Behou DFM se naam

Behou DFM se naam

Comments

Kom ondersteun ons Afrikaans. Ons kultuur TROTS DF MALAN Behou DFM se naam ons gaan nie ons Afrikaans opgee nie. Bring almal wat jul ken. Net ons kan n verskil maak
Dr DF Malan was 'n navolgenswaardige Christen-Afrikaner-leier. Kom ons bly eer sy nagedagtenis en ons erfenis deur ons skool se naam te behou.
Dis uit papbroekige vrees vir die EFF-rampokkers (wat by Hoerskool Brackenfell amok gemaak het en pak gegee is) dat die DF Malan-skoolbestuur die skoolnaam wil verander. SWAK. -
TROTS DF MALAN
Ek het pas 'n plasing heelbo op jou blad waar jou tydlyn of hoofkolom begin, geplaas, maar my plasing verdwyn.
LEES BESLIS
I think this school is disgusting, banning LBGT kids, I almost lost mynephew due to the bullies judging him, abusing him. You have to be ashamed, aweful absolutely disgusting
DF Malan Hoerskool>>> Nuwe Wereld Orde - Unisex toilette....

Behou die naam van DF Malan Hoerskool en wees trots op die positiewe bydrae wat die naam gelewer het om die skool te bring tot waar dit vandag is. Bou voort op die stewige fondasie wat gebou is en voorkom linkse kommunistiese stootskrapers om ons identiteit en ons sterkte met ons kultuur bande te vernietig.

Vernietig kultuur, geloof, skool en familie en familie bande het jy het n NWO in jou midde wat dit alles waarvoor jy staan sal vernietig.

IS daar Unisex toilette geskep by die skool sonder die goedkeuring van ouers? Indien wel en in opdrag van wie? Unisex toilette wat geskep is by DF Malan om wat mee te bereik? So nou gaan dit mos meer as oor net naam verandering dan nie? Is die ouers geken in die saak? Hoekom nie?

Is die NWO ( Nuwe Wereld Orde) alreeds onder ons neus besig met ons as familie en veral met ons kinders se denke? Word ons opgewerk en opgeweeg teenoor mekaar vir politiek naratief en Een Wereld Orde Funksie? Gaan u dit toelaat?

THE SUBLIMINAL DESTRUCTION OF SOCIETY which you are allowing when you allow the name change of DF MALAN and the acceptance of the NWO over your faith and tradition.
Anlie Zeelie skryf op 26 Mei 2021 op FB blad van WE WILL OVERCOME / ONS SAL OORWIN die volgende:

"Die ander kant van die muntstuk rakende DF Malan skool.

Die alumnae van DF Malan het nou die geleentheid om te toets of dit wat hulle voor staan, waterdig is. Die steekproef behoort gedoen te word in samewerking met die afstammelinge van hierdie einste voorstryders.
Wat soek die jeug. Kry hulle sekuriteit

Deur n standvastige verlede, welwetende hulle volg in vaste spore van kultuur en geskiedenis. Is die grondslag wat die alumnae neergele het, stewig genoeg. Besef die jeug wat inklusiwiteit se rimpel effek is.

Is die alumnae oortuig dat hierdie inklusiwiteit nie die afstammelinge se geskiedenis en kultuur sal kan bedreig in n goed genoeg, neergelegde grondslag nie.

Indien die ouers oortuig is dat die jeug se "fondasie" sterk genoeg was/is, dan Sal die steekproef se gedeeltelike sienings, in die jeug Le.

Aan die einde van die dag, behoort die jeug ook n input te he. Dit is die jeug wat op n praktiese vlak met inklusiwiteit gaan moet deel. Tussen die veranderings van periodes, op die skoolterrein, sportterrein en op sosiale vlak.

Dit sal immers 'n breer perspektief aan die kommissie van ondersoek bied.

Ja, die jeug se input is noodsaaklik en kan bydra tot n finale antwoord op hierdie onnodige of dalk broodnodige vraag.
Jou kind se skool is dalk volgende, staan op en staan saam!"
Insake ons geskiedenis, erfenis, wie ons is. skole soos DF MALAN en laastens ons toekoms die volgende as n uittreksel uit die lied BLOEDGROND van Neil Somers:

Op hierdie grond is 'n belofte gemaak
Het ons voorvaders gebloei
Het ons hart en siel baklei om ons vryheid te verkry
Hierdie is bloedgrond
Met bloed en sweet is die prys klaar betaal
Dis ons mense se verhaal
Dit is in ons bloed om die donker te oorwin

Pieter Loftus skryf op Cape Town Talking die volgende insake #HoerskoolDFMalan >>>

"Is the name really bothering?

Why would you want to change the name of a school? DF Malan is now the next target in the northern suburbs school ethnic cleansing onslaught by the far left.

If you ask kids and parents the thought of who the character behind the name was it means as little as Kitchener Street, Kitchener, who by the way ordered the murder of thousands of Afrikaners and Zulus in this country. If you should name a street now, yes probably not the name to choose. But like Volkswagen was successful because it was built by the Austrian Ferdinand Porsche by enslaving Jews and the killing them or Hugo Boss or IBM who are also N**i successes, these things take on new meanings. VW invests hugely in human rights today for instance and the people driving them are not N**is!

It does matter if it represents an ethnic group that needs to be removed. Ethnic cleansing. If you are looking for reasons to remove an Afrikaans sounding name from existence, then you will find a reason. If you remove everything, sport, religion, names, symbols, everything that represents an ethnic group, you silence them. Then they have no cohesion and they cannot resist when you start removing their human rights. When you refuse them income, help for their children, education etc.

That is why you change names. The real reason is ethnic cleansing.
OK, not my point. My problem is the lowlifes, the governing body of such a school, the people who do this for attention, for political shine, for whatever reason while no focussing on maintaining a well-functioning school. It is a fact that with name change comes decay. They know that. People lose interest. The old pupils withdraw their support.

I want to know from the traitors, those who happily help with the ethnic cleansing if they enjoy the narcissistic feed they get, the attention, the fact that they worked their way onto a committee where they can get all that? "
N TERUG VEG stans is geneem insake naam verandering van DF MALAN Hoerskool soos per artikel van Cape Argus van vandag.
SKOOLLIED
Hier ver aan die suiderland,
aan die sonryke Tafelbaaistrand,
pryk die DF Malan in sy grootsheid klaar,
die sieraad van elk Afrikaner voorwaar.
Hier word ontwikkel die gees en verstand.
Seuns en dogters staan hand aan hand,
almal vereen in ons doel en ons strewe
om vir jou, Suid-Afrika, te werk en te lewe.
In ons werk en in ons wandel,
hoe ons doen en hoe ons handel,
sal ons handhaaf en bou
aan ons leuse getrou:
om ons DF Malan in ere te hou,
om ons DF Malan in ere te hou.
ons DF Malan!

Belangegroep wat die identiteit van ons skool wil behou

Operating as usual

02/09/2022
27/08/2022

Selfs 'n oud Bellville leerling besef waaroor die stryd gaan en het nie geskroom om 'n Trots DF Malan wapentjie op haar ou skoolbaadjie te sit nie. Sy ondersteun ons ten spyte van interskole.

26/08/2022

Goeiemiddag my vriende. Hier is ons aan die vooraand van interskole 2022. More sal die skole se eerstespanne mekaar pak en te oordeel aan die old boys wedstryd is daar min genade vir mekaar.

'n Gedagte. Tradisioneel is die skoolhoofde saam met die eerste spanne op die veld. In die verlede het ons pragtige skool se hoof met sy hand op die hart - die skoolwapen - die skoollied uit volle bors gesing saam met die skool en die spelers van die groot oomblik.

My vraag is die volgende, gaan Mnr Conradie, ons skoolhoof (en persoon wie openlik gekant is teen ons skool se naam), more met sy hand op die hart uit volle bors onder andere sing "PRYK ONS DF MALAN IN SY GROOTSHEID AAN, DIE SIERRAAD VAN ELK AFRIKANER VOORWAAR", asook, "DAT ONS HANDHAAF EN BOU, AAN ONS LEUSE GETROU, OM ONS DF MALAN IN ERE TE HOU, OM ONS DF MALAN IN ERE TE HOU". Of gaan hy die eerbare ding doen en net op aandag staan, soos Bellville se skoolhoof en die ander leerlinge van Bellville Hoerskool, met die sing van die skoollied.

Ons sal more ten minste een skoolhoof sien wie nie skaam is vir sy skool se naam nie en wie sy skool dus 100% ondersteun.

More kan die laaste interskole wees tussen DF Malan en Bellville, en sodoende die einde van 'n jarelange tradisie. Die gevaar bestaan dat Bellville volgende jaar interskole sal hou teen 'n nuwe skool, want indien ons nie wen op 31 Oktober in die hooggeregshof nie, sal ons pragtige skool aan die geskiedenis behoort.

Aan ons eerstespan wil ek sterkte toewens, bring vir ons die wen - dit kan vir ons skool 'n laaste keer wees dat ons deelneem aan interskole.

30/07/2022

Luister beheerliggaam

26/06/2022

Goeiemore my vriende. Ter inligting; op 31 Oktober word ons aansoek gehoor in die Hooggeregshof. Ek kry skoon hoendervleis van opgewondenheid.

05/06/2022
31/05/2022
Photos from Behou DFM se naam's post 28/05/2022

Gister baie vroeg die oggend koue getrotseer om ʼn banier te hys reg voor die skool op eiland in Frans Conradie rakende ons stans in die hof om ʼn onbillike proses van naamsverandering te stop. Absolute voorreg om te veg vir reg en geregtigheid. Vir ʼn billike administratiewe proses soos uiteengesit in artikel 33 van ons grondwet teen die eensydige linkse gemanipuleerde proses en besluitneming. Kom besoek en ondersteun ons op ons FB groep soos aangedui, volg die regsproses en deel asseblief die skakel asook die pos.
( https://www.facebook.com/profile.php?id=100071155012790 )

27/05/2022

Goeienaand my vriende. Kyk wie het vir n slag vanoggend weer by ons geliefde skool kom kuier. Ek was stil vir n hele ruk omdat ek besig was met die verklarings van ons hersieningsaansoek. Dit is klaar en ek bring u oor die volgende paar dae op datum. Groetnis.

26/05/2022
17/05/2022
09/04/2022
26/03/2022
03/03/2022

Goeiemiddag my vriende. Aangaande gister se verkiesing wil ek Ilse van Dyk gelukwens met haar verkiesing, met n rekordgetal, tot die beheerliggaam.

02/03/2022

Goeienaand my vriende. Wel, dinge wat by ons pragtige skool gebeur verbaas my al hoe meer.

Vanoggend het die stemming plaasgevind vir 'n vakante pos op die beheerliggaam. Daar was twee kandidate, waarvan ek Bernard Kleynhans aanbeveel het op hierdie platvorm.

Bernard is 'n persoon wie ek persoonlik ken en is 'n man van inbors. Sy seun het verlede jaar matriek geskryf by ons skool en sy dogter is tans in graad 11. Hy is dus 'n gekombineerde getal van 8 jaar en twee maande verbonde aan die skool. Die ander kandidaat is'n dame wie se kind nou twee maande in die skool is. Dit is dit.

Ons het sopas verneem dat Bernard nie gekies is nie. Hoe is dit moontlik vra u seker. Wel, ek ook.

Twee interessante punte om te noem:

1. stemgeregtigdes het elkeen 'n individuele skakel gekry na "voting crowd";

2. my naam en van, asook die naam en van, van elke persoon wie gestem het is geidentifiseer op die stembrief.

Onthou net die volgende, toe ons name vir ons pragtige skool voorgestel het, het die meeste voorstelle gegaan vir DF Malan. Die beheerliggaam het erken dat hulle hierdie voorstelle tersyde gestel het en toe gekonsentreer het op ander voorstelle.

Hmm.

02/03/2022
02/03/2022

*VANDAG IS STEMDAG!*

Ek herinner u daaraan dat daar vandag gestem word vir ‘n nuwe beheerliggaamslid.

In die verband ondersteun ek vir Bernard Kleynhans. Ek ken hom persoonlik en kan eerlik se dat hy 'n man is wie staan vir die beskerming van die skool se bestaande waardes.

Bernard is al vir langer as 5 jaar ‘n ouer by die skool en is toegerus met die nodige kennis en ervaring en is bereid om u en die skool se belange op die beheerliggaam te dien.

*Elke stem tel!*

Ek vra dus dat beide ouers sal stem. Moedig asseblief ook mede-ouers aan om vandag te stem.

Maak ook asb. seker dat u toegang het tot die e-pos skakel.

Bernard Kleynhans is die man wat die skool waarvan ons ALMAL droom kan verwesenlik.

24/02/2022

Goeimore my vriende. Ek hoor graag. U kon nou die Stellenbosch verslag lees. Wat d**k u, kan 'n mens enigsens daaruit bepaal dat die beheerliggaam 'n mandaat gekry het om ons pragtige skool se naam te verander? Is daar enige aanduiding daarin dat die oorgrote meerderheid wil he dat die naam moet verander?

23/02/2022

Goeiemiddag my vriende, soos belowe, die Stellenbosch verslag:

Leesverslag: Gespreksgroepe oor die toekoms van DF Malan Hoërskool
April 2021


Die skool waarvan ons droom

Navorsingsdiensverskaffer:

Eenheid vir Innovasie en Transformasie, Ekklesia: Fakulteit Teologie, Universiteit van Stellenbosch

Navorsers:

Agtergrond tot die navorsingsprojek:

Tydens die proses, Die skool waaroor ons droom, is fokusgroepe genooi om deel te neem aan groepsgesprekke. Die Eenheid vir Innovasie en Transformasie ontvang data transkripsies van fokusgroepegesprekke met die opdrag om die inligting objektief en wetenskaplik te analiseer en te verwerk in ʼn verslag.

Metodiek:

Empiriese navorsing se doel is om te meet in terme van getalle (kwantitatief) en tendense te bepaal. Dit wil egter ook luister na ʼn verskeidenheid van menings en stemme, selfs al is dit in die minderheid (kwalitatief).
In hierdie geval het die navorsingspan gewerk met menings van verskillende fokusgroepe met wie gesprekke gevoer is. Data van 15 fokusgroepe is ontvang. Die fokusgroepe het bestaan uit ouers, leerders, onderwysers en alumni. Hierdie data is gekodeer (kwantitatief, sowel as kwalitatief) en in ʼn verslag opgeskryf.

Etiese Aspekte:

Die anonimiteit en konfidensialiteit van alle deelnemers is ter alle tye gewaarborg.

Let wel:

- In die verslag wat volg, word alle direkte aanhalings uit die antwoorde tussen aanhalingstekens geplaas.
- Die frekwensie van aanhalings word aangedui met die teken: ƒ

VRAAG 1: As jy die skool aan ‘n ander persoon moet beskryf, wat sal jy sê maak die skool uniek?

AKADEMIESE PRESTASIE

Die skool word as uniek beskryf ten opsigte van akademiese ingesteldheid, prestasie en reputasie (ƒ40). “DF is akademies sterk en belangrik”, daarom het “ek my kind gestuur”. Dit was “van die begin af ‘n skool met uitstaande akademiese prestasies”. “Akademie is ons besigheid”, ons “gevestigde handelsmerk”.
Enkele deelnemers noem dat ‘n akademiese fokus op presteerders die motivering van leerders met leerprobleme belemmer (ƒ4). Enkele ander noem weer dat onderwysers juis ekstra tyd en ondersteuning bied, soos ekstra leesklasse, wat leerders se selfvertroue en vaardighede verhoog (ƒ2).
Een deelnemer sê daar is “ruimte vir groei in kritiese denke en kreatiewe omgang met idees”. Aan die ander kant meen ‘n deelnemer leerders word toegelaat om ten spyte van ‘n sterk bepaalde kulturele identiteit “alternatief” te d**k.

AFRIKAANSE SKOOL

Die terugvoer beklemtoon dat die skool Afrikaans is, selfs “suiwer Afrikaans” (ƒ22). Byna al die groepe het hierna verwys. ‘n “Skool vir die Afrikaanse gemeenskap” met ‘n “Afrikaanse musiekvibe”.
Onderrig in Afrikaans word meestal as ‘n sterkpunt en aantrekkingskrag gesien.

Enkele deelnemers beklemtoon dat die Afrikaansheid van die skool in ‘n multi-taal, multi- kulturele omgewing uitstaan.

Sommige deelnemers wys uit dat die Afrikaans-talige karakter van die skool nie uitsluitend is nie. Die skool is Afrikaans, maar “d**k uit die boks, breër” (ƒ4).

WIE IS ALMAL HIER WELKOM?

Heelwat deelnemers sien die skool as “insluitend”; ‘n skool wat “plek maak vir ander”; ‘n skool “vír die breër gemeenskap”; met ‘n “klem op verskillende kulture”; waar “alle persoonlikhede welkom” is en “‘n plekkie vind”; “‘n dood normale skool vir almal, ryk of arm” (ƒ30).
Stellings wat verder in hierdie opsig na vore kom is die volgende: DF is ‘n skool wat “leerders van diverse agtergronde, rasse, geloof en omgewing akkommodeer”. Dit is “aanvaarbaar om anders te wees” of dit nou gaan oor oriëntasie t.o.v. sport, kultuur of akademie, velkleur of die laerskool waarin iemand was. “Verskillende sosiale klasse” word ondersteun. “Elke kind kry sy of haar plek in die son”. Die skool “aanvaar jou as van die skool, nie op grond van wat jou anders maak nie”. Jy word as “gelyk gesien”.
Die skool is “bekostigbaar”, “waarde vir geld – veral akademies” (ƒ4), is “nie snobisties”; “nie flashy”; het ‘n “mindere mate van elitisme” ten spyte van die prestasies.
Die skool se “sentrale ligging” (ƒ3) maak dit moontlik om ‘n “diverse groep leerders bymekaar te bring”.
Daar word ook verwys na ‘n “sense of belonging”. Jy voel “jy as ouer en jou kind pas in by die skool.”
Een deelnemer maak die opmerking dat ‘n mens “tuis en welkom voel tussen jou eie mense”.

Opmerkings word gemaak oor “eenheid in die skool tussen die leerders”; bereidheid van leerders om ‘n “ekstra myl” met mekaar te stap en mekaar “uit te help”; vir mekaar “om te gee” en “te sorg” (ƒ6).
Een van die deelnemers het egter verwys na ‘n “monokultuur” en gesê die skool is “glad nie divers” nie. Nog een noem “onverdraagsaamheid teenoor mense van ander geloofsoortuigings, ras en seksuele voorkeur”. Daar word gewys op “konflik omdat die skool en die omgewing se demografie verskil” en dat die personeel “almal wit” is.

GEBALANSEERD

Heelwat deelnemers wys daarop dat die skool “gebalanseerde” mense vorm, “holisties omsien na leerders”, sodat hulle op “enige vlak kan ontwikkel as mense” (ƒ11).
Opmerkings wat hiermee verband hou is die volgende: “Dit gaan oor meer as net akademie”; “Sport en kultuur word in dieselfde lig gesien”; Die skool het ‘n “veelsydige fokus”; Leerders het “baie geleenthede” (ƒ2); Die wye verskeidenheid van vakkeuses (ƒ6) bied “geleenthede vir die toekoms”.
Opmerklike klem word gelê op die geleenthede wat leerders kry om “deur uitreike” te “wys hulle gee om vir die gemeenskap” (ƒ20).

GEES EN TROTS

Daar is heelwat verwysings na “trots”. Die skool “het ‘n trotse geskiedenis”; “onderwysers is trots op die skool”; ons is “trots op die brand”; ons “dra die DF-baadjie met trots” (ƒ19).
Die rol van die MTBS in die vorming van “warmte” en “skoolgees” is opmerklik (ƒ9).

Daar is ‘n persepsie dat DF as staatskool daartoe in staat is om te “kompeteer met privaatskole”; uitnemendheid nastreef; ‘n skool “in top klas” is; “a school of choice”; “cutting edge op alle gebiede” (ƒ7).

FUNKSIONALITEIT

Deelnemers wys daarop dat die skool uitstekende onderwysers het, mense met passie, wat kwaliteit onderrig bied en ekstra myle loop (ƒ5). Die skool het ook ‘n “baie funksionele beheerliggaam” (ƒ1). Goeie dissipline, netheid en ‘n kultuur van respek word gekweek (ƒ7). Dit is ‘n “professionele skool wat die kind as kliënt nr 1 eerste stel” (ƒ1). Ouers bring ook hulle deel by die skool (ƒ1)
Die skool is publiek sigbaar in sport, uitreike, asook ander dissiplines (ƒ1). Daar was “die afgelope 50 jaar ontwikkelinge in alle dissiplines in die skool”.

WAARDES

Hierdie is ‘n skool met sterk “waardes” (ƒ6); spesifiek Christelike of godsdienstige waardes (ƒ8).

KINDERS LEER BESLUITE NEEM

Een deelnemer sê: “Kinders word soos volwassenens hanteer; gelei om eie besluite te neem”.

ANDER OPMERKINGS

Twee opmerkings wat verband hou met identiteit is die volgende: “DF is ‘n manier van doen”, en “Ons is DF.”
Een deelnemer noem dat die naam van die skool “‘n sterk handelsnaam” is. Nog ‘n opmerking lui: “Die naam. Die naam maak dit uniek.”
‘n Ander deelnemer sê die naam van die skool laat ons uitstaan in ons huidige politieke landskap en dit moet aangespreek word.
‘n Verdere opmerking lui: “Die skool is braaf om moeilike vrae te vra oor sy identiteit en naam.” Hierdie opmerking word gemaak nadat gewys is op ‘n “mindere mate van elitisme” in die skool as wat mens dalk sou verwag.
Een deelnemer sê die skool is uniek in die sin dat dit ‘n “brugbouer vir die nasie” kan wees.

VRAAG 2: Vertel ʼn kort verhaal wat verduidelik wat dit vir jou beteken om deel van die skoolgemeenskap te kan wees.

BETROKKENHEID, DEELNEMENDHEID EN ’N GEVOEL VAN BEHOORT

Oor die algemeen vertel deelnemers positiewe stories en maak bevestigende opmerkings oor die betrokkenheid van leerders, ouers en onderwysers by die skool en by mekaar. (ƒ45)
Enkele deelnemers wys daarop dat hulle tuis voel in “die bekende” van die plek, byvoorbeeld die skoolterrein, en die manier van doen. “Ouers en leerders voel ‘n geborgenheid. Daar is n koffietjie by die hokkie en jy word vriendelik gegroet deur almal.”

‘n Deelnemer stel dit soos volg: “DF is ‘n gemeenskap, nie net ‘n skool nie. Kinders wil daar wees...voel gelukkig. In wen of verloor is ons DF”. Nog een sê: “Jy is deel van gemeenskap omdat jy deel van DF is”. Nog een: “Ek hou daarvan om deel van DF te wees – dit is anders as my eie gemeenskap.” Dit is ‘n “groot skool maar jy voel of daar n spesiale plek vir jou is”. Die skool doen moeite met elke kind, selfs met “gestremde of kinders wat dalk sukkel”. “Elke kind het n plekkie waar hy of sy kan shine”. Een deelnemer sê waar kinders “deel voel” kan hulle “presteer”.
Ook in die response op hierdie vraag kom dit na vore dat dit “gewone kinders” is wat “buitengewone welslae behaal”.

Verhale soos die volgende word gedeel:

∙ “Die koortoer het my as leerder laat voel dat die skool/koor ‘n span is. Dit het my wonderlik laat voel om saam musiek te kon maak.”
∙ “Projekte soos herwinning trek die leerders saam, hulle werk spontaan saam van matriek tot graad 8.”
∙ “Geleenthede waar die hele skool deelgeneem het, bv skoollied sing, MTBS.”
∙ “Moeite wat skool gedoen het om gr8’s laasjaar weer welkom te laat voel het na terugkeer van lockdown.”
∙ “Die eerste dag se oorbrugging was fantasties, die kinders het dit geniet en as gevolg daarvan het ek nuwe vriende gemaak.”
∙ “Die baadjieplegtigheid is uniek, anders as by ander skole.”
∙ “Die klubs skep geleentehede en almal word ingetrek.”
∙ “Ek hou van die konsep van ‘n skool vir jong volwassenes.”
∙ “Die leerders kan self dinge inisieer en dryf (bv. Donut Donderdag, herwinning) en hulle neem eienaarskap daarvan. Onafhanklike deelname aan die projekte laat ‘n mens deel voel van die skoolgemeenskap.”
∙ “DF kweek lewenslange vriende, oudleerders wil reünies hê en kom graag terug omdat die herinneringe positief is.”
∙ “Dat ‘n klein publieke Afrikaanse skool groot Engelse skole kon uitsof in debat dui op ‘n kultuur van uitmuntendheid. Ek is trots om ‘n DF-leerder te wees.”
∙ Passievolle ondersteuning langs die sportveld.

∙ Kinders leer diensbaarheid deur blootstelling aan die armer deel van die gemeenskap.
∙ Leerders organiseer hulself by die swemgala sonder konstante toesig.
∙ Dit is goed om deel te wees van roetine, byvoorbeeld om pouses op ’n sekere plek te sit, te weet wat elke dag gaan gebeur, ens.

HULP MET UITDAGINGS

Ouers, onderwysers en leerders is bereidwillig om leerders met behoeftes en uitdagings te help. (ƒ13). Een deelnemer noem dat leerders gehelp word om die beste te wees wat hulle kan wees. Prestasie is nie net in wen of die aantal onderskeidings geleë nie.

Die volgende verhale word vertel:

∙ “’n Matriekleerling het nie ’n matriekafskeidrok nie, dan spring ouers en onderwysers in en fasiliteer dit.”
∙ “Die saamstaan van ouers met die huisvesting van Duitsers hier en die orkestoer in Duitsland.”
∙ “Die Buddy projek om jou te help (ƒ4) – selfs in lockdown het buddies uitgereik na gr8’s. As jy sukkel is daar ‘n tutor om jou te help.”
∙ “Die voedingskema voorsien minder beoorregte kinders.” (ƒ2)

FAMILIEWEES

“Die gevoel van ’n familie-wees” laat my “spesifiek kies om in DF te bly”.

Vanaf dag een het ek deel van die skool gevoel omdat die skool almal akkommodeer. Dit voel soos 1 groot familie. My hele familie het hier skoolgegaan.
Toe ek as enkelouer hier aangekom het, het die skoolgemeenskap my kind help grootmaak.

ONDERWYSERS

Kwaliteit, passievolle onderwysers wat kinders aanmoedig. (ƒ9)

Toe anderskleuriges vir eerste keer in DF ingekom het in 1994, het ‘n onderwyseres hulle laat deel voel.
‘n Onderwyser was vir my ‘n mentor.

Onderwysers dra mekaar en is altyd daar vir ondersteuning. Leerders word onderrig in menswees, nie net akademie nie. Kinders gedy onder die professionele onderrig wat gebied word.
Hoe die onderwysers konflik hanteer en boelie-gedrag veroordeel.

BEVESTIGING VAN BUITE

Met die Duitse orkestoer was hulle net vol lof vir DF en dit het my “ongelooflik trots” laat voel op die skool.
Mense van buite ken die skool en dit maak dit lekker om hier te werk.

LEIERSKAP

Hantering van COVID (ƒ3). Briewe van die skoolhoof en algemene kommunikasie was goed. Dit het my ingesluit laat voel.
Die skool bemark alle aktiwiteite met dieselfde gewig

Die skoolbestuur se leierskap laat ons geborge voel. Dit voel of ons ‘n goeie keuse gemaak het. Die hantering van die skoolhoof nadat ‘n leerder boeliegedrag aangemeld het, was baie positief. Ek is te woord gestaan toe ek vrae gehad het oor die skool se naam.

ORIËNTERING

Die twee weke van oriëntering van die graad 8 leerders het my trots en ingesluit laat voel. (ƒ2)

Ek hoor wat julle vertel van die doop, ek d**k dit sal ontstellend wees vir my kind wat ingeskryf is vir 2022.

“Die eerste dag van die oriënteringsproses waar die Gr. 8’s buite ontvang word met ‘laat sak julle dakke’, ens, is dalk nie meer gepas nie en uitgediend in die nuwe samelewing. Dit verwys terug na Afrikaanse skole en Christelike Nasionale Onderrig in die verlede waarmee daar negatiewe assosiasies is. Die ontgroeningservaring van jonger leerders strook dus nie met ‘n verwelkomende kultuur nie, is dalk kenmerkend van ‘n militaristiese kultuur.”

VOEL UITGESLUIT

Enkele stemme word gehoor wat ‘n belewing van uitsluiting verwoord.

By die openings aand was “duisende kinders”. Ek was “geskok dat dit net Afrikaans is en min kinders van kleur”. Ek het “nie deel van die kultuur gevoel nie”.
Ek “het nie n storie nie - voel nie deel van die gemeenskap nie”.

Daar was nie ‘n “happy place” in die skoolgemeenskap nie. Daar was “onderskeid tussen areas waarvandaan kinders gekom het”. Dit was nie “’n uniforme skoolgemeenskap nie”.
Ek het ‘n onderwyser gekontak oor haar lang gesprekke op godsdienstige vlak in akademiese tyd. Haar reaksie was dat hierdie ‘n christelike skool is.
‘n Onderwyser het “fringe godsdiens” afgedwing (kreasionisme). Ek en my vrou het probeer om dit aan te spreek. Haar boodskap was dat dit ’n christelike skool is. Ons voel nie welkom nie. Hierdie soort gelowige konteks mag ’n breër gemeenskap afskrik.
Een godsdiens moenie ten koste van ‘n ander voorgetrek word nie.

TWEE ANDER STEMME

Ek het nog nooit deel van enige gemeenskap gevoel nie. Dit is nie “die skool se skuld” nie.

Ek was op skool “lid van die SR, Premierspan hokkie, ek was ‘n dirigent, ek het aan die skoolkoerant help skryf, ek was basies deel van als of amper als, maar steeds deel van ‘n stereotipe. Daardie stereotipe het gemaak dat ek uit voel buite die mure van die skool, want ek was “anders.” Daarom het ek gevoel dat ek afstand moet doen van die skoolgemeenskap omdat ek soveel anders was as wat buite aangegaan het.”
GEMEENSKAP/ COMMUNITY

“Dit is belangrik om in die skool ons kinders aan die wêreld buite bekend te stel”. Hulle moet “nie net met die elite meng nie maar inklusiwiteit by skool ook leer en ondervind”.
Ek d**k ‘n goeie gemeenskapservaring in ‘n skool is “een waar daar goeie fellowship is, persoonlike kontak en samesyn”.

VRAAG 3: Wat maak jou angstig oor die toekoms van die skool en wat gee jou hoop?

ANGSTIG

DIE DF NAAM EN NAAMSVERANDERDING (ƒ48)

Die naamverandering (indien dit verander en ook as dit nie verander nie), sowel as hierdie
proses van transformsie en die gevolge daarvan maak talle deelnemers angstig.

Deelnemers spreek hulle vrees en kommer uit oor dit wat verlore kan gaan en wat moonltik prys gegee sal moet word met die verandering in naam, nl:
• identiteit,
• taal,
• kultuur,
• tradisies,
• gees,
• waardes,
• nalatingskap
• standaard van onderwys en
• gehalte van leerders.

Een deelnemer sê: “Bang dat die kultuur en taal gaan verander, maar ook bang oor wag gaan gebeur indien die skool se naam nie gaan verander nie”. Vir ander beteken die naamsverandering “’n ingee en wys ons het geen beginsels nie” of “dat ons te maklik dinge prysgee wat in die kern van ons bestaan is om mense tevrede te stel en daarmee identiteit prysgee”. ‘n Leerder spreek ook haar kommer uit: “Mense glo dat as die naam verander, die identiteit gaan verander…ek wil nie die skool as politieke naam sien nie, maar vir dit waarvoor

ons staan”. Daar is egter ook ‘n ouer wat bekommerd is daaroor dat pretasie aan die “brand van DF se naam” gekoppel is”.
Dit skep ook verdere angs dat die skool: “geforseerde verandering sal moet maak en ondergaan”, terwyl die “gedagte dat mens wil vasskop oor die naam” ander angstig maak.
Die kommer word ook uitgespreek dat die naam van die skool mense kan beïnvloed: “Skool trek nie Afrikaansprekende Swart en Bruin leerder nie”. Nog ‘n deelnemer is van mening dat indien die naam nie verander nie, ander rasgroepe nie DF as ‘n keuse sal oorweeg nie.
Daar is deelnemers wat die verandering in naam baie negatief beleef. ‘n Deelnemer beskryf sy gevoelens as volg: “Die verandering van die skool se naam is onaanvaarbaar. Dis absurd om aan ‘n rampokkerbende se eise toe te gee.”.
Deelnemers bly egter angstig oor die druk wat “van buite” beleef word oor die skool se naam en sê: “Die naam moenie verander agv politieke druk nie.” Iemand vra die vraag: “Indien daar nie sosiale druk was nie, sou daar enigsins na die handelsmerk en naam gekyk geword het? Is dit dalk net windowdressing?” Tog is daar ook deelnemers wat bly noem: “die naam van die skool stel ons bloot (polities-, media- en fisieseaanvalle)”.
‘n Leerder is “bekommerd dat sy dalk eendag in werk aansoeke afgekeur sal word as werkgewer aanstoot sal neem in die naam”. Dieselfde gedagte word ook deur ander geopper: “Angstig dat ons ‘n generasie jong leerders skep wat moet ingaan in die professionele wêreld (arbeidsmark) met ‘n CV waarop DF staan…wêreld daarbuite sien net die naam met negatiewe konnotasies. DF Malan, dis naam, is kontroversieel.” en “die feit dat mens skaam voel om die naam te noem in vreemde geselskap” en ‘n ander sê: “trots op die skool, maar nie op die naam nie”. Nog ‘n deelnemer is angstig daaroor dat indien ons gemaklik met die naam is, dat ons “geweldig onsensitief teenoor ons landsburgers” is, vanweë “die feit dat die naam pynlike ervarings oproep vir baie mense”. “Die naam gee aanstoot aan baie mense agv die persoon DF Malan en waarvoor hy gestaan het”. Nog ‘n deelnemer maan egter dat ons moet onthou: “DFM was nie net die vader van apartheid nie – hy was meer as bloot dit”. Iemand maak die opmerking: “Mense klou vas aan apartheidsgedagtes, insluitend sommige leerders. As ons nie bereid is om veranderinge te maak nie kan ons alles verloor – nie net die skool se naam nie.”.
Die vraag word egter ook gevra of die naamverandering nie juis leerders se toekoms (negatief) sal beïnvloed nie “indien hulle nou ewe skielik kom van ‘n onbekende skool, terwyl daar op die oomblik ‘n duidelike konneksie is tussen die naam en akademiese uitnemendheid”.

Verskeie deelnemers noem “mense besef nie die volle implikasies van naamsverandering op die verskillende fasette van die skool nie. Wapens, dasse, skoollied, ens.” en verwys ook daarna dat hulle bang is “vir onkoste wat naamsverandering gaan bring”.
Hierdie tyd van onsekerheid veroorsaak egter ook angs. ‘n Leerder vra die vraag: “Hoe gaan die naamsverandering die skool se kultuur verander en wat hou die veranderinge in” en ‘n ouer vra “na wat” gaan die skool se naam verander?

POLITIEKE SITUASIE (ƒ22)

Daar is kommer onder deelnemers oor die politiese dryf agter die gesprekke.

Deelnemers is bekommerd oor die politieke toestand van die land en die impak wat dit op skole en onderwys het, bv: “politieke inmenging en hoe dit die kinders se akademiese loopbaan beïnvloed”, “politieke omstandighede wat onderwys onderdruk plaas (getalle/hulpbronne)”, “politieke omgewing speel ‘n belangrike rol”. Hierdie “politieke druk of sosiale verandering veroorsaak dat die skool sy huidige identiteit en etos kan verloor”.
‘n Deelnemer maak die stelling: “die naam maak ons ‘n politieke teiken” (ƒ2).

Daar is deelnemers wat meen dat die skool uit pas is met die politieke veranderinge in die land, sowel as die konteks.
Die grootste vrees van die deelnemers is dat die naamsverandering in ‘n “politieke speelbal” ontaard.

DIVERSITEIT (ƒ19)

Tov diversiteit maak deelnemers die volgende opmerkings:

- “Dit maak my angstig dat die skool glad nie divers is nie. Afdwing van geloof is nie ‘n goeie ding nie”,
- “Die demografie van die skool het nie genoeg verander oor die afgelope jare nie – nie divers genoeg nie.”,
- “Diversiteit nog nie op die regte plekke nie – ander rasse se getalle word jaarliks minder
– slegs 1 persoon van kleur op die personeel. Kinders kry ‘n kultuurskok as hul buite die DF gemeenskap uitgaan bv US.”,

- “Diversiteit van personeel – boodskap wat dit uitstuur.”,
- “nie regverdig teenoor leerders van kleur dat daar slegs 1 personeellid van kleur is nie…nie ‘n gemeenskap vir anderkleuriges omdat meerderheid van leerders en personeel blank is”,
- “persepsie van wie ons is kan mense uithou uit die skool…dat ons as ‘n eksklusiewe skool gesien word” en
- “alle posisies ook onderwysers, in DF moet verteenwoordigend wees van alle rasse”.

Deelnemers spreek die kommer uit:

- “Dat leerders dalk nie genoeg voorberei kan wees vir die breër gemeenskap agv te min kruis-kulturele blootstelling.”
- “Bang dat gemeenskap in ‘bubble’ leef en nie tred hou met die groter gemeenskap nie.”
- “Dat ons die geleentheid gaan mis om as skool te groei, om meer te leer van die diversiteit van mense wat saam in die gange van die skool beweeg.”
Vrae in hierdie verband word deur deelnemers gevra:

- “Voel verskillende rassegroepe welkom agv die demografie van die skool?”
- “Hoekom is daar nog nie ‘n verskil gemaak nie?”
- “Hoe maak ons seker da tons die beste kwaliteit diverse leerders trek?”
- “Wit seniorraad? Word daar genoeg gedoen om diversiteit onder leiers te bevorder?”
- “Word atmosfeer van inklusiwiteit geskep? Word geneog gedoen om voorafopgestelde idees uit te daag?”
- “Word DF gesien as ‘n wit enclave?”
- “Hoe behou ons identiteit, maar pas aan om almal inklusief te laat voel?”

TAAL EN TAALVERANDERING (ƒ17)

Daar is verskeie deelnemers wat angstig is oor die taalkwessie en die moontlike verandering van taal in die skool. Daar word verskeie opninies hieroor uitgespreek:
- “Die feit dat DF net Afrikaans is, bekommer my”,
- “Wil graag Afrikaans behou”
- “Afrikaans is deel van ons kultuur”
- “Afrikaans in die skool pla my nie”,

- “Druk waaronder Afrikaans is en die uitfasering van Afrikaans by sekondêre skole plaas meer druk so skole soos DF.”
- “Druk op Afrikaans as medium van onderrig…universiteite wat ver-Engels verhoog druk op skole”
Die deelnemers is bang dat die verandering van taal sal lei tot verval, identiteit as Afrikaanse skool sal verander en die verdwyning van Afrikaans Christelike skole in gemeenskappe.

HOOP

TRANSFORMASIE GESPREKKE (ƒ20)

Daar word telkens waardering uitgespreek vir die DF Toekomsgesprekke wat plaasvind. Dit is vir deelnemers baie hoopvol dat daar met hulle in gesprek getree word (spesifiek ook met verwysing na hierdie betrokke gesprekke). Hierdie gesprekke gee hoop dat die verandering bestuur kan word (ƒ15). Deelnemers waardeer die pro-aktiewe aard van die gesprekke en ook die aanpasbaarheid van die skool.
Die hoop word uitgespreek “dat mense in hierdie gesprekke al die faktore in ag sal neem en nie net die populistiese mening sal huldig nie” en ook dat die “kommunikasie rondom verandering goed gedoen sal word”.
Daar word ook genoem dat daar “mense in die skool is wat bereid is om ‘n verskil te maak en geleentheid wat gebied word vir verskille in opinies”. Die proses van “bevraagtekening en introspeksie is verrykend”.

LEERDERS VAN DIE SKOOL (ƒ19)

Deelnemers hoop dat “die persone in die omgewing en gevolglik die leerders wat sal inskryf, die standaard hoog sal hou”. Hulle is van mening die “meerderheid van DF-leerders is goeie leerders” en dat die “top-leerders in die area” behou sal word. Dit is vir deelnemers hoopvol dat “waardes geleef word deur leerders olv die personeel”.
Leerders maak telkens die opmerking dat hulle die skool “geniet”, ook oud-leerders getuig van die positiewe invloed wat die skool op hulle lewens gehad het. ‘n Deelnemer sê: “daar is baie gees onder die onderwysers en leerders…my dogter is gelukkig en dit gee baie hoop”. Daar

word ook waardering uitgespreek tov die respek en ingesteldheid wat die leerders toon. Een deelnemer verwys ook na die geleenthede wat leerders aangryp “om met ander minder homogene groepe te skakel”.
Een deelnemer spreek egter die kommer uit: “Die voedingsarea van die skool gaan verander en dit gaan moeilik wees om goeie leerder te trek”.

BEHEERLIGGAAM, BESTUUR EN PERSONEEL VAN DIE SKOOL (ƒ10)

Meeste deelnemers is hoopvol dat die Beheerliggaam en bestuur van die skool in staat daartoe is om hoë standaarde te behou. Die hoop word uitgespreek dat hule goeie en wyse besluite sal neem. Daar word telkens waardering uitgespreek teenoor die skoolhoof en die onderwysers van die skool.
Een deelnemer meen dat in dien die proses reg bestuur word “Afrikaanse leerders van verskillende kulture saam kan bou aan die toekoms.”.

DIE DF NAAM EN NAAMSVERANDERING (ƒ7)

‘n Leerder spreek haar hoop uit dat die skool se naam nie die skool sal definieer nie. Nog een sê: “maak nie saak wat skool se naam is nie, die waardes gaan dieselfde bly” en ‘n ander meen: “’n naamsverandering sal nie die aard van die leerders, onderwysers of onderrig verander nie”.
Nog ‘n leerder hoop dat in 10 of 20 jaar se tyd jy trots kan voel as jy die skool se naam noem: “Daar moenie slegte konnotasies gekoppel word aan die skool se identiteit nie.”. Dit is opvallend dat die verandering van die DF naam mense angstig maak, maar ook hoop gee - “Hierdie gesprek maak my angstig en opgewonde. D**k nie die naam is meer vanpas nie. Ons ignoreer pyn van ‘n groot deel van ons bevolking…teken van respek om die naam te verander.”. Daar is hoop dat die verandering van naam ‘n teken van gewilligheid van transformasie sal wees.
Die “groot getal mense wat besef die naam is ‘n probleem” en wie bereid is om daaraan aandag te gee is baie hoopvol.
Daar is wel deelnemers wat hoop dat “Indien verandering wel moet plaasvind sal dit gebeur op skool se terme” en ook diegene wat hoop dat “ons inklusief kan wees sonder om die naam te verander en ons kultuur prys te gee”.

Die hoop word uitgespreek dat die “skool sterk genoeg sal wees om ‘n naamsverandering te oorkom”.

GOEIE REPUTASIE (ƒ6)

Deelnemers is hoopvol dat die goeie reputasie van die skool behoue sal bly (ƒ3). Akademiese prestasie en ook geleenthede en positiewe betrokkenheid in die gemeenskap sal voortgaan. ‘n Leerder meen: “ons reputasie wek respek”.

VRAAG 4: Vertel ‘n verhaal oor hoe jy en ander voel oor die veranderinge wat die afgelope aantal jare in die skool aangebring is?

MIN OF GEEN VERANDERINGE (ƒ9)

Deelnemers is van mening dat daar nie “veel verandering in die laaste 4/5 jaar” was nie of dat “daar te min verandering” is. Verskeie deelnemers noem dat die verandering “baie stadig” plaasvind, een beskryf dit “soos ‘n gletser wat smelt”. Een deelnemer meen dat ons al van “94 demokraties is en ons behoort nie meer met hierdie probleem te sit nie”. As ‘n voorbeeld van min/geen verandering word genoem dat daar geen diversiteit in personeel is nie, tog het die kwaliteit van personeel behoue gebly. Nog ‘n deelnemer skryf die min verandering daaraan toe dat daar “vas gestaan word vir sekere waardes en stabiliteit is positief”. Alhoewel daar “beleef is dat daar baie geskop is teen verandering, het die geskop bedaar”, hierdie verandering blyk deur die “nuwe skoolhoof” te weeg gebring te word.

GROENSKOOL (ƒ15)

Daar is by die skool begin met herwinnig, oor tyd het dit baie vergroot en daar is nou ’n groot fokus daarop. Dit word beskryf deur deelnemers:
- “Ekovriendelike Skool”
- “Groenbeweging mbt herwinning van goedere en sonkrag”
- “zero landfill”
- “ons is leiers op die gebied in die area”

INKLUSIWITEIT (ƒ12)

Die indruk word geskep dat die skool toenemend meer inklusief wil wees. Die rolstoel projek word verskeie kere genoem en daar is die mening dat “wassetrap sal lei tot verdere inklusiwiteit”. Dit lyk ook asof daar groter inklusiwiteit in die skoolgemeenskap is teenoor minderheidsgroepe. Daar word berig: “Diversiteit het groter geword itv ras en geloof”, die wye verskeidenheid van mense lei tot ‘n dieper begrip vir mekaar.
Daar was verandering in sieninge oor geslag en gender “dit maak ons verwelkomend en ‘n tuiste vir almal”. Daar is die laaste 2 jaar baie gepraat oor homofobie, maar daar is egter geen veranderinge oor ras diskriminasie nie.
Alhoewel die inklusiwiteit positief ervaar word, word die volgende opmerkings gemaak:

- Dit het “rassistiese ondertone”.
- Die algemene gevoel van “gemeensaamheid het versleg”.
- “Geen poging om diversiteit veranderinge aan te bring nie, fokus slegs op fisiese veranderinge”
- “Diversiteit binne skool is nie genoegsaam aangespreek nie. In die skool is die personeel nie divers nie en die naam van die skool het ‘n negatiewe invloed”.

UITBREIDING VAN FASILITEITE EN GERIEWE (ƒ10)

Deelnemers noem dat die fasiliteite en geriewe verbeter en uitgebrei het en dat die skool baie investeer in die infrastruktuur. Die netheid en instandhouding van die terrein en die modernisering daarvan word genoem. Die skool het ook tegnologies baie gevorder. Hulle het Wi-fi en probeer papier spaar waar hulle kan.

IDENTITEIT BLY BEHOUE (ƒ4)

Daar word melding gemaak en waardering uitgespreek dat die veranderinge wat wel aangebring is nie die identiteit van die skool verander het nie. Deelnemers beskryf dit as volg:
- “Veranderinge sonder prysgawe van identiteit”
- “Die skool se identiteit het nie verander nie, dit is nogsteeds dieselfde skool”
- “Die skool het fisies verander, maar nie die beginsels nie”

- “Verandering kan plaasvind sonder om waardes en identiteit prys te gee (dit beteken egter nie ‘n vasklou aan kultuur/dogma/taal nie)”

SPORT PRESTASIE (ƒ3)

Die mededinging tussen DF en ander skole op die sportveld brei uit en verbeter. Daar is tans ‘n groot sportgeleentheid wat aangebied word en ‘n deelnemer beskryf dit as volg: “MTBS is wêreldwyd bekend”.

AKADEMIESE PRESTASIE (ƒ3)

Akademiese pretasies onder leerders het oor die jare net verbeter. Die kwaliteit van onderwys het ook gestyg. Verskeie deelnemers beaam hierdie stelling.

VERSKEIE NUWE INISIATIEWE

- Wasse-boom, wasse-bad en wassetrap (ƒ10)
- Rolstoelvriendelike skool, hysbak vir gestremdes (ƒ6)
- Meer geleenthede vir leierskap ontwikkeling (ƒ6)
- Koffiestalletjie, koffie container is goed (ƒ3)
- Tutorhulp vir junior leerders (ƒ2)
- Leesprogram (ƒ1)
- Fokus op veilige ruimtes (ƒ1)
- High Perfomance Centre (ƒ1)
- Gender based equality (ƒ1)
- Astro (ƒ1)
- Christelike gonsgroep (ƒ1)
- Swembad (ƒ1)

VRAAG 5: Hoe voel jy en ander oor die veranderinge wat die afgelope aantal jare in die gemeenskap aangebring is?
‘n Deelnemer maak die volgende opmerking oor verandering: “ons gaan heeltyd gekonfronteer word met verandering…dit kan ontstellend wees en mens moet pro-aktief optree”, “mens moet aan die voorkant van verandering kom en wees”, “’n Skool soos die moet dit raaksien en vooruit d**k en nie wag dat sosiale druk dit afdwing nie”.
‘n Ander deelnemer meen: “Veranderinge gee geleenthede vir gemeenskappe om saam te werk en by mekaar te leer.”.

MIN OF GEEN VERANDERINGE (ƒ4)

‘n Groot deel van die area het nie baie verander oor die laaste 10/15 jaar nie. Een deelnemer is van mening: “Daar is geen tasbare verandering in gemeenskap wat bv naamsverandering noodsaak nie”, ‘n ander sê: “Die skool is verteenwoordigend van die gemeenskap waarin dit is, dus is daar nie veel verandering nie.”.

DEMOGRAFIE (ƒ25)

Die demografiese omgewing om die skool het verander, dit word beskryf as:

- “die gemeenskap raak al hoe minder homogeen” wat betref ras, taal, godsdiens, waardes, ens.
- “Boston en Welgemoed besig om meer divers te word”
- “Die onmiddellike area het verander bv huise wat omskep is in besighede, daarom dat DF ‘n wyer gemeenskap begin dien/trek. Dit is ‘n baie positiewe ontwikkeling.”
- “Die opbou van ‘n sterk, diverse middelklas in die omgewing is positief”
- “Gemeenskap het baie verander (skool nie)”
- “Gemeenskap word meer divers, moet deur skool reflekteer word”
- “Die skool het verander van ‘n omgewingskool (Boston en Welgemoed) na ‘n gemeenskapskool met 37 voederskole)”
- Die demografie word weerspieël in die “haves and have nots” en die skool word meestal ervaar as die “haves”.

Hierdie demografiese verandering het meegebring dat daar ‘n verskeidendheid van mense met verskillende kulture, taal en gelowe is. Talle deelnemers meen dat hierdie veranderinge goed en positief is. Een deelnemer maak die opmerking: “Dankbaar dat ons kinders vry kan wees van die vooroordele van die verlede. Die diversiteit van die omgewing help hiermee.”.
Daar word egter genoem dat hierdie demografiese veranderinge in die ouer woonbuurtes gepaard gaan met maatskaplike probleme wat bestuur moet word.
Daar is egter ook deelnemers wat meen dat die demografie nie regtig verander het nie. Hulle is van mening “dat die skool verteenwoordigend is van die gemeenskap wat Afrikaans en konserwatief is” en dat die “Afrikanerkultuur beleef word dat dit nie ander kulture soos die LGBTQ gemeenskap aanvaar nie”.
Dan is daar ook deelnemers wat meen “alhoewel nie genoeg nie verander ’n baie homogene gemeenskap na meer diverse gemeenskap”.
Een deelnemer vertel: “Panorama Laerskool het baie meer moslem gesinne betrek.” en vra dan die vrae:
- “In watter mate maak die DF Malan omgewing dit nice vir daai families?”
- “Hoe maak mens die skool ‘n beter fit vir waar ons bly?”
- “Die gemeenskap gaan die skool verander. Is die skool gereed daarvoor?”

Nog ‘n deelnemer meen: “daar moet meer geleenthede aan leerders uit ander areas verder van die skool gegee word, dws meer geleenthede aan ‘n verskeidenheid van leerders”.

AFRIKAANS (ƒ11)

Alhoewel die gemeenskap al hoe minder homogeen is en dit deur deelnemers positief beleef word, is die mening tog nog dat Afrikaans “moet bly”, “minder Afrikaans in die onmiddellike omgewing van die skool is iets wat bestuur moet word, daar is steeds ‘n behoefte aan ‘n doodgewone Afrikaanse skool vir verskillende inkomstegroepe”, “alhoewel Maties verengels het, word Afrikaans nog op skoolvlak verkies”, kinders moet steeds die “geleentheid kry om in moedertaal/huistaal onderrig te word” en daar is “Engelse huishoudings wat hulle kinders na DF stuur vir die ‘Afrikaanse’ dissipline”.
Daar word vertel dat die “Afrikaanse gemeenskap meer onder druk” is agv beperkte werksgeleenthede/finansiële druk en dit spoel deur na die plaaslike gemeenskap.

Een deelnemer maak die opmerking dat daar skoliere is wat “…hier wil inskryf en besluit daarteen as hulle hoor dit is slegs Afrikaans. Dit is soms ongemaklik, veral as ons sê ons is ‘n gemeenskapskool.”

NUWE GENERASIE (ƒ10)

Deelnemers beleef dat jongmense/ “leerders is nie bang om standpunt in te neem nie”. Die nuwe generasie “…dring aan om na geluister te word en dat die status quo nie meer net gehandhaaf word nie.”, “Die milieu het verander en jongmense neem standpunt in oor punte wat vir hulle belangrik is.”. Daar is ook baie “meer platforms vir mense om hulle menings te lig (bv sosiale media en pers)”, daar is bv ‘n “Boelie-app…‘n manier om boelies en rassisme aan te meld. Daar is baie plekke om jou mening te gee en om hulp te vra.” en “people more aware of what is going on (politically/socially/economically) and want to be heard”. Almal het nou ‘n stem.

AGTERUITGANG (ƒ8)

Daar word vertel van agteruitgang in die gemeenskap, nl:

- “die gemeenskap het dramaties agteruit gegaan”
- “Baie mense wat swaarkry, werkloos is en bedel. Dit het ‘n impak op huisgesinne.”
- “increase in poverty”
- “in die Kaap is die dwelmprobleem en bendegeweld problematies”
- “korrupsie bly kommerwekkend”

Een deelnemer meen dat “’n veilige fietslaan/fietsrybane na die skool sal fantasties wees vir die skoolgemeenskap”.

GENDERVOORKEURE (ƒ2)

‘n Groter bewusmaking van diversiteit (bv seksuele voorkeure) word beleef, veral wat sosiale media betref. Hierop word verder uitgebrei: “leerders se gendervoorkeure word geakkommodeer”. Een deelnemer meen dat die skool tov “die inklusiwiteit van seksuele identiteit” dalk ‘n bietjie te haastig was.

Videos (show all)

Location

Category

Website

Address

Frans Conradie Drive
Cape Town
7530
Other High Schools in Cape Town (show all)
Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Jan van Riebeeck
129 Kloofstr
Cape Town, 8001

Fairmont High School Fairmont High School
Medway Road
Cape Town, 7550

Fairmont is a unique school that offers many of the traditions that one associates with a centre of excellence.

Bishops Diocesan College Bishops Diocesan College
65 Campground Road, Rondebosch
Cape Town, 7700

Official page for the renowned independent boys school in Rondebosch, Cape Town.

Princeton High School, Woodlands Mitchells Plain Princeton High School, Woodlands Mitchells Plain
Corner Mitchell's And Bersig Avenue
Cape Town, 7785

The school is celebrating its 21st year of existince this year. All ex- pupils please check this site to see for upcoming events and join this site.

Camps Bay High School Camps Bay High School
Lower Kloof Rd
Cape Town, 8005

Camps Bay High School is a caring and collaborative diverse learning community where we develop well rounded, confident and responsible individuals who aspire to, and achieve their full potential through Service, Academics, Sport and Culture.

Rondebosch Boys' High School Rondebosch Boys' High School
Canigou Ave
Cape Town, 7700

Rondebosch Boys' High School, Cape Town, South Africa. Rondebosch Boys’ Schools adhere to the POPI Act. Unless by your consent or required by law, we will not share any information (email address, name, and surname) with any third parties

Lavender Hill High School- LHHS Lavender Hill High School- LHHS
Cape Town, 7945

KNOWLEDGE EMPOWERS

Rustenburg School for Girls Rustenburg School for Girls
Cape Town, 7700

Oaklands high school Oaklands high school
Racecourse Road Lansdowne
Cape Town, 7780

Mathematics and Science Focus School Cape Town South Africa

Wynberg Girls' High School Wynberg Girls' High School
Cape Town, 7800