier of besoek ons webblad: https://janvanriebeeck.co.za/kalender/
Ons sien uit na 'n baie opwindende 2023!
Hier is ons laaste VrydagFlitse vir 2022! Geniet die vakansie!
Ons is baie trots om vandag ons jaarblad met al die 2022-hoogtepunte te publiseer.
Laai gerus ook ’n elektroniese kopie van 'Die Jan van Riebeecker' hier af.
https://janvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/12/JanVanRiebeeck-Jaarblad-2022-WEB-spreads.pdf
Lekker lees!
Kersvader en sy spesiale helpers het vandag die jongspan by Huppelland gaan bederf!
Dié toekomstige Jan van Riebeeckers het die verrassingbesoek omtrent geniet!
Ons ondersteun met trots Huppelland se spesiale Kersprojek ten bate van SA Kinderhuis.
Betaal gerus via Karri.
Baie sterkte aan al ons Jan van Riebeeck-onderwysers wat tans in hul onderskeie vakgebiede besig is met die nasien van die graad 12-vraestelle in die provinsie.
Dis vir ons belangrik dat ons onderwysers by hierdie proses betrokke is en is trots op hul aanstellings.
Vasbyt!
Lees net hier!
Hoofseun, Adrian Huysamen, spog met hierdie ongelooflike prestasie op news24.com.
Wel gedaan, Adrian! Ons is baie trots op jou!
High School science wizkid from Cape Town wins gold at Turkey international science fair | News24 The science project of A Grade 10 learner from Hoërskool Jan van Riebeeck earned him a gold medal at this year’s Buca International Music, Science, Engineering Energy Fair (Imsef) in Turkey.
Schalk Bezuidenhout tree vanaf 14-24 Desember hier by Hoërskool Jan van Riebeeck op.
Kaartjies vlieg, so bespreek so gou moontlik op Quicket!
Book tickets for Schalk Bezuidenhout: keeping up Schalk Bezuidenhout used to be woke AF (is that what the kids say these days?) What does AF even stand for? Point is: Schalk let used to be the liberal guy at the braai. But it's happening more and more that Schalk, and all of us for that matter, has to count his words. It's not like Schalk is again...
ONTMOET ONS NUWE PERSONEEL
MNR. FREDDIE MOYO: IT BESTUURDER
Mnr. Freddie Moyo het meer as 20 jaar ervaring in die IT-veld en geniet veral alle aspekte rondom infrastruktuur, gebruikerondersteuning en hardeware.
Hy skop sy loopbaan in 2001 by MWEB af
en werk sedertdien as IT-assistent by ondernemings soos Nanza Properties en Spectrum Computers.
Vanaf 2010-2014 is hy spanleier by Zando en hierna verskaf hy by Formula-D Interactive en Hazendal-wynlandgoed ondersteuning aan personeel en behartig aspekte vanaf netwerkinstallering tot webbladbestuur en soekenjin-analise.
Mnr. Moyo is getroud en het drie seuns. Wanneer hy nie werk nie, geniet hy dit om gholf te speel of te draf en hy beskou hom as 'n knap nutsman wat graag in en om die huis take aanpak.
Baie welkom, mnr. Moyo! Ons is opgewonde dat u deel raak van die JvR-span!
Ons is baie trots op oudleerder, Marisa Smit, mej. Doof Suid-Afrika (2019) wat die afgelope paar weke aan die mej. Doof Universum in Bangkok, Thailand deelneem.
Die finale ronde vind vandag om 14:00 (SA-tyd) plaas en almal is welkom om saam te kyk: https://facebook.com/events/s/miss-mister-deaf-universum-202/840200183627936/
Ons hou duimvas, Marisa - geniet dié spesiale ervaring!
Ons spog ook vandag in Die Burger se 2023-skolegids!
Maak Hoërskool Jan van Riebeeck jou (kind se) eerste keuse vir 'n eersteklas Afrikaanse hoërskoolervaring!
LAAI AF: Kies só die regte hoërskool in die Kaap https://www.netwerk24.com/netwerk24/promosie/laai-af-kies-so-die-regte-hoerskool-in-die-kaap-20221129
Die graad 11-gasvryheidstudieklas het gister 'n puik 'high tea' vir hul November-praktiese eksamen aangebied.
Wel gedaan, Jan van Riebeeckers - als was héérlik en pragtig voorgesit.
Die matrieks het gister hul vryheid gevier deur oudergewoonte as groep in die swembad af te koel.
Dankie aan die ouers wat hul ook met roomys en waatlemoen bederf het!
Die meerderheid van die matriekgroep het gister hul laaste vraestel geskryf. Ons vier vakmusiekleerders skryf nog Maandag twee vraestelle - sterkte!
Foto's: Owen van der Linde
GETROU AAN DIE TRADISIE - "MATRIEKS 2022 GOOI HUL OU SKOENE AGTERNA"
Dit is al die afgelope 12 jaar tradisie dat matrieks na hul laaste vraestel hul skoolskoene skenk. Vanjaar het hul ook hul skryfbehoeftes, sakrekenaars en skoolklere geskenk.
Hierdie inisiatief word onderneem om iemand anders se stap in die toekoms makliker maak.
Dankie graad 12's van 2022! Al wat nou sigbaar is in die leë eksamenlokaal, is banke met skoene van hoop.
Die eksamen is verby - en nou wink 2023!
Die personeel het elkeen vanoggend hul persoonlike JvR-dagboek vir 2023 ontvang en is nou gereed om al die opwindende beplanning neer te pen!
Met net enkele musiekvraestelle wat nog môre geskryf word, het die meerderheid van al ons graad 8-11 Jan van Riebeeckers vandag hul laaste eksamens afgelê en ons afsluitingsaalbyeenkoms is ook gehou.
Ons moes ook afskeid neem van mnr. en me. Griessel en me. Liesl Harvey. Ons sal hul vreeslik mis, maar wens hul alle voorspoed toe vir die nuwe hoofstuk wat op hul wag.
Al ons leerders gaan nog Maandag en Dinsdag vraestelle en punte na en ontvang dan hul rapporte en jaarblaaie op 14 Desember.
Die meeste matrieks skryf ook môre hul laaste eksamen - Afrikaanse skryfstukke. Maandag eindig die NSS-eksamen met die musiekvraestelle.
Ons kyk terug op 'n baie suksesvolle skooljaar.
Wat 'n spogjaar vir ons skool! Dankie aan elkeen wat bygedra het tot ons mooi 2022-storie!
Die (tennis)ligte is aan!
Ons tennisbane spog vanaf vanaand met spreiligte
vir heerlike tennis op lieflike Kaapse lente- en someraande!
Ons is dankbaar vir groot ondersteuning uit ons ouerkorps wat hierdie projek die lig laat sien het.
ONTMOET ONS NUWE PERSONEEL
ME. ROLENE VAN ZYL: KLAVIER & VAKMUSIEK
Me. Rolene van Zyl het op sewejarige ouderdom met klavieronderrig begin en het in die daaropvolgende jare al haar UNISA-klaviereksamens met Lof geslaag.
In 2006 begin sy met haar BMus-studies aan die Universiteit van Stellenbosch en onderneem haar praktiese musiekleer onder leiding van mnr. Bennie van Eeden.
Haar belangstelling in Musikologie het haar aangespoor om in 2010 in te skryf vir ‘n BMus Honneursgraad in Musikologie wat sy met onderskeiding geslaag het.
Hierna spits sy haarself toe op die bevordering van haar vaardighede op die klavier en sit haar praktiese studies voort en ontvang onderrig by prof. Nina Schumann. Sy behaal haar MMus in Kamermusiek in 2018.
Me. Rolene van Zyl het haar loopbaan as klavieronderwysers begin gedurende haar nagraadse studiejare, waar sy les gegee het vir universiteitstudente wat ingeskryf was vir Voorbereidende Praktiese Musiekstudie. Dit is hier waar sy haar liefde vir klavierdidaktiek ontdek het en besluit het om ‘n loopbaan in musiekonderrig te volg.
In 2012, 2014, en 2015 was sy op ‘n korttermynbasis onderskeidelik werksaam by Bishops Diocesan College in Kaapstad, Bridge House School in Franschoek, en Somerset House Preparatory School in Somerset Wes.
Hierna het sy by Herzlia High School in 2016 en St Cyprian’s School in 2017 aangesluit as deeltydse klavieronderwyseres waar sy met beginner en gevorderde klavierleerlinge gewerk het.
Ter afronding van haar kwalifikasies as professionele musiekonderwyseres, voltooi sy in 2021 haar Nagraade Onderwyssertifikaat in Senior en Verdere Onderwys en Onderrigfase in Musiek (ook met onderskeiding) by die Universiteit van Kaapstad.
Baie welkom, me. Van Zyl - ons sien baie daarna uit om u in ons JvR-familie te verwelkom!
Ondersteun asb. en ons ATKV-Strepiestak!
Ons spog hierdie Desember met vier Hoërskool Jan van Riebeeck-leerders en ons eie me. Regina Malan wat by The Star Theatre (The Fugard Theatre) deel is van 'n nuwe produksie wat deur die Cape Town Theatre Company op die planke gebring word. Boonop is die regisseur, Stephan Fourie, ook 'n oudleerder!
Lees 'n bietjie hier:
Cape Town Theatre Company is wrapping up the year with The Secret garden, adapted from the 1911 novel of the same name by Frances Hodgson Burnett. This opulent production is for all ages and has a cast of 22 and features ten puppets (made from a range of materials – including wire, driftwood and wool) and eight puppeteers. Direction is by Stephan Fourie. He has adapted the script (from the novel), with Hema Maskowitz.
The puppets have been designed and made by Khalil Visser. Bravo to Cape Town Theatre Company for its innovation and for providing a vital platform for the live arts sector and for taking on interesting productions. photos deur Martin Kluge en Graphic design Christoff van Wyk.
HOOFROLLE
Craven – Toby De Ruiter [portrait cast]
Mrs Medlock – Regina Malan
ENSEMBLE
Aimee Els [portrait cast]
Clifton Wagenstroom [portrait cast]
Louis Botes [portrait cast]
Baie geluk en baie sterkte, Jan van Riebeeckers. Ons sien baie daarna uit om jul te ondersteun!
Kaartjies is beskikbaar by https://www.quicket.co.za/events/191100-the-secret-garden/#/
Baie geluk aan ons graad 10-gasvryheidstudieklas wat gister hul praktiese eksamen afgelê het. Die gaste is bederf met die heerlikste 3-gang maaltyd.
Wel gedaan, Jan van Riebeeckers - die standaard was puik!
Puik nuus!
Baie geluk aan Mila Fourie en haar redaksie!
Die Onze Jan is vandag in Media24 se nasionale skoolkoerantkompetisie as een van die beste vyf skoolkoerante in die land aangewys!
Die beoordelaars in dié baie gewilde kompetisie is vanjaar oorweldig deur die groot aantal inskrywings van hoër- en laerskole in Suid-Afrika.
Baie geluk aan Hoërskool Bonnievale wat met die louere wegstap. Die ander finaliste wat saam met ons in die top 5 is, is Hoër Jongenskool Paarl, Hoërskool Waterkloof en die Primêre Skool Willem Postma.
Mooi so, Jan van Riebeeckers - ons is baie trots op hierdie groot prestasie!
Hier is ons VrydagFlitse. Mooi naweek!
Die juniors het vanjaar die geleentheid gehad om aan die eerste HOZA Nasionale Junior Geskiedenisolimpiade vir graad 8- en 9-leerders deel te neem.
Die doel van die olimpiade is om 'n passie vir geskiedenis aan te wakker, die geskiedenis kurrikulum te bevorder en ook vedere studie in die veld aan te moedig.
Ons het vandeesweek die opwindende nuus ontvang dat Luca Zulch in graad 8 onder die top tien in die History Olympiad of South Africa geëindig het en dus 'n GOUD-toekenning verwerf het. Luca is een van net drie graad 8-leerders wat onder die top tien geëindig het en kan voorwaar trots wees op hierdie besondere prestasie.
Die olimpiade het die leerders se kennis oor verskeie onderwerpe en ook hulle vaardighede as geskiedkundiges getoets. Hoewel dit die eerste keer is dat die olimpiade aangebied is, is dit baie goed ondersteun met 49 skole en 989 leerders wat landswyd deelgeneem het en te oordeel aan die skole se positiewe terugvoer, sal die olimpiade van krag tot krag gaan.
Baie dankie alle leerders wat deelgeneem het en weer eens baie geluk aan Luca met haar wonderlike prestasie.
Ons is besonder trots op jou!
Ons Jan Karsten vanoggend in Die Burger en op Netwerk24! Mooi so, Jan!
Jong Kapenaar wen skaakkampioenskap in Algerië
Jong Kapenaar wen skaakkampioenskap in Algerië | Netwerk24 Ná 30 uur se reis om in Algerië aan ’n skaakkampioenskap deel te neem is Jan Karsten Sondag as die algehele wenner in die Afrika Junior-skaakkampioenskappe vir o.20’s in Béjaïa gekroon.
ONTMOET ONS NUWE PERSONEEL
MNR. PAUL RICHARD: SAKSOFOON & JEUGORKES
Mnr. Paul Richard is in 1986 in Frankryk gebore en het die saksofoon op agtjarige ouderdom begin bespeel.
In 2002 eindig hy eerste in die Conservatoire National de Region de Besançon waar hy ook later sy B.Mus-graad in 2007 verwerf. In dieselfde jaar word hy met die eerste prys in Kamermusiek bekroon.
Na vier jaar se studie by Cécile Dubois het hy in 2010 sy Diploma in Musiekstudies in Saksofoon (met die eerste prys in die Konservatorium) verwerf en hy is in dieselfde jaar met die eerste prys by die Musiekkompetisie van Epinal (Frankryk) bekroon.
Nadat hy sy studies aan die Konservatorium in Frankryk voltooi het, het mnr. Richard na Suid-Afrika gekom waar hy saksofoon en klarinet by verskeie skole begin aangebied.
Gretig om sy studies voort te sit, besluit hy om aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad te registreer, waar hy in 2013 sy BA Honneurs in Saksofoon, Komposisie en Kamermusiek met onderskeiding behaal. Die volgende jaar volg 'n Meestersgraad in Musiek (Saksofoon en Komposisie), ook met onderskeiding.
Mnr. Richard het die sewende Grahamstad Musiekkompetisie in Junie 2012 gewen - 'n gesogte kompetisie waar ons land se top musici meeding. Gedurig op soek na nuwe repertorium vir sy instrument, werk hy nou saam met die Suid-Afrikaanse komponis, dr. Hannes Taaljard en hy het in 2013 van sy werke, sowel as werke van dr. Clare Loveday in 2015 uitgevoer.
Met 'n passie vir die dirigeerkuns, het mnr. Richard verskeie konsertgroepe, jazz-orkes en ander orkeste asook 'n koor gedirigeer. Hy het ook stukke vir verskeie ensembles, 'n musiekblyspel (La Fée Line) asook stukke vir solo-instrumente gekomponeer.
As 'n ervare ensemble-musikant, is mnr. Richard 'n lid van die Connection Saxophone Quartet, met beide saksofoonspelers van Frankryk en Suid-Afrika, wat in 2010 en 2015 deur Suid-Afrika getoer het.
Mnr. Richard het sedert 2006 saksofoon en teorie in talle musiekskole begin doseer en hy doseer tans saksofoon by Hoërskool Pearson in Port Elizabeth (Gqeberha) asook Komposisie en Orkestrasie aan die Nelson Mandela Universiteit.
Met mnr. Richard se wye ervaring in blaasorkeste, sien ons ook daarna uit dat hy 'n JvR-jeugorkes op die been bring.
As onderwyser deel van ons Welgemeend Skool vir Musiek bied mnr. Richard ook vanaf Januarie aan oud en jonk (beginners tot gevorderde studente) saksofoon as deel van ons buitemuurse program aan.
Enigiemand in Kaapstad wat belangstel in onderrig by dié puik onderwyser, is welkom om met ons direkteur van musiek, mnr. Geruan Geldenhuys, te skakel: [email protected].
Ons is baie opgewonde om mnr. Paul Richard by Hoërskool Jan van Riebeeck te verwelkom en sien uit na die waarde wat hy gaan toevoeg tot ons musiekaanbieding!
Baie geluk aan ons JvR-hoofleier, Simon van den Berg, wat verkies is om die 64ste Die Burger Jeugleierskonferensie vanaf 11 tot 15 Desember by te woon.
Slegs 50 hoofleiers van skole in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap word jaarliks gekies om dié konferensie (in samewerking met die WKOD) by te woon.
Ons is ook trots en opgewonde dat vanjaar se konferensie hier op die Jan van Riebeeck-kampus aangebied word.
Dié 50 jeugleiers sal almal in ons koshuis tuisgaan en verskeie leierskapsessies, aanbiedinge deur top sprekers en sosiale aktiwiteite in ons skoolgebou en Welgemeend geniet.
Geniet hierdie besondere geleentheid, Simon!
Ons skop die week met puik nuus af!
Jan Karsten in graad 8 is vroeër vanjaar as die o.14-Afrika-skaakkampioen gekroon... en nou is hy ook die nuwe Afrika Junior o.20-skaakkampioen!
Jan het hierdie titel die afgelope naweek in Bejaia, Algerië verower.
Dit gee hom nou 'n voorwaardelike IM-titel (International Master-titel) asook 'n GM-norm (Grand Master).
Jan is op 14 jarige ouderdom die jongste Afrika Junior o.20-kampioen tot nog toe!
Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie, Jan - ons is baie trots op jou!
VEELS GELUK MET MENEER SE VERJAARDAG!
Die Jan van Riebeeckers het mnr. Rademeyer omtrent bederf om sy verjaardag vandag te vier.
Die matriekraad het hom vroegoggend by sy huis gaan verras met pragtige verjaardagwense en hom op 'n wandelinkie tot in De Waalpark geneem vir 'n kuiertjie met heerlike koffie en varsgebakte muffins.
Die stappie verder skool toe het gesorg vir lekker vars lug en gesels en met sy
aankoms het die hele skool mnr. op die nuwe studenteplein ingewag met verdere verrassings en gelukwense.
Die hoofleiers het die mooiste woorde gespreek en me. Taljaard het die besondere gedig deur Rudyard Kipling, If, voorgelees. Nadat die verjaardagliedjie gesing is, kon elke leerder smul aan 'n oliebol - hoe lekker om 'n Vrydagoggend voor die eksamensessie só te begin!
Die leerders en personeel het ook 'n baie spesiale geskenk aan mnr. oorhandig: 'n glashouer vol aanhalings vir sy lessenaar. Elke leerder en personneellid het vir mnr. 'n "gedagte vir die dag" op kleurvolle papier neergeskryf - iets wat hy in die komende jaar aan die begin van elke dag kan lees en geniet.
Elke graad het mnr. Rademeyer ook deur die loop van die dag in sy kantoor kom gelukwens en 'n spesiale geskenk namens die graad oorhandig.
Die visie en innoverende leierskap wat mnr. Rademeyer openbaar is duidelik sigbaar in die uitstekende opgradering van ons kampus en die vernuwing in die tradisies waarop ons as Jan Van Riebeeckers so trots is.
Meer nog kan dit gesien word in die gelukkige personeel en leerders van ons skool.
Mnr. Rademeyer het die besonderse vermoë om entoesiasme aan te steek en potensiaal te ontgin. Dit skep ‘n omgewing waar ons as leerders ontwikkel in positiewe jong mense wat waarde sal toevoeg tot die samelewing.
Daarom wens ons vir mnr. Rademeyer gesondheid, geluk en vrede toe vir die jaar wat voorlê.
‘n Baie spesiale woord van dank vir Meneer se insette in ons skool en die toewyding aan ons personeel en leerders.
Mag dit ‘n vreugdevolle dag vir Meneer wees!
Fairmont is a unique school that offers many of the traditions that one associates with a centre of
Official page for the renowned independent boys school in Rondebosch, Cape Town.
The school is celebrating its 21st year of existince this year. All ex- pupils please check this sit
Rondebosch Boys' High School, Cape Town, South Africa. Rondebosch Boys’ Schools adhere to the POPI Act. Unless by your consent or required by law, we will not share any information (email address, name, and surname) with any third parties
Wynberg Girls' High School is a dynamic, vibrant and exciting school full of opportunities for all s
Belangegroep wat die identiteit van ons skool wil behou